|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
TAXI-BESTUURDERS GESOEK: Nicole Lawrence Transport BK benodig die dienste van taxi-bestuurders in Paarl. AANSOEKERS MOET: 1.In besit wees van 'n geldige rybewys sowel as 'n geldige Openbare Bestuurspermit (Pdp). 2.Geen kriminele rekord hê nie. 3.Geen drank of dwelms gebruik nie. 4.Goeie gesondheid geniet. 5.Verkieslik 'n ongeluksvrye rekord hê. 6.Bereid wees om soggens vyfuur te begin werk. 7.Bereid wees om skofte te werk. VIR AFSPRAKE SKAKEL: Harold Lawrence: Tel 864-1564 / 083-366-9936 |
|||||
|
Spilo a leading manufacturing company, has vacancies for WEAVING TECHNICIAN LEARNERSHIPS/CIRCULAR WEAVING TECHNICIAN Key performance areas: Bilingual Matric/N2 with Mathematics and Science Willing to work and study at the same time Prepared to work shifts Remuneration commensurate with experience. Commencement: As soon as possible. Please fax a CV (3 pages), marked for the attention of Francois Perold, to (021) 862-4103 or e-mail: fperold@spilo.co.za by 12 April 2002. |
|||||
|
PAARL PROVINSIALE HOSPITAAL ADMINISTRASIE- KLERK (LOGIS) Salaris:R33 399 per jaar Vereistes:'n Junior Sertifikaat of gelykwaardige kwalifikasie. Kennis van die Logisstelsel. Pligte:Vaslegging van Magasyn aanvraag (vas2), uitreikingsbewyse en ontvangsbewyse. Liassering en rekordhouding van voorsiening- adviese en uitreikingsbewyse. Aanbeveling:Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede. Rekenaargeletterdheid. Navrae:G.V. Clayton Tel. (021) 872-1711 uitb. 2317 Nota: In ooreenstemming met die Gelyke Indiensnemingsplan van die Departement van Gesondheid is dit ons voorneme om met hierdie advertensie billikheid in die werkplek te bereik deur die bevordering van gelyke geleenthede en regverdige indiensneming deur die eliminasie van onregverdige diskriminasie. Aansoeke moet voltooi word op 'n Z83 vorm, verkrygbaar van enige Staatsdepartement, en moet van gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasie, 'n curriculum vitae en die name van drie referente vergesel word. Daar sal van aansoekers verwag word om op 'n datum, plek en tyd, soos vooraf deur die hospitaal bepaal vir keuringsonderhoude beskikbaar te wees. Rig asseblief u aansoeke met vermelding van die naam van publikasie waarin hierdie advertensie gesien het, vir aandag Me. L. Loggenberg, aan die Senior Mediese Superintendent, Paarl Provinsiale Hospitaal, Privaatsak X3012, Paarl, 7620. Sluitingsdatum: 12 April 2002 |
|||||
|
SILWERKRUIN ACVV TEHUIS VIR BEJAARDES WELLINGTON STAFVERPLEEGSTER Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Salaris onderhandelbaar Registrasie by SAVR is 'n vereiste. Aansoekvorms beskikbaar by kantoor. Stuur volledige CV aan: Die Administratiewe Beampte, Silwerkruin, Fonteinstraat,, Wellington, 7655 Tel: 873-1040 Sluitingsdatum: 10 April 2002 |
|||||
|
McCarthy Toyota, Paarl benodig die dienste van 'n SENIOR TEGNIKUS Vereistes: • Toyota ondervinding • Aangename persoonlikheid • Tweetalig Diensaanvaarding so spoedig moontlik. Goeie pakket met normale maatskappyvoordele. Die geskikte kandidaat moet verkieslik in Paarl-omgewing woonagtig wees. Sluit aan by die wenspan met 22 jaar as markleiers. Vir onderhoud skakel Handelaarshoof Billy Kerwan by (021) 872-2036. |
|||||
|
Berg River Textiles het 'n vakature vir 'n: ONDERHOUDPASSER Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende standaarde voldoen: Gekwalifiseerde Ambag (Passer) N3 plus. 5 Jaar toepaslike ondervinding met die onderhoud van masjinerie in 'n vervaardigingsomgewing. Kennis van masjinerie gekoppel aan 'n industriële Kleurproses sal 'n voordeel wees. Indien u kwalifiseer stuur u CV vir aandag: Amanda Cronjé by faksnommer (021) 868-1478. Sluitingsdatum: 5 April 2002 |
|||||
|
|||||