safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 11 December  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Is this use of our swimming pool fair?

[ Top ]


ON Thursday 13 November I went to the Wellington municipal swimming pool in Pentz Street with some friends for an afternoon of leisure. There were some pupils of Huguenot Primary practising in the pool.

My problem is that they had a rope line across the length of the swimming pool, approximately one third of the pool from the edge, which was to signal to the other swimmers to stay out of the area.

When my friends and I attempted to swim in that part their coach told us to swim in the remainder of the pool, which was very full.

I cannot understand how they are allowed to do this. When we tried to play with a tennis ball, we were informed by one of the workers that it is not allowed, even though this school was allowed to put a rope in the water which could strangle or injure  the pool users.

We regular users of the pool also pay to enter and our money is just as good as that of the next person.

In the last couple of years the price to enter has drastically increased, but there has not been much improvement in the facilities or service.

S Albanie

The Municipal Manager, Jacques Carstens, replies: Drakenstein Municipality tries to accommodate local swimming clubs/schools at the municipal swimming pools. 

Some sections of the pools are allocated to these clubs, while the public can still make use of the other sections. 

These clubs and schools pay the normal entrance fees. Over many years ropes have been used at all the swimming pools, without any injury occuring. 

The prohibition of ball games is to prevent injury, which can easily occur because of the number of users. 

Over the last four years fees have increased from R2 to R3,50 for adults, with the option to buy a seasonal ticket at R51. 

These very low tariffs result in a big financial loss for municipal swimming pools and is therefore a subsidised service to the community.


Dis `n ander kunsplek

[ Top ]


MET verwysing na die berig in die Paarl Post oor die kunswerke wat verdwyn het nadat 'n raamfirma sy deure sluit, wil ek simpatiseer met die kunstenaars wat hul werke op dié wyse verloor het.

As kunstenaar weet ek dat die verlies wat die kunstenaars ervaar en die emosionele verbintenis met die kunswerk nie in rande gemeet kan word nie.

Ek wil ter wille van enige moontlike verwarring dit baie duidelik stel dat die nuwe kuns- en raambesigheid, wat toevallig ook regoor die biblioteek in Hoofstraat, Paarl, geleë is, hoegenaamd geen verband of verbintenis het met die raamfirma waarna die berig verwys nie.

My liefde vir kuns en die respek vir dít waaraan ander mense sentimentele waarde heg, is die basiese beginsel waarop ek my besigheid be-    dryf.

Met 'n 'passie vir kuns' is ek jammer dat daar mense is wat die soort ondervinding moes ervaar.

Jolene Joubert


Drivers not at fault

[ Top ]


WITH reference to the report on another truck stuck in Bain's Kloof, I would like to point out that it is not the fault of the driver.

The signage indicating that the pass is unsuitable for heavy vehicles, on both sides of the pass, is placed far too late on the route.

The authorities should ensure that signage is posted in Church Street, Wellington, where the truck is still able to turn around and take a different route.

The same goes for the approach on the Breede River side. The signage forbidding heavy vehicles to use the pass, should be put up where the truck is still able to turn off to Worcester, not after the turn-off.

By the time the truck driver realises he should not use the route, he is already at the point of no return and there is nowhere for him to turn around.

I would also like to point out that the reference to 88 tons is incorrect. The total maximum weight for heavy vehicles (including load and vehicle) is 56 tons.

Truck driver


Drie tale nodig

[ Top ]


DIT is met misnoeë dat ons gelees het van die Departement van Binnelandse Sake se miskenning van Afrikaans, as

* een van die drie amptelike tale in die Wes-Kaap,

* as die taal wat deur 59% van die inwoners van die Wes-Kaapse provinsie as moedertaal gepraat word

* as derde grootste taal, naas Zoeloe en Xhosa, in SA en,

* met verwysing na die statistiek wat deur AJ Fourie (Paarl Post 24 November) gegee is, deur die oorgrote meerderheid van Drakenstein se inwoners gepraat word.

Die antwoord van die Hoof van Binnelandse Sake, Dries van Niekerk, op Fourie se brief dat die Departement van Binnelandse Sake 'n gestandardiseerde en eenvormige identiteitsisteem geïmplimenteer het, hou nie stand met die bepalings van die Grondwet van SA dat aan al 11 amptelike tale gelyke regte verleen moet word nie. 

Veral nie in die Wes-Kaap, waar dié provinsie se Grondwet ook Afrikaans saam met Xhosa en Engels as amptelike tale erken nie. 

Om erkenning aan laasgenoemde te gee behoort al drie hierdie tale op die Departement van Binnelandse Sake se banierskrif te pryk.  Hiermee steun ons AJ Fourie se standpunt dat verdere stappe geneem sal word as hierdie ongelyke behandeling van taalregte nie spoedig reggestel gaan word nie.

Jack Louw (direkteur) Afrikaanse Taalmuseum


Dankie aan drywer

[ Top ]


GRAAG wil ek my dankbaarheid uitspreek teenoor die busbestuurder, Paul Alexander. Hy was 'n held uit-en-uit deur ons kindertjies van Bergendal Primêr onder die boom te plaas vir veiligheid. Hierdie moedige en positiewe drywer verdien meriete. Word ons mense dan nie meer vereer nie? Geluk aan Leon Steenkamp van Paarl Post wat seersekerlik die mooiste foto van die Jaar geneem het.

Dankbare ouer


Kinders moet Xhosa leer

[ Top ]


EK sien elke dag hoe daar in koerante werksgeleenthede geadverteer word, maar nog steeds sal jy vind dat ons mense maar net nie werk kry nie.

Ek voorsien dat, behalwe Afrikaans en Engels, die kinders in die Wes-Kaap Xhosa ook magtig sal moet wees.

Ek sal dit waardeer as mense my kan kontak met inligting as hulle weet van 'n persoon/skool/instansie wat na skoolure Xhosa klasse aanbied. Ek kan gekontak word by D'Olivierastraat 3, Boland Park, Paarl.

PC Jordaan


Hoera vir doeners!

Editorial

[ Top ]


ONS kla tog so maklik en so lékker! Een van die onderwerpe waaroor Paarliete swartgallig raak, is dat daar niks in die Paarl gebeur nie.

Paarliete kyk met lang oë na die gereelde feeste op Franschhoek en nou ook Wellington se Stokkiesdraaifees, en dan wys hulle vingers na die stadsraad en wie ook al wat dan nou kwansuis niks doen nie.

Nou moet al die klaers 'n slag opstaan, hul hoede afhaal en drie hoera's gee vir die Oukraal Kunstefees en die Paarl Toerismeburo.

Want binne twee weke is daar sommer drie heerlikhede: dit het die afgelope naweek begin met die eerste Oukraal Kunstefees.

Die eerste hoera is vir die organiseerders wat die stoute skoene aangetrek het, en dié fees gereël het.

'n Mens kan maar net vertrou dat Paarliete hierdie poging sal ondersteun en dat dit in die toekoms sal groei.

Die tweede hoera is vir die Kersliggiefees, geborg deur die Munisipaliteit, wat elke jaar groot skares na die middedorp lok.

Die Toerismeburo verdien ook die derde hoera vir die Johnny Clegg-konsert wat Saterdag op Paarlberg gehou word.

Laat die klakouse ophou kla en liewer hierdie pogings ondersteun.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za