safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 11 November 2004.

Aida

Sport


wIVANOfc

IN DIE DRAAI. Ivano Siebrits van Rhadsport het Saterdag die 20km wedren gewen tydens Yorkshire Fietsryklub se baanbyeenkoms op Faurestraat Stadion. Hy het die wenstreep in 'n skaflike tyd van 31:30,56 oorgesteek ondanks die warm weer.                               


Paarl Cricket on top

[ Top ]


THE Novel Paarl XI took the lead in the Boland's Premier League at the Parys Grounds on Saturday, when they scored their fourth successive victory in the competition.

Paarl took sweet revenge against Stellenbosch/Districts, after playing second fiddle to them at Idas Valley last season.

The only other unbeaten team is Coronation Cricket Club of Pniel, with three victories, and it looks like the two teams are headed for a showdown at the Parys Grounds on 13 November.

Player of the Month Wesley Euley (43 not out) earned his cheque with a devastating display with the bat, finishing off the match with three towering sixes. The first towards the sight screen did not damage the metalwork, but the other two caused some disturbance to the squirrels, as Euley failed to clear the oaks. Facing only 30 balls, Euley showed that the WP-Boland selectors need look no further if they need a wicket keeper/batsman while Thami Tsolekile is in India.

After the first 10 overs, the visitors were in trouble on 10/4, with Denver van Reenen (3/18) and Clint Philander (2/21) causing havoc with the new ball.

A 68 run partnership for the fifth wicket between Elton Williams (68) and Wayne Julies (24) gave them some hope to extend the rampant home team, but Dave Callaghan (3/28) had other ideas, causing a collapse by the 52nd over which set the Paarl team a target of only 133.

Carlo Crotz (37) started off like a house on fire, hitting six boundaries in the first four overs, then settling down in a 66 run partnership with Callaghan (42*) for the second wicket.

Callaghan hit six boundaries and his unbeaten 51 run third wicket partnership with Euley wrapped up proceedings in the 24th over, securing an eight wicket victory for the home team.

Paarl will be part of the celebrations when the Bergrivier Cricket Club open their revamped facilities on Saturday.

The home team will be strongly motivated to impress the United Cricket Board and Boland Cricket dignitaries at the Weltevrede Grounds, and should therefore not be underestimated by the log leaders.

Paarl II also retained their unbeaten record with an easy five wicket victory against their counterparts at Idas Valley, after bowling out Stellenbosch/Districts for 101.

Faghrie Jacobs (4/16) and Richard Cunningham (3/8) put the home team under tremendous pressure with their good line and length, while William Wilson (27*) and Kurt Martin (26*) had no trouble reaching the total.

Paarl II play Bergrivier at the Weltevrede Grounds on Sunday.

Paarl III also remained unbeaten, scoring a massive 299/9 in 50 overs in their home match against Spes Bona II.

Paarl's Junior Player of the Month, Cameron Cupido (91), showed that he is destined for higher honours by following up on his half century against Brackenfell a week ago, hitting three sixes and seven boundaries.

Together with Alfredo Adams (56) he put the home team in an unassailable position and, although Spes Bona's batsmen fought bravely against Adams (4/58), Cupido (2/41) and David Pick (2/25) they were all out for 201 in the 47th over, giving the home team a 98 run victory.

Paarl III hosts Atlantis II on Saturday.


Boland krieket begin

[ Top ]


DIE provinsiale seisoen skop vandag af vir die Boland Amateur krieketspan wanneer hulle op Boland Park teen die Oostelike Provinsie te staan kom.

Die driedagwedstryd sal Sondag deur 'n eendagwedtryd gevolg word.

Die betrokkenheid van verlede seisoen se Boland-kaptein, Con de Lange, by die WP-Boland Franchise-span, het beteken dat die keurders na 'n nuwe leier moes soek vir sy amateur-groep. Die posisie sal nou gevul word deur die snelbouler, Wallace Albertyn.

Benewens Albertyn, is daar nog vyf spelers wat verlede seisoen vir Boland gespeel het - Henry Davids (kolwer), Wesley Euley (paaltjiewagter/kolwer), Barto Fransman (snelbouler), Jacques van Wyk (snelbouler) en Waylin September (draaibalbouler).

Van Wyk het verlede seisoen misgeloop weens 'n rugbesering, maar is weer fiks en reg om paaltjies te neem.

September is ook by die WP-Boland-span gekontrakteer maar het nog nie dié seisoen provinsiale krieket gespeel nie. Dié draaibalbouler sal dus graag vir die franschise-keurders wil wys wat in hom steek.

Twee oud-Bolanders wat weer hul krieket in die Paarl kom speel, is Rupert Bailey en Rayno Arendse, albei top-orde kolwers.

Bailey het voorheen vir die Titans en Oostelikes gespeel. Hy het die afgelope tyd 'n paar goeie tellings vir sy klub, Young Peoples, gemoker en dit sal goed wees om te sien dat hy dié vorm vir sy provinsie handhaaf.

Rayno Arendse het die afgelope drie jaar vir die Eagles gespeel.

Salieg Nackerdien, wat vanjaar as die nuwe Boland breier aangestel is, is ook as hulpafrigter betrokke by die franschise-span.

Henry Williams en Deon Smith sal die naweek die span onder hande neem tydens Nackerdien se afwesigheid.

Die wedstryde begin albei om 10:00 en toegang is gratis.   


Schalk is bobaas

[ Top ]


DIE gewilde Springbok rugbyspeler van Wellington, Schalk Burger (foto), is Maandagaand as die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbal Unie (Sarvu) se speler van die jaar aangewys.

Die woelwater-flank het 'n beduidende rol gespeel in die Springbokke se Drie Nasies oorwinning en word tans as een van die beste losvoorspelers in die wêreld beskou.

Die oud-Gimmie wat vir die WP speel, is ook deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) as speler van die jaar benoem, saam met sy Streeptrui-spanmaat en nog 'n Gimmie, Marius Joubert.

Nog 'n Springbok wat ook sy rugby vir Paarl Gim gespeel het en ook vir die WP uitdraf, De Wet Barry, is as die beste Super 12-speler van 2004 aangewys. 


Boland Atletiek vinnig uit die blokke

[ Top ]


SEDERT Boland Atletiek sy hoofkantoor na die Paarl geskuif het, het dinge vinnig in plek geval.

Verlede week het dié liggaam die borgskap van R220 000 deur die Suid-Afrikaanse Wynindustrie Trust (Sawit) aangekondig.

Die borgskap is regstreeks verbind aan BA se Platteland Ontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om atlete van die plaasgemeenskap te identifiseer en ontwikkel.

Volgens Charles Erasmus, hoof uitvoerende beampte van Sawit, is die borgskap in lyn met hul visie om volhoubare ekonomiese ontwikkeling onder die agtergeblewe plaasgemeenskappe te weeg te bring.

Die doel van die atletiekprojek is om meer atlete van plase in die platteland by hoofstroom-atletiek te betrek.

"Die program sal 'n netwerk skep en onderhou wat die plaasgemeenskap sal inlig oor die geleenthede wat atletiek hulle kan bied en hulle inspireer en aanmoedig om die geleenthede te gebruik. Terselfdertyd wil ons 'n stabiele omgewing skep waar talentvolle atlete van die plaasgemeenskappe kan deel word van Boland Atletiek se Programme van Uitnemendheid," sê Richard Stander, BA se hoofuitvoerende beampte.

Die Platteland Projek is die perfekte toevoeging tot Boland se Talent Identifiseringsbyeenkomste wat die afgelope drie naweke in die Paarl gehou is.

"Ons wil met dié projek meer talente van die plattelandse atlete in ons provinsiale en uiteindelik nasionale atletiekspanne inkry," voeg Stander by.

Volgens die president van Boland Atletiek, Harold Adams, sal die Platteland Projek verder bydrae tot die verwesenliking van Boland se visie, naamlik, "om atletiek in die Boland streek die nommer een keuse sport te maak onder beide atlete en toeskouers."

Die geld sal gebruik word om meer byeenkomste vir plaasskole aan te bied sodat die atlete se prestasies geëvalueer kan word en hulle in die nodige ontwikkelingsprogramme ingesluit kan word.


Paarl-Oos glimlag breed

[ Top ]


SPELERS van Paarl-Oos Krieketklub glimlag almal breed nadat albei die klub se spanne die naweek oorwinnings oor Vredenburg/Saldanha behaal het.

Langs die Weskus het Paarl-Oos se eerste span die loot gewen en die tuisspan ingestuur om te kolf.

Die besoekers word die teiken van 183 gestel, nadat Vredenburg/Saldanha 182/8 in hul 60 boulbeurte behaal.

Dennis November (3/17 in 10bb, 3 leeg) en Elroy Abrahams (2/27 in 15bb, 5 leeg) was die Paarliete se beste boulers.

Die besoekers het op een stadium ietwat kop verloor nadat Bruce Muller (34 4x3) en hul staatmaker én kaptein, Jackie Daniels (2) uitgehardloop is.

'n Lieflike ses deur Graig Abrahams (13nun) met die derde laaste bal van die beurt besorg egter vir Paarl-Oos die wenlopies.

Zynodien Fredericks (40 4x4), Garth Lewis (29 4x1) het die grootste bydraes gemaak.

Die tweede span het op New Orleans ook met Vredenburg/Saldanha se tweede span afgereken.

Die besoekers kry 179/7 in hul 60 beurte, met Wayne Minnies (2/34 in 13bb) en Sean Andrews (2/37 in 16bb) wat die skroewe aandraai.

Gesonde beurte deur Wilton van Neel (52nun 4x4), Werner Erasmus (32 4x5), Mario de Kock (31 4x5) asook 'n vinnige, onoorwonne 20 deur Minnies wat twee grenshoue en 'n ses ingesluit het, het die wedstryd in die 53ste beurt vir Paarl-Oos (182/7) beklink.

Paarl-Oos I speel Saterdag teen Brackenfell op New Orleans, die tweede span speel in Brackenfell en die derde span meet kragte met Young Peoples III op Dajosafat.


Maties kou Wellington

[ Top ]


NA verlede naweek se sukses het Wellington dié naweek weer gesukkel teen Maties.

Op die Pen Basson-velde het Maties I eerste gekolf en danksy goeie boulwerk van Henco Bornmann (3/30 in 15bb) is die besoekers gou in die moeilikheid op 37/3.

Hulle haal egter 208 almal uit.

Met 'n verlangde lopietempo van slegs 3,5 lopies per beurt begin Wellington bestendig, maar akkurate boulwerk deur Maties beperk hulle egter tot slegs 173/6.

Warren Groeneveld (53 4x6) en Steyn Basson (31, 4x5) is die enigste kolwers wat goed kolf.

Maties en Wellington verdien onderskeidelik nege en ses punte.

Wellington se tweede span moes ook teen Maties die knie buig in hul wedstryd op Stellenbosch.

Die tuisspan wen die loot en besluit om eerste te kolf. Dit blyk 'n goeie besluit te wees met die Wellington boulers wat sukkel.

Anele Nanase (5/67 in 15bb) en Ferdi Maritz (4/44 in 11bb) behaal sukses, maar geen ondersteuning van die ander boulers en 'n vangskoot wat Wellington 50 lopies kos, kom die besoekers duur te staan.

Maties teken uiteindelik 288 almal uit aan.

Wellington se kolwers laat hulle in die steek vir die eerste keer die seisoen en hulle behaal slegs 140.

Jaco Conradie (48 4x8, 6x2) met 'n kenmerkende warrelwind-beurt is die enigste kolwer wat uitblink.

Saterdag speel albei Wellington-spanne teen Stellenbosch/Distrikte, die eerste span weg en tweede span tuis.


Rekords bly spat

[ Top ]


DIE Boland Atletiek se reeks talent-identifiseringsbyeenkoms het Saterdag op 'n hoogtepunt geëindig met die Wes-Kaapse Voorseisoen Kampioenskappe wat op Daljosafat gehou is.

Die toeskouers was ook nie teleurgestel nie, met 600 van die Wes-Kaap se beste atlete wat 'n verskeidenheid top vertonings in feitlike elke item gelewer het.

Meer as 170 van die prestasies het 800 punte of hoër behaal op die Atletiek Prestasie Evalueringstabelle. 'n Verder 42 van dié prestasies tel onder die 10 beste prestasies wat vanjaar in Suid-Afrika behaal is.

Die Paarliet Keenan Watson het weer eens gewys waarom hy tans een van die wêreld se beste verspringatlete in die seuns 17 jaar ouderdomsgroep is, toe hy 'n nuwe Boland-rekord opgestel het met 'n afstand van 7,28m.

Nog 'n plaaslike atleet, Reagan Julies, het weer getoon dat hy reg is om SA te verteenwoordig by die Statebond Jeugspele wat in Desember in Australië plaasvind. Hy het verlede week se sprong van 7,58m Saterdag opgevolg met 'n 7,40m in die s.19 verspring.

Antonio May het Saterdag gewys dat die silwermedalje wat hy vroëer vanjaar by die SA Landloopkampioenskappe gewen het nie 'n gelukskoot was nie, toe hy die 1500m wedloop vir s.13 in 'n goeie tyd van 4:24,90 gewen het.

Maurice Fisher van Paarl Gim het Saterdag gewys dat hy al klaar gereed is om sy titel as die s.17 SA hoogspringkampioen te verdedig toe hy op 'n hoogte van 2,00m oor die dwarslat geseil het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]