safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 11 November 2004.

Aida

 Letters - Briewe


Wat sê die Munisipaliteit nou van tariewe?

[ Top ]


EK haal aan uit die nuusbrief van Drakenstein Munisipaliteit gedateer Julie 2004: "Council decided beforehand that for this financial year, tariff increases would not exceed 7,5%."

Gesien in die lig van tariefverhoging soos onder aangedui asook die feit dat die Burgemeester ter perse gegaan het met bostaande aanhaling, verneem ons graag u verklaring van die feite.

* Vullisverwydering styg met 34,52%

* Voorafbetaalde elektrisiteit vir die eerste 400 eenhede (Stroombreker 1 x 20amp het met 11,88% verhoog vir die eerste 400 eenhede (15,49% bo 400 eenhede).

* 1 x 30amp verhoog met 12,06% vir eerste 400 eenhede (18,42% bo 400 eenhede)

* 1 x 40amp verhoog met 10,38% vir eerste 400 eenhede (21,44% bo 400 eenhede)

* 1 x 50amp verhoog met 6.21% vir eerste 400 eenhede (22% bo 400 eenhede)

* 1 x 60amp verhoog met 3.50% vir eerste 400 eenhede (22,56% bo 400 eenhede).

Indien 'n huishouding 'n stroombreker van 40 amp het met 'n eenheidsverbruik van 1000 eenhede is die koste ten opsigte van 'n voorafbetaalde meter R458,58 teenoor die konvensionele meter se R456,29.

Dit was nooit die bedoeling nie aangesien die Munisipaliteit sy geld vooruit ontvang.

U moet asseblief nie die infasering van tariewe as verskoning gebruik nie: as Paarl in die verlede probleme met betalings gehad het, kan ons geen rede sien hoekom Wellingtoners daaronder moet ly nie.

PN Endrich, Wellington

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Dit is korrek dat die persentasie waarmee Wellington se tariewe hoër as die algemene jaarlikse verhoging van 7,5% gestyg het, aan die infasering van die verskil in tariewe toegeskryf kan word.

Daar is tydens die samesmelting van Paarl, Wellington, Gouda, Saron en Hermon besluit dat waar daar wesenlike verskille tussen hierdie dorpe se tariewe sou bestaan, sulke verskille oor 'n vyfjaarperiode ingefaseer sou word.

Die laaste jaar van infasering sal op 1 Julie 2005 begin neem, met die uitsondering van die nuwe vullisverwyderingsdiens (drom met wiele) waar die laaste jaar van infasering op 1 Julie 2006 sal begin.

Ons kan net noem dat tydens die samesmelting  is Wellington se konvensionele elektrisiteitstarief ten opsigte van besighede en huishoudelike verbruikers eenmalig afwaarts na Paarl se tarief aangepas.

Die Nasionale Energie Reguleerder (NER) keur alle elektrisiteitstariefverhogings goed  alvorens sulke verhogings toegepas kan word.

Voortaan sal alle voorafbetaalde elektrisiteitsmeters gratis aan die verbruikers voorsien  word, en vandaar die duurder voorafbetaalde elekt-risiteit.

Munisipaliteite se dienstepakket verskil onderling , en wat dan  ook die grootste rede  is vir infasering, waarmee ons nou besig is. 

Belasting is die enigste tarief wat nie ingefaseer kan word nie, dus is dit vier jaar gelede eenmalig reggestel.

Tydens hierdie regstelling het die Paarlse belastingbetalers 'n verhoging van tussen 35% en 60%, teenoor die gemiddelde verhoging van ongeveer 9% van Wellington se belastingbetalers, gehad. 

Sommige van Wellington se verbruikers het selfs 'n verlaging  in hul belastingtarief gehad.


Negatiewe ervarings met gesondheid

[ Top ]


DIE afgelope drie weke het ek drie negatiewe ervarings rondom mediese sorg gehad. Nou wonder ek net is dit ek, of wat gaan aan?

Omdat ek uit die sogenaamde "Baby Boomer" era kom, glo ek 'n mens het voorregte, nie regte nie. Ek is bevoorreg om 'n werk te hê, daarom probeer ek afsprake buite my werksure reël, omdat ek 'n verpligting teenoor my werkgewer en kollegas het.

Ek maak 'n afspraak by 'n tandarts op Wellington, waar ek woon - wat hulle kanselleer of verskuif na 'n volgende Saterdag, wat my nie pas nie.

Ek word aangesê om 'n afspraak in die Paarl waar ek werksaam is te maak, wat onnodige druk op my plaas, omdat dit somtyds vir my nodig is om in etenstyd te werk.

By tandarts nommer twee wag ek tien minute, ek was vyf minute vroeg en aan die lag en gesels in die ondersoekkamer kon ek hoor daar is definitief nie 'n pasiënt nie.

Nadat ek aan die dame by ontvangs verduidelik dat ek asseblief 14:00 terug by my werk wil wees, gaan dra sy die boodskap oor, nadat sy haar naaldwerkie neergesit het.

Die stoelassistent kom al kougomkouend na my om eers vorms in te vul. Ek bly kalm, maar binne in my kook dit, want ek verpes kougomkouende professionele mense. Reg, na nog vyf minute word ek gehelp. Nodeloos om te sê, was ek laat vir werk.

My 22-jarige seun het 'n wond aan sy hand opgedoen deur 'n spyker. Die volgende oggend merk ek dat ons liewer 'n mediese opinie moet kry, want die hand is opgeswel en styf.

Ek skakel om 06:30 om te hoor watter dokter op bystand is, sodat ons voor werk die sakie kan afhandel. Ons albei werk in die Paarl en ry saam.

Goed, die dokter kan nie help nie, want hy het 08:00 'n vergadering en hy meen die kind is mos geregtig op siekverlof. As die hand dan so erg is behoort hy nie te werk nie.

Soos wat hy grootgemaak is, weet my seun dat jy jou werk oppas, en as jy nie daar is nie, plaas jy nog meer druk op jou kollegas, wat almal ook oorwerk is.

Ons word verwys na die instansie wat 24 uur mediese diens gee in die Paarl. Teen 07:00 is ons daar, net om te hoor dat daar niemand is wat ons kan help nie: die administratiewe personeel kom 08:00 en dokters later. Ons ry toe na Paarl Medi-Clinic se ER en daar word my kind gehelp.

P Pool


There is no doubt, the Berg River is in crisis

[ Top ]


I WOULD like to congratulate Paarl Post on the report on the dangerous level of pollution in the Berg River. The article hit the nail on the head. It painted a black picture, but did not fully accentuate how critical the problem is.

The highly polluted Berg River is not only a danger to canoeists and fruit exports irrigated by these waters - many people living on the banks are forced to obtain their drinking water from the river.

I have a filtration system in the pipe which carries the water from the river to my house and that of my workers. Nevertheless, my son contracted hepatitis this year. What other kinds of diseases are people in the Berg River valley suffering from?

The Berg River is in crisis - is our municipality going to do anything about it?

Paarl farmer


Turbulent times ahead?

Editorial

[ Top ]


TEN years of democracy have brought a lot of changes to South Africa and in Drakenstein some of these are evident: freedom of association has become a reality and a lot has been done to upgrade previously disadvantaged areas.

But about one problem people are adamant - the housing situation has deteriorated.

More and more people are demanding that something must be done about the large numbers of residents still living in informal dwellings.

While the Municipality has declared housing their number one priority, at grassroots level there is little to show.

What complicates the issue, is the anger and mistrust based on a lack of communication and misunderstandings.

Language and even social customs may be responsible for some of the miscommunication, but allegations are also rife about opportunists who are trying to obstruct the process.

Whatever the authorities are going to do about the situation, it will have to be soon.

People that wait for forty years and longer to own a home, are now reaching the end of their tether.

Drakenstein can be in for some turbulent times if these concerns are not addressed adequately and soon.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]