safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 4 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 11 December  2003 at 17:00

Sport


wzolaFC

ON THE WAY. The Mbekweni athlete, Siyabonga Zola, attacks the home stretch of the Niel Joubert 13km race that was held in Klapmuts last Wednesday. Zola who runs for Mr Price Western Provence was among the first local athletes to finish. The 19-year-old finished 13th overall with a time of 46:12. Zola's older brother, Thembelani, who won this race last year, finished in the 69th position in 53 minutes in what he described as a "bad run on the day".


Paarl draws, but rakes in points

[ Top ]


THE first team of Paarl Cricket Club pushed Easterns out of the second position on the log at the Parys grounds on Saturday, when the visitors were restricted to three match points against the 12 points gained by the log leaders.

Hermanus overtook Easterns after beating Brackenfell, and Paarl's match in Hermanus on 16 December could be of crucial importance to the log standings at the end of the first round of the competition.

Opening batsman Erasmus Hendrickse (114) fulfilled his early promise, carrying his bat for the full 60 overs.

Hendrickse who smacked 11 boundaries and clubbed a further two sixes was dismissed off the last ball to take the home team to 230/8.

He was ably assisted by Rudy Andrews (33 6x4) and the Boys' High captain, Leroy Walters (45 5x4), who celebrated his selection to the Boland u.19 Coca-Cola team in fine style before being run out trying to force the Hendrickse century.

The visitors never took up the challenge and at 61/2 after 30 overs, it became evident that they would settle for a draw.

Only Brent Paterson (35) and Alan Clark (36) showed some resistance against Paarl's Anwell Newman (2/24), Hendrickse (2/9) and Andrews (2/24). The visitors scratched together 138/7 in their 60 overs.

Paarl II had no trouble in sweeping aside the threat from Hermanus II on the B pitch, after limiting the visitors to 103 in 37 overs.

Lyndon Fredericks (3/27), Reggie Coetzee (3/13) and Heinrich Daniels (2/27) were responsible for the damage.

Lindsay van der Berg (37 not out) and Courtleigh Pharaoh ensured a home victory by seven wickets.

Saturday's fixtures are Paarl I against Van der Stel at Bergsig, Paarl II versus Coronation at Pniel and Paarl III against Worcester United in Worcester.

Next Saturday the last home game for the year will be played. The club will present a karaoke at R10 for all players and supporters afterwards.


Nuwe Kavaliers gekies

[ Top ]


DIE Boland Rugbyspan vir 2004 is verlede week gefinaliseer en 'n paar nuwe gesigte sal volgende seisoen vir die Wynboere uitdraf.

Vion Wium wat die 2003 seisoen weens besering gemis het, sal weer in aksie wees.

Die nuwelinge in die span van 25 is David de Villiers (slot) van Maties, Denzil Frans (flank, Blou Bulle), Charl Blom (skrumskakel, Griekwas), en Patrick Petersen (losskakel/vleuel/heelagter) ook van Griekwas.

Ander spelers wat ook deel kan uitmaak van die Boland Elite groep is Jeffrey Stevens (Griekwas) en Charlton April (SWD).

Volgens die Kavaliers se spanbestuurder, Denver Pienaar, oefen die groep al vir die afgelope twee weke.

"Die deurlopende sterkpunt in die span is die spelers se goeie gees. Mens kan sien die ouens is lus vir speel," het Pienaar gesê. Die groep sal tot 18 Desember oefen.

Twee Bolanders is ook in die IRB Sewes Reserwepoel opgeneem.

Elke land waar 'n been van die IRB Sewesreeks aangebied word, moet 'n poel van reserwe-spelers beskikbaar stel indien een van die internasionale spanne deur beserings sonder spelers sit.

Die twee Kavaliers wat in die groep ingesluit is, is Rudy Vögt (Ceres) en 'n gekontrakteerde Kavalier, Jongikhaya Nokwe.

Die Kavaliers vir 2004 is Fabian Brandt, Pieter Terblanche, Gustav Rademeyer, Conrad Burke, Tommy Dixon, Vion Wium, Nicky Smit, David de Villiers, Michael Noemdoe, Henk Eksteen, Henley du Plessis, Chris Potgieter, Kobus le Roux, Denzil Frans, Cassie Carstens, Charl Blom, Solly Goosen, Malan du Plessis, Patrick Petersen, Jacques Badenhorst, Piet van Zyl, Warren Petersen, Jongikhaya Nokwe, Alshaun Bock en Antonius Verhoeven. 


Boland nou ook sonder
Du Toit

[ Top ]


DIE Boland krieketspan het gister in hul eerste tuiswedstryd van die Standard Bank eendagreeks vir Noordelikes gepak sonder sy snelbouler, Willem du Toit.

Du Toit het Saterdag in sy klubwedstryd vir Brackenfell sy rib gebreek.

"Hy het ingehardloop en was in die aksie om te boul toe hy 'n harde klap-geluid hoor," vertel Deon Muller, die Boland afrigter.

Volgens Muller is Du Toit in heelwat pyn en sal hy vir die volgende ses weke buite aksie wees.

Die terugslag volg kort op die besering van Justin Ontong. Ontong wat las het van 'n gebreekte vinger het gister ook nie gespeel nie.

"Ons het besluit om nie die risiko te neem om hom te speel nie. Justin is reg om te kolf, maar die probleem is die veldwerk. As hy miskien 'n kritieke vangskoot moet vat of die bal vinnig moet stop vir 'n moontlike uithardloop, wil hy nie bang wees om sy vinger nog verder te beseer nie. Hy wil nie die span in so 'n situasie in die steek laat nie.

"Ons hoop hy sal Vrydag in die wedstryd teen die WP op Nuweland kan speel, maar sal eers tydens môre (vandag) se oefening kyk hoe dinge vorder," het Muller gesê. Ontong is ook deel van die SA XI-tal wat Maandag ook op Nuweland teen die WP te staan kom.


Thomas laat paaltjies tol

[ Top ]


'n PUIK boulvertoning deur Nathan Thomas op sy tuisveld het Saterdag vir Bergrivier 'n oordonderende 170 lopie oorwinning oor Touwsrivier gegee.

Bergrivier het eerste voor die penne stelling ingeneem. Die tuisspan was op 89/5 diep in die moeilikheid, maar toe is Lester Hendricks op die boulers losgelaat.

Hendricks se 73 lopies het 13 grenshoue en een ses ingesluit en was tot dusver sy beste bydrae van die jaar. Hy en Lincoln Dampies (27 4x4) het in 26 minute 'n 50 vennootskap van net 23 balle gemoker.

Nog 'n kolwer wat sonder genade met die kolf ingeklim het, was West Goetham. Sy 51 het hy van slegs 23 balle aangeteken danksy 10 grenshoue.

Mark Julies (35 6x4), en Brian Williams (22 3x4) het ook goed gekolf.

Andrew Davids (5/66) en Godfrey Willemse (4/12) was Touwsrivier se beste boulers.

Die besoekers het goed begin maar toe Thomas tot die boulaanval toetree, het die paaltjies op 'n streep gekantel.

Thomas se 6/17 in agt beurte (drie daarvan leeg) het die Touwsrivier-kolwers gou op hul knieë gehad. Hulle kon slegs 114 aanteken.

Jack Abrahams (3/30) het ook goed geboul.

Die tweede ligaspan van Bergrivier het in die Paarl skande gemaak toe hulle teen Young Peoples III op Daljosafat Stadion met sewe paaltjies verloor het.

Dit was die besoekers se ergste nederlaag van die seisoen, nadat hulle vir 90 lopies uitgeboender is. Darren Isaacs 28 4x4) was die hoogste lopiemaker.

Peoples se Kenneth Langeveldt (3/20) en Ricardo Kermis (3/30) het met die bal uitgeblink.

Die tuisspan het in die 36ste beurt die teiken bereik danksy nog 'n goeie vertoning deur Kermis (43 5x4).

Isaacs (2/17) en Jacques Cloete (1/39) was Bergrivier II se beste boulers.

Bergrivier I speel Saterdag op Atlantis terwyl die tweede span teen Korrektiewe Dienste II op Wellington speel.


Paarl-Oos se tweedes seëvier

[ Top ]


TWEE groot vennootskappe was Saterdag die wenresep vir Paarl-Oos II se sege oor Atlantis.

Atlantis het op hul tuisveld hul kolfbeurt op 279/10 afgesluit.

Engelico October was die besoekers se gulsigste paaltjiewagter met 5/89 in 19 beurte. Hy is bygestaan deur Wilton van Neel (2/27 in vier beurte.

Nadat die Paarliete se tweede kolwer, Anton Solomons, slegs vir vyf uitgehaal is, het October (43) en die ander openingskolwer, Philip Olivier (80), die pap dik aangemaak vir 'n vennootskap van 123 lopies.

'n Verdere vennootskap van 80 tussen Van Neel (23) en Garland Goliath (70nun), het die besoekers 285/8 in die 60ste beurt laat aanteken. Wayne Mienies het ook 'n handige 23 lopies geslaan.


Boland-sentrum het strategie vir atlete

[ Top ]


ATLETE van die Boland moet voortaan die grootste aanspraakmakers wees op medaljes in die land en wêreld se voorste atletiekbyeenkomste.

Om dié oogmerk van Boland Atletiek na te streef, is die Boland Atletieksentrum vir Uitnemendheid vroeër vanjaar op Stellenbosch gestig.

Volgens Raymond Julies, een van die direkteure van die sentrum, het Boland in die afgelope vier jaar onder die top provinsies geëindig wat die wen van medaljes by die SA Kampioenskappe betref.

In 'n poging om die Boland die tuiste van nog meer medaljes te maak, is 'n voorbereidingsgroep van atlete geïdentifiseer wat welslae tydens die SA Atletiekkampioenskappe kan verseker.

"Dié 67 atlete is gekies omdat hulle tydens die SA's na die finale ronde van hul onderskeie items behoort deur te dring," sê Julies.

"Die Sentrum van Uitnemendheid bied 'n volle ondersteuningspan vir elkeen van die atlete wat kwessies soos sielkundige hulp tot die rehabilitasie van beserings kan aanspreek," vertel hy.

Twee professors, Cathy Myburgh en Liz Bresson, behartig alle toetse wat strek van biokinetiese toetse tot bloedtoetse en daarvolgens word die atlete se afrigtingsprogramme en voeding aangepas om hul beter voor te berei.

'n Spesifieke oefenprogram word vir elke atleet opgestel en sy of haar vordering tydens die jaar word ook gemonitor, met seker mylpale wat uitgestip word.

Behalwe vir die Sentrum, het Boland Atletiek ook 'n toegewyde ontwikkelingstrategie in plek gestel.

Die Voorbereidingsgroep van 67 atlete is nie 'n geslote groep nie en sou aangevul word ná die aanvang van voorseisoen talentidentifiseringsbyeenkomste wat reeds in Oktober gehou is.

Dié byeenkomste is eers op streekvlak gehou, waarna die beste atlete deurgedring het na 'n voorseisoense provinsiale byeenkoms en interprovinsiale byeenkoms.

Gegrond op die uitslae van dié talent-identifiseringsprogram is 'n voorlopige Boland-span gekies.

Die jeug en junior atlete wat in die span opgeneem is, sal na 'n oefenkamp genooi word en nadat hulle in Maart aan die Boland Atletiek Juniorkampioenskappe deelgeneem het, sal 'n finale span aangewys word vir die SA's.

Volgens Julies is dit dan ook hul doel om atlete wat nog nie medaljes verower het nie, maar wel die potensiaal het om dit te doen, te ontwikkel.

"Dit is waarvoor die Boland Atletiek Gemeenskapsentrum daar is - om 'n infrastruktuur te skep waar alle gemeenskappe ingelig is en aangemoedig word om die beskikbare geleenthede in atletiek te gebruik.

"'n Stabiele omgewing word geskep waarin talentvolle atlete deel kan word van Boland Atletiek se Program vir Uitnemendheid."

Volgens Julies sal 'n Gemeenskapsentrum-kantoor eersdaags op Worcester open wat al ses streke in die Boland sal bedien.


Mountain bikers do it round the clock

[ Top ]


DIRTOPIA hosts the, "24 Hours of Wiesenhof", a non-stop 24 hour mountain bike event near klapmuts this weekend.

The sporting part of a 24 hour mountain bike event revolves around a massive relay, where solo riders or teams of up to eight people compete to ride as many laps as possible in a 24 hour time frame. The lap distance will be approximately 8km with 70% wide and flowing singletrack. 

The cloverleaf route will never be far from the start/finish area, so spectators can walk to other areas on the trail to see more action.

At night the lights are mounted on bikes and helmets and the course will get a different feel. Other entertainment will include trials bike stunt shows.

Mountain bikers are looking forward to a fun camping weekend around the dam in summer weather. About 170 riders will be riding the event of which 25 riders will be doing it solo!

Categories include Open Men, Juniors, Vets, Fun and Mixed teams.

Amazingly another 24 Hour is being organised in Gauteng on the same weekend, while the Noon-to-Moon (10 Hour enduro) will take place in Mpumalanga.

For further info visit www.dirtopia.co.za or contact the organisers at 083 284 5932 / 083 450 5313 or email theteam@dirtopia.co.za

Categories for 24 hour: Solo - One person that rides as much as he/she wants during the 24 hour period, Open (single sex): team of 4 riders, Mixed - team of 4 riders, a mix of male and female riders. There must be at least one person from the opposite sex to qualify for a mixed team; Juniors - team of 4 riders (under 19). Age as of 31st of December 2003; Veterans - team of 4 riders. Collective age 140 years and over; Fun category - teams of 5-8 riders, any combination of 5-8 participants (any combination of men and women) can make up a team - any skill level or age. This means that a team of 5 people could compete against another team of 8 people.

Riders can register on Friday from 18:00 to 21:00 and on Saturday from 07:30 to 10:30 with the race starting at 12:00 and the Trial Bike stunt shows at 16:00.


Wellington behaal weer sukses

[ Top ]


DIE eerste span van Three Ships Wellington Krieketklub het Saterdag hul regruk-poging voortgesit met nog 'n oorwinning, dié keer oor Vredenburg/Saldanha.

Wellington behaal 238/5, met Wickus van Lill (81, 6x4) wat met oorgawe inklim.

Daarby het Sarel Wolmarans vyf sesse en sewe grenshoue gemoker vir sy 64 en het Godfrey Stevens die bal ses keer oor die grenstou laat rol op pad na sy 41.

Vredenburg/Saldanha was nie opgewasse teen die Wellingtonse boulaanval nie en word almal uitgeboender vir slegs 136 lopies. Christo Ritter (3/34), Wolmarans (2/23) en Greg Jardine (2/26) rig die skade aan.

Wellington I speel Saterdag teen Hermanus in Wellington.

Weens 'n gebrek aan spelers maak Wellington II tans die lewe vir hulself baie moeilik.

Saterdag het hulle vir Van der Stel met net nege spelers aangedurf. Wellington gee die loot prys op 'n grasgroen onderstandaard kolfblad.

Van der Stel stuur Wellington in om te kolf en weens 'n gebrek aan toewyding, plus streke van die blad, word hulle almal uitgeboender vir slegs 114 lopies.

Andrew Fulton (26, 4x4) en Cedric Williams (25, 5x4) was die enigste kolwers wat noemenswaardige tellings kon aanteken.

Van der Stel behaal die wenlopies vir die verlies van slegs vier paaltjies op 'n blad wat al sy streke laat staan het.

Stefan Geldenhuys (3/33) het moedig probeer om Van der Stel te stuit, maar dit was nie genoeg.

Wellington II het Saterdag 'n loslootjie voor hulle die opvolgende week die sterk span van Paarl takel. Hopelik sal 'n volsterkte span beskikbaar wees.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za