|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Drakenstein Kinderbiblioteek in Paulusstraat, Paarl, bied 'n propvol vakansieprogram vir die kleinspan aan. Maandag skop die program af met 'n praatjie oor Dwelms om 12:00. 'n Videovertoning van "Harry Potter" word die volgende dag om 14:00 aangebied. Woensdag sal "Career Choice Live" om 13:00 aangebied word, met mense wat oor hul loopbane sal uitwei. Die program sluit op Donderdag 11 Julie met "Board Games" vanaf 10:00 tot 13:00 af. Navrae by die biblioteek by 862-5127. Die Meulstraat Biblioteek bied Maandag en Dinsdag video- en speletjies aan van 09:30 tot 11:00. Woensdag is daar 'n poppekas in die Lutherse Kerksaal van 10:00 tot 11:00. Kaartjies by die biblioteek teen R4,50 elk of R4 vir groepe groter as 10, en by die deure teen R5. Donderdag word 'n "Knip-en-Plak"-aktiwiteit aangebied van 09:30 tot 11:00. Kinders moet hul eie skêrtjies saambring. Die program word Vrydag afgesluit met 'n videovertoning van "Harry Potter and the Philosopher's Stone" om 09:15 tot ongeveer 12:00. Navrae by 807-4871. |
|
|
|
|
FARM cheeses, home made olives, truffels, nougat, pickles... you name it and Simonsvlei will have it at their new Taste Fest. Not all products this weekend, because they want to accommodate as many producers as possible. The first Taste Fest is Saturday from 10:00 till 15:00 and Sunday from 11:00 till 14:00 in their Tasting Room. All products are available for tasting and purchase. This weekend they will have cheeses from three different "cheeseries", olives from two different houses, pickles, nougat, truffels (filled with grappa) and Grappa. Also try some of Simonsvlei's fortified wines - Humbro Red Jeripiko, Humbro Hanepoot and their Premier White Muscadel. |
|
|
|
|
JOIN the Bastille Festival and celebrate freedom in Franschhoek's Valley of the Huguenots, the food and wine heartland of the country from 5 to 14 July. The finalé is over the weekend of 12 to 14 July. Join in the fun sharing the conviviality with family or friends. Enjoy pétanque, boules and berets, an enchanting French Banquet, chocolatiers and Cape cuisine, country fare with French flair, child art, gourmet dinners and lazy lunches with friends, jazz and memorable master classes, bread and wine, tastings and magnificent olive oil, markets, fly fishing derby, art, antiques, vintage cars and vintners from the Valley. Vive la fête! The Bastille Gala dinner will be a French feast held at La Couronne Winery on 12 July in aid of charity. Nine famous chefs from the Valley will create a remarkable five-course dinner with Franschhoek wines to match at R300 per person. To book contact Franschhoek Vallée Tourisme at tel 876-3603. To see chefs in action - attend the free food demos in the Bastille Marquee on 13 and 14 July or eat at their magnificent restaurants. On the art Rondvaart you can see the artists at work. The maestro of art meanders, potter David Walters, is one of the spirited and talented artists behind The Rondvaart - a loose association of art galleries, speciality shops and skilled craftmen, allowing visitors to meander through the Village and surrounds, enjoying the views and walks and popping in to buy something really special to take home. Walters can be visited at 24 Dirkie Uys Street at the Roubaix House Gallery; Du Toit Classique Jewellery Studio manufactures handcrafted jewellery or visit Kei Carpets just out of the village. The art talent of the Valley's children will be exhibited in the Town Hall from 6 to 11 July on the theme of freedom and equality, using recycled materials. The great outdoors A fly-fishing derby is another festival highlight held daily from 6 July to 14 July at Dewdale Trout Farm. Situated alongside the idyllic Berg River, Dewdale also offers a variety of other eco-tourism activities including bird of prey display, hiking, mountain biking and accommodation. For info on hiking, horse riding, hiring of mountain bikes, self-guided walks in the town, horse and carriage rides or walks through the La Motte Forest, contact Franschhoek Vallée Tourisme for information or permits. For information on Festival events, contact Franschhoek Vallée Tourisme, tel 876-3603 fax 876-2786 or e-mail info@franschhoek.org.za or visit www.franschhoek.org.za. Visit www.showcook.com for insider information on Franschhoek chefs, programmes for food and wine demos, olive oil tastings, restaurants, exquisite guesthouses and vintners from the Valley. |
|
|
|
|
DIE Letterkundedienssentrum van die Departement Afrikaans en Nederlands van die US bied vanjaar vir die vierde keer 'n reeks Skrywerswerkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met hierdie werkswinkels op Stellenbosch is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding van 'n gevestigde skrywer of 'n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie. Die program is saamgestel om sowel studente as lede van die publiek te akkommodeer. Werkswinkels Daar word vanjaar weer 'n verskeidenheid werkswinkels aangebied. Wat die prosawerkswinkels betref, kan deelnemers vooraf kies tussen tydskrifverhale, kortverhale of die opskryf van die verlede. Naas die afsonderlike groepbesprekings is daar ook plenêre sessies vir die prosadeelnemers, waartydens hulle almal die kans kry om lesings deur die drie aanbieders by te woon. Vir deelnemers aan die poësiewerkswinkel word daar ook lesings aangebied, naas die groepbesprekings. Dr Riana Barnard van NB-Uitgewers sal die deelnemers touwys kom maak oor publikasiemoontlikhede. Radiodramas: aangebied deur Eben Cruywagen en Johan Rademan in samewerking met die SAUK, op Vrydag 13 September van 15:00 tot Saterdag 14 September om 16:00 by SABC, Seepunt. Prosa: Vrydag 23 Augustus van 15:00 tot Saterdag 24 Augustus om 16:00. Tydskrifverhale word aangebied deur Elize Parker; Kortverhale deur Herman Wasserman; Die opskryf van die verlede deur Elias Nel en die plenêre sessies deur al die aanbieders. Poësie: Vrydag 23 Augustus van 15:00 tot Saterdag 24 Augustus tot 16:00. Werkswinkel gelei deur Louis Esterhuizen en plenêre sessies aangebied deur Joan Hambidge en Ronel de Goede. Inskrywingsgeld Die inskrywingsgeld vir radiodramas is R350 vir die publiek en skoliere (R200 vir studente); prosa en poësie is R300 vir die publiek en skoliere (studente R175). Die inskrywingsgeld sluit in notas, tee/koffie, 'n skemerkelkie Vrydagaand en ligte verversings Saterdagmiddag in. Plek Met die uitsondering van die werkswinkel oor radiodramas, vind al die werkswinkels op Stellenbosch plaas, by die Dept Afrikaans en Nederlands, kamer 693, sesde vlak, Lettere en Wysbegeerte, Gebou A (hoek van Andringa-, Merriman- en Ryneveldstraat). Kaarte kan gefaks word. Die Radiodramawerkswinkel vind by die SAUK se ateljees in Kusweg in Seepunt plaas. Navrae of inskrywingsvorms by tel 808-3573, faks 808-3815 of e-pos letter@maties.sun.ac.za. Die sperdatums is 'n maand voor die betrokke werkswinkel plaasvind. |
|
|
|
|
DIE Pixie Playhouse bied die vakansie twee gratis optredes in die promosiehof van die Tygervalleisentrum aan. Die eerste vertoning 'Nursery Rhyme Land' is om 11:00 op 9 Julie en om 16:00 op 16 Julie is dit 'Eendag as ek groot is'. In 'Eendag as ek groot is' raak Sparky, die ruimtewese, se ruimteskip sonder brandstof. Hy land op aarde en het nie geld nie. Hy moet begin werk, maar watter werk moet hy kies? Hy ontmoet Ben die Boer wat hom dorp toe neem om ander mense met beroepe te leer ken, sodat hy makliker kan kies. |
|||
|
|||