safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 4 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 11 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wdebate4TROTSE WENSPAN. Die wenspan van Hugenote Hoër, Carlien van Blerk (links) en André Coetzee (regs), het deurgedring na die eindrondte van die Rapportryers se nasionale debatkompetisie. By hulle is Louise Grobler, hul onderwyseres.


Hugenote skitter by debat

[ Top ]


IN bibberkoue en met strawwe kompetisie het die A-span van Hugenote Hoërskool saam met twee spanne van Hoërskool De Kuilen Saterdag deurgedring na die eindrondte van die Rapportryers se nasionale debatkompetisie nadat hulle met hulle teenstanders in die Wes-Kaapse halfeindrondte afgereken het. 

Een span elk van Gimnasium en Hoër Meisieskool Paarl het ook gekwalifiseer vir die halfeindrondte waaraan 12 spanne deelgeneem het.

Paarl Gimnasium is egter deur Hugenote se tweede span uitgestof en HMS het die onderspit gedelf teen De Kuilen se tweede span. 

Die beoordelaars was vol lof vir die entoesiastiese en deurdagte wyse waarop die deelnemers die besonder moeilike onderwerp (Die huwelik as sosiale instelling in SA is uitgedien) hanteer het. 

Die drie wenspanne uit elk van die vyf streke sal op 10 Augustus kragte meet op Worcester. Die onderwerp is dan "Kloning is onontbeerlik vir die voortbestaan van die mens".


Youth week for youngsters

[ Top ]


YOUNGSTERS don't have to worry about sitting around with nothing to do during the school holidays.

The Christian Youth Association (CYA) in Newton will be presenting their first official Youth Week from 8 to 14 July with the theme "Siyakhana" (We build each other).

The aim of this dynamic event is to reach out to those who stumble, encourage the fainthearted, to relieve the loads of those whose burdens are heavy and to introduce youngsters to the Word of God in a creative way.

The programme will kick off on Monday at 19:00 at the United Reformed Church in Skool Street in Newton. The subjects that will be dealt with are "New Hope", "Developing the leader within you" and "No Worries".

The Siyakhana Youth Club will also gather during this Youth Week at the Newton Primary School.

It is a weeklong creative, uplifting, skilled, empowering and dynamic outreach programme for kids and young people in Newton, to make them aware of real life issues and personal development.

For further details contact organiser Crystal Ross at 873-3102 or 083-429-0141.


Opleiding van onnies betree 'n nuwe era

Susan du Toit

[ Top ]


TYDENS die onlangse bekendstelling van die Fakulteit Onderwys op die Wellington kampus van die Kaapse Technikon (KTWK), het die dekaan, prof Maureen Robinson, lof gehad vir die doserende personeel van die vorige bedeling.  

Die funksie het die samesmeltingsproses van verskeie onderwysinrigtings afgesluit. Die kolleges betrokke was Boland Onderwyskollege (OKB), Denneoord, Athlone, OKP (Paarl) en Sohnge in Worcester sowel as die kolleges van Graaff-Reinet en Oudtshoorn onder die vleuel van die Kaapse Technikon.

Die grootste uitdagings van die nuwe entiteit lê onder andere daarin dat die hedendaagse aanhoudende veranderinge in die skoolkurrikulum beteken dat opleidingsprogramme by KTWK konstant hersien moet word, het Robinson gesê. 

Hierbenewens is daar noodsaaklikhede wat nog groter druk op kurrikulumontwikkeling plaas. Dit sluit in inisiatiewe soos nuwe vorms van gehalteversekering, die bekendstelling van remediërende programme en modulering sowel as 'n totale nuwe hoër onderwyskwalifikasiestruktuur. 

Robinson het gewaarsku dat 'n tekort aan onderwyspersoneel binnekort 'n werklikheid gaan wees. Inskrywings by onderwyskolleges het oor die afgelope aantal jare drasties afgeneem. 

Daar is baie redes hiervoor, waaronder negatiewe mediaberiggewing oor die professie, swak omstandighede by skole, ernstige sosiale probleme onder leerders, sowel as mededingende en aantrekliker werksopsies vir veral die swart jeug in die post-apartheid Suid-Afrika. 

Ten einde hierdie probleme die hoof te bied, het sy die vertroue uitgespreek dat hierdie kampus in besonder 'n toeganklike sentrum van uitnemendheid vir almal sal wees.

* The beginning of a new era in teacher education was celebrated recently with the official inauguration of the Wellington campus of the Cape Technikon.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za