safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 11 November 2004.

Aida

Arts - Kunste


Stokkiesdraai 'n fees met 'n verskil

[ Top ]


DIE Stokkiesdraai Kunstefees op Wellington het die afgelope naweek tot 'n einde geloop ná 'n propvol program en uitverkoopte vertonings wat reeds in September met Nataniël begin het. 

Top produksies van die KKNK, soos Ons eet Steeds Kreef, Op die vrou af en Sussie is nou suur, het beslis dié fees 'n hoogtepunt op die Boland se kalender gemaak.

Ikone in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf soos Kurt Darren en Arno Carstens het ook 'n Stokkiesdraai kom

wBEESfc

GOOI HOM! Die rockers van Beeskraal het omtrent die Wellington jongklomp gaande gehad met hul optrede by die Stokkiedraaifees se Stock Rock konsert.

maak. Die ses akteurs van die gewilde sepie 7de Laan het hul ware kleure kom wys in 'n interaktiewe produksie met die gehoor. 

Dan was daar Vrydagaand ook behoorlik ge-rock by die Stokrock konsert op die Boland Stadion. 

Nagenoeg 7000 mense van so ver as Caledon en die Kaapse Skiereiland het die fees oor die naweek besoek. 

Stokkiesdraai 2004 het werklik oud en jonk vermaak met 'n gholfdag, pretdraf, gesins en -vroue 4x4, 'n hondekompetisie, kiskarwedren, 'n sirkus, werkswinkels en vele te pik, te sluk, te kyk en te koop! 

Maak seker Stokkiesdraai Kunstefees 2005 word vroegtydig in jou dagboek aangeteken vir stokkiesdraai op sy beste!


Muse in Paarl

[ Top ]


"BRILJANT", "hip" en "ongewoon" is van die woorde wat al gebruik is om Muse, die byderwetse strykkwartet wat tans besig is om die hele Suid-Afrika te verower, te beskryf.

Sondag tree Muse by die amfiteater van die Grande Roche Hotel in die Paarl op.

Met hulle byderwetse elektroniese toerusting slaag die vier formidabele vroue daarin om 'n nuwe, unieke idioom te skep wat hulle klassieke opleiding met kontemporêre klanke meng.

"Ons het 'n klank geskep wat 'n potpourri van invloede is," sê Carol Schultz, die leier van die kwartet.

"Alhoewel ons wortels in klassieke musiek gesetel is, lê die hart van ons klank in die kinkel wat Latyns-Amerikaanse musiek, Kwaito, en dansmusiek daaraan verleen." 

Die kwartet, almal met formele musiekopleiding, bestaan uit Larah Eksteen (viool) wat aan die Universiteit van Pretoria studeer het, en gehore fasineer met haar vermoë om te Samba terwyl sy virtuose passasies speel, Olivia van Gass het 'n honneursgraad in viool aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, Naomi Tagg (altviool) is net so tuis in klassieke musiek as in jazz, en Carol Schutz, tjellis en die meesterbrein agter Muse.

'n Aand saam met Muse is nooit vervelig nie, is nooit alledaags nie, en is nie vir purityne nie.

Voeg hierby die pragtige amfiteater by Grande Roche, trefferwyne en 'n heerlike vingerete wat die uitvoering voorafgaan, en die resultaat is 'n onvergeetlike ervaring wat niemand moet mis nie.

Die aand is ten bate van Paarl Hoër Jongenskool.

Kaartjies vir die uitvoering, wat die ligte aandete insluit, is beskikbaar teen R135 elk by Elma 863-0397 (t) of 863-0070(f). Die verrigtinge begin om 18:00.


Win 2 debut albums

[ Top ]


ONE of South Africa's favourite young vocalists, former Idols finalist Melanie Lowe, is launching her first full-length solo album, 'Yesterday's Diary'.

'Yesterday's Diary' sees the culmination of a 10-year dream for this Durban born, Jo'burg based singer.

As summed up by it's title, Yesterday's Diary is an album that documents Melanie's long but ultimately rewarding journey to both musical and personal freedom, and is one of the most honest and open recordings that one is likely to hear for a long time.

The selection of tracks range from the driving, toe-tapping first single Strange Emotion, to the soulful blues-rock of I'll Be Gone, to the more sparse, haunting acoustic beauty of Sad Song.

The Cape Town tour will be as follows: Thursday 11 November at 20:30 she will be at Centre Stage Supper Theatre, Somerset West and on Friday 12 November at 20:00 is the official CD launch at Eclipse, Camps Bay. On Saturday 13 November at 19:00 she will be at the Varing Music Festival, Brackenfell and later on at the Black Bull Bar and Restaurant, Stellenbosch Protea Hotel. The tour concludes on Sunday 14 November at 15:00 with a performace at the V&A Waterfront Amphitheatre.

Two lucky readers can each win a copy of Melanie's new CD. Just email the answer to this question to susanb@paarlpost. co.za before Monday 17:00: What is the name of Melanie's first CD?


Vier geheime word onthul

[ Top ]


VIER geheime met vonkelwyn en aarbeie onthul - dit is hoe vier Wellington kunstenaars hul uitstalling, wat Saterdag om 10:30 in die Wellington Museum open, beskryf.

Ann Burger woon op Wellington en skilder die afgelope tien jaar voltyds.

Skilder en teken is vir haar 'n noodsaaklike passie en deel van menswees en geestelike reis met God.

Harriet Remmets woon reeds 23 jaar op Wellington. Sy het klas geloop by Conrad Thys en skilder hoofsaaklik landskappe en blomstudies.

Anina van der Westhuizen is oorspronklik van Monte Vista en woon nou 10 jaar op Wellington.

Sy het 'n besondere aangetrokkenheid tot die uitbeelding van vrouefigure.

Piet Burger skilder as hy nie skryf nie. Daar sal ook voorgelees word uit Burger se nuwe digbundel, '5 geheime'.

Ronald West open die uitstalling. Mense wat wil bywoon, moet bespreek by 873-4710.


Sentrum hou prestige-konsert

[ Top ]


DIE Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl hou Saterdag om 19:00 hul jaarlikse prestige-konsert in die NG Toringkerk.

Al die junior ensemble-groepe gaan gekombineer word om as 'n junior simfonie-orkes op te tree.

Daar sal ook verskeie solo-items wees van leerders wat baie goed gevaar het in die Paarlvallei Eisteddfod.

Aan die einde van die aand sal leerders beloon word met trofeë en sertifikate van verdienste. Die toegang is R20 (skoliere R5).


Kaapse draai vir Wellington Museum

[ Top ]


n UITSTAPPIE na die Nasionale Kunsgallery en die William Fehr-versameling in die Kasteel is op die agenda op Saterdag 13 November wanneer die Vriende van die Wellington Museum 'n uitstappie Kaap toe reël vir belangstellendes.

Daar sal hopelik tyd spandeer word by die Demokrasie X-uitstalling, wat tans te sien is langs die William Fehr-versameling van 17de- tot 19de-eeuse skilderye, afdrukke, waterverfskilderye, porselein en glas.

In die Nasionale Galery sal veral werke van Ou Meesters besoek word.

Neem 'n piekniekmandjie vir middagete in die Tuine.

Die uitstappie is aanvanklik vir 6 November beplan, maar is na Saterdag 13 November verskuif. Die koste is R30. Bespreek by 873-4710 teen 11 November.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]