safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 11 November 2004.

Aida

People - Mense


Paarl preacher is fitness champ

[ Top ]


PAARL preacher, Mark Cerfonteyn  has won a national weight-loss and fitness competition which he joined in an effort to lower his blood cholesterol levels.

"My doctor told me my cholesterol was too high, so I went to the pharmacy looking for help to change my diet."

There he heard about the EAS Body-for-Life challenge which is now run in 29 countries as a fitness championship, with the use of a nutritional supplement.

Each contestant had twelve weeks to build muscle and burn fat through an integrated approach to training and nutrition.

wmarkFC

TOTALLY CHANGED. Mark Cerfonteyn before and after the Dis-Chem Challenge changed his life.

They were divided into twelve age and gender categories and the starting weight and body fat of individuals was monitored during this period.

In the Dis-Chem pharmacies leg of the competition this year, close to 2000 entries were received nationwide. Mark, from Paarl's Church on the Rock, winning Grand Master Champion of the age category 40-49 after losing losing 16 kg and gaining a whole new look.

He was also placed second over-all in the grand master champions of the various categories in South Africa.

This puts him in the running for the overall EAS Africa title, which will be judged in March next year.

"What inspired me," Mark said, "was the slogan `Change your mind, change your body'. I realised that it was not about food intake, but about a change of lifestyle.

"Many thought that I was silly for believing a marketing campaign. But they're not laughing anymore.

"I recommend the book `Body for Life: 12-weeks to Mental and Physical Strength' by Bill Phillips, which can be purchased at Dis-Chem pharmacies. I t taught me how to set goals and achieve them."

Mark cut down his body fat percentage from 30,1% down to 13,7% and his weight dropped from 103kgs to 87kgs. His cholesterol level dropped from chronic level to 3.4.

"I went from a size 40 to a 34, but when I reached 38, it was already a goal achieved. I went out and bought three pairs of jeans, but wasted my money, because my weight loss didn't stop there.

"I ate three meals a day, consisting of a fist size helping each of carbohydrates, proteins and vegetables. I had two glasses of water with each meal and no dessert. I visited the gym nearly every day."

Meals were also often replaced with the EAS milkshake, called Myoplex Light, which is a protein and carbohydrate mix.

"After five weeks of training and dieting, I saw no results but from eight weeks I took off.

"Carol Hardy of Dis-Chem Pharmacy was the person that urged me on every step of the way."


Drie dekades in sport vereer

[ Top ]


DERTIG jaar se betrokkenheid by onderwys - en veral by sportafrigting - het aan leerkrag Margaret Ontong van Bergrivier Sekondêr op Wellington die trofee as Boland Ussasa se Sportadministrateur van die Jaar besorg.

Sy het die trofee by Ussasa se toekenningsfunksie op Worcester ontvang.

Ontong is so te sê 'n instelling by Bergrivier Sekondêr, aangesien sy al haar 31 jaar in die onderwys by dié skool werksaam is.

Sy is by die skool se sport betrokke as sportadministrateur, en moet sorg vir die logistiek agter die reël van wedstryde en spanne vir die skool se sestien sportkodes.

Oor die jare het talle huidige onderwysers by dié skool, onder wie ook die skoolhoof Lucas Slinger, by haar liggaamsopvoeding gehad. Sy gee tans wiskunde-onderwys.

Ontong, wat in 1969 Suid-Afrikaanse kleure in tennis verwerf het, en op haar dag ook 'n WP-hoogspringatleet was, se eintlike passie lê by netbal.

Op nasionale vlak is dié voormalige doelskieter, keurder van die Suid-Afrikaanse o.19-span, en ook addisionele lid vir die o.17-groep.

Provinsiaal is sy bestuurder van die Wes-Kaapse span, ere-vise-president op die Boland Bestuur, voorsitter van Boland netbal en keurder van die meeste Bolandse hoërskoolnetbalspanne.


Councillor passes away

[ Top ]


A DRAKENSTEIN town councillor, Sigogo Freddie Caleni (75), died last Thursday, after a short sickbed.

Caleni was active in community organisations such as the Mbekweni management committee for many years.

In 1999 he was elected to Council as a proportional member for the NNP, but recently he crossed the floor to the ANC.

Funeral

Councillor Caleni was formerly an evangelist in Agter Paarl and an elder in the Uniting Reformed Church.

At the time of his death, he was also chairperson for the AllPay pension forum in Mbekweni.

The funeral is on Saturday 13 November at 08:30 at his house (A block 53) in Mbekweni (072-105-3182) and at 10:00 at the Uniting Reformed Church and 13:00 at the Wellington Cemetery.

He leaves his wife, Evelene, five children (Rosie, Sophie, Esther, Charles and Fredman), as well as seven grandchildren and one great-grandchild.


Sheila Arendse sterf

[ Top ]


'n BEKENDE inwoner van die Paarl, Sheila Arendse (71), is verlede Donderdag oorlede ná 'n kort siekbed.

Sy het haar verpleegloopbaan begin as vroedvrou vir die Munisipaliteit en het gereeld die plase op haar fiets besoek.

Mev Arendse was 'n ywerige student. Sy het haar bekwaam in kraamverpleging, oordraagbare siektes, verpleegadministrasie en -bestuur en gemeenskapsverpleging.

Sy was ook jare lank hoof van Gemeenskapsverpleging by die Skiereiland Technikon (nou Pentech).

Sy was 'n merkwaardige, dinamiese vrou wat op 50-jarige leeftyd in psigiatrie gaan studeer het.

Sy was een van die stigterslede en ook die eerste voorsitter van die SA Verpleegstersvereniging, 'n posisie wat sy tot 1994 beklee het.

Sy was baie aktief in haar kerk, Holy Trinity, was direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en ook 'n lid van die Rusthof Ouetehuis se raad.

Sy was ook 'n ywerige tuinier en 'n aktiewe lid van die Paarl Rolbalklub.

"Sy was 'n groot voorbeeld vir ons kinders," sê haar dogter, Athalie-Dale. "Sy was 'n vasberade mens wat gesorg het dat dinge gebeur.

"Op haar siekbed het sy vir my gesê sy het nog baie werk in die hemel - en sy wil gaan tuinmaak."

Sheila laat ook 'n seun, Lyndon-Sean, en vyf kleinkinders na. Haar man, Arthur, het haar agt jaar gelede ontval.

Die begrafnis is Saterdag om 11:00 in die Holy Trinity kerk, met 'n private verassing daarna.

Die familie het versoek dat pleks van blomme, donasies na Drakenstein Hospice gaan.


Paarlse legende weg

[ Top ]


'n LEGENDE het verlede maand saam met die voormalige eienaar van Salon White in die Paarl gesterf.

Christine White (70), wat op 'n plaas naby Schweizer Reinecke grootgeword het, het in 1950 vir Salon White in Bethelstraat begin.

Sy het elf jaar later met Jannie Fritz getrou, maar selfs ná haar troue was sy steeds "Miss White" vir haar klante en kennisse.

In 1989 het die salon na die Perm-arkade getrek. Haar man het haar ses jaar later ontval. Sy het die salon in 2002 verkoop en dit het later gesluit.

"Miss White" het drie maande gelede na haar laaste woning, Kasteelhof 8, in Kasteelstraat in die middedorp getrek.

Sy het verlede naweek gesterf aan rookversmoring toe haar slaapkamer aan die brand geraak het.

"Deur die Here se genade het sy glad nie verbrand nie," het haar gesin gesê.

"Sy sal gemis word deur haar drie dogters, Annette, Elmaré en Janine, hul eggenotes en kleinkinders."


Oorlede

[ Top ]


DIE hoof van die Paarlse kantoor van Binnelandse Sake, Dries van Heerden (49), is Saterdag tuis oorlede aan 'n hartaanval.

Hy het geen geskiedenis van hartprobleme gehad nie

Hy word oorleef deur sy vrou (verbonde aan Boland Kollege), drie kinders Roné (24), Andries (22) en Neldrie (17) en sy moeder (woonagtig op Vredendal).

Die gedenkdiens is môre om 11:00 in die NGK Paarlberg.


Sakevrou hou nie uit

Malané Bosman

[ Top ]


SLOTTE en ystertralies aan die houerwinkel aan Versaillestraat, Wellington, lok inbrekers soos motte na 'n vlam - 25 keer die afgelope agt maande.

Selfs al pak die gefrustreerde winkeleienaar, Charmaine Stroebel, al haar voorraad saans op en bring dit soggens weer winkel toe, gaan die inbrake voort.

"Ek het nie meer 'n motor nie, dit is permanent volgepak met my voorraad," sê Charmaine.

Eers was die houer met ysterwerk toegemaak, toe volg slot op slot, en toe dik ysterstawe. Maar steeds word dit oopgebreek.

"Ek was twee weke aan die gang toe het ek my eerste inbraak. In Junie alleen is daar tien keer ingebreek.

"Ek het die winkeltjie al leeggemaak en oopgelos, maar dan breek hulle alles binne en bevuil die plek.

"Ek begin elke keer van voor, met niks."

Verlede week is die brandblusser in die houer leeggespuit en is die asblikke uitgestrooi.

"Hulle kom met die regte gereedskap en breek net eenvoudig in.

Spore

"Dis beslis jeugdiges. Die polisie het al klein, kaal voetspore en handpalmafdrukke gekry.

"As hulle gevang word, gaan hullle hof toe, maar is dieselfde dag weer op straat.

"En dan kry ek 'n brief in die posbus wat lees 'Jammer, weens onvoldoende bewyse word die saak nie verder gevoer nie' of  'Die onderoek is afgesluit'.

"Ek is al so moedeloos."

Ook die ander besighede in Versaillestraat loop gereeld onder inbrake deur.

Die inbrekers kom deur die dak, deur vensters, deur veiligheidstralies, en vandaliseer en besteel die kantore en werkplekke.

"Ons het reeds alarmstelsels en wagte. Dalk kan gereelde polisiepatrollies in die straat help," meen die besigheidslui.

"Die skade wat ons ly word onbetaalbaar. So kan 'n mens nie aangaan nie," sê hulle.

* A container shop in Wellington's Versailles Street has been invaded by burglars 25 times during the past eight months.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]