safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 4 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 11 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wclaude14ROOIKOP. Nadat Amstelhof Primêr onlangs met hul basaar 'n reusebedrag van R41 000 ingesamel het moes skoolhoof Claude de Jager (middel) sy belofte nakom om sy hare te kleur indien die mikpunt van R40 000 oortref word. Die graad sesse is as die wengroep aangewys met 'n bedrag van R8 770. Die geld gaan aangewend word vir instandhouding by die skool asook die aankoop van skryfbehoeftes. Hier wend Desireé Daniëls (links) en Auriël Gertze tot groot vermaak van die leerders die rooi haarkleursel aan. Foto: Uh-Albry Reitz


Teater is 'n kinderfees

[ Top ]


TWEE bekendes in die Paarl, Margeaux Raats en Allen Knibbs, is nou betrokke in kinderteater.

Hulle het 'Pixie Playhouse' begin en spesialiseer daarin om die betowering van die teater in opvoedkundige vertonings na kinders te bring.

Die groep toer na skole en daar kan uit drie vertonings gekies word. Die eerste is 'Eendag as ek groot is', waar Sparky die ruimtewese die kleingoed meer vertel van al die beroepe waaruit hulle kan kies.

'Kleuter Versieland' is 'n opwindende reis deur al die bekende kleuterrympies en 'Musikale Brouselpot', wat die jongspan aan musiekinstrumente bekendstel.

Die vertonings is gemik op gehore tussen die ouderdom van twee en twaalf. Dit word in Afrikaans of Engels, of tweetalig, aangebied.

Hulle kan ook genader word om vertonings met spesiale temas vir spesifieke geleenthede te skryf. Skakel hulle by 976-2030, 082-802-1387 (Margeaux) of Allen (083-284-9555).


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za