|
KREDITEURE-KLERK
Paarl Post (Edms) Bpk is 'n dinamiese maatskappy in die drukkers- en publikasiebedryf, geleë in die Paarl. Die maatskappy wat spesialiseer in die ontwerp, reproduksie en druk van koerante en pamflette, benodig tans die dienste van 'n ervare krediteure-klerk, wat deel vorm van die administratiewe funksie.
Die pos behels:
* Die verwerking van krediteure-fakture deur dit met die elektroniese bestelstelsel te vergelyk vir
voldoende goedkeuring.
* Prosessering van betalings op die elektroniese bankstelsel.
* Opstel van krediteure-rekonsiliasies.
* Oplos van uitstaande fakture en ander uitstaande items op rekonsiliasies.
* Rekonsiliasies van sekere nominale rekeninge.
* Plasing van bestellings vir die kantoorarea.
* Ad hoc take in die administratiewe departement.
Vereistes:
* Matrieksertifikaat met rekeningkunde as vak, en toepaslike ondervinding.
* Tersiëre opleiding in 'n finansiële rigting sal as 'n aanbeveling dien.
* Rekenaarvaardigheid ten opsigte van Windows, Excel & Pastel sal as aanbeveling dien.
* Sterk kommunikasievaardighede.
* Goeie interpersoonlike vaardighede, akkurate syfersin, en die vermoë om onder druk te werk.
In ruil vir bogenoemde bied die maatskappy 'n markverwante vergoedingspakket, wat 'n pensioenfonds en mediese fonds insluit. Voorkeur sal verleen word aan individue uit voorheen benadeelde groepe.
Sou u belang stel in bogenoemde posisie, stuur 'n volledige CV aan Johan Louw by e-pos jlouw@paarlpost.co.za, of faks na (021) 872-6889 teen 15 November 2004. Indien u geen terugvoering kry teen 19 November 2004 nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. |