|
DIE Wamakersvallei Opleidingsentrum op Wellington bied verskeie kursusse aan vir mense wat graag hul medemens wil help en terselfdertyd beter gekwalifiseer word vir werk.
* Van 16 Februarie tot 25 Maart is daar 'n kinderkursus deur Ilse Hamman vir moeders wat insluit huisbestuur, selfkennis, noodhulp vir babas en babastimulering (R350 insluitend handboeke).
* Mense wat opleiding wil hê in die tuisversorging van bejaardes kan 'n tweemaande-kursus volg, aangebied deur suster Irene de Waal (R350 handboeke ingesluit).
* Mense wat opleiding wil hê in kleutersorg word veral in kreatiwiteit opgelei. Die kursus sluit ook huisbestuur en selfontwikkeling in oor twee maande (R350 handboeke ingesluit).
* Nuwe gesubsidieerde kursusse vir huishulpe met akkreditasie by Setas, word gratis aangebied op 25, 26 en 27 Februarie (kook-kuns en skoonmaakdienste). Op 19, 20 en 23 Februarie word hantering van wasgoed behandel. Huishulpe moet in diens wees, maar hoef nie skoolopleiding te hê nie.
* Na-uurse kursusse (18:00 tot 21:00) kos R50 per les en sluit in lapverfwerk, rekenaarvaardighede, blommerangskikking, konflikhantering, tuinuitleg, borduurwerk, noodhulp, tafel-en wynetiket, garnering, voorgeboortesorg en babasorg.
'n Plasingburo word nou gestig en teen R100 kan 'n geskikte, opgeleide persoon in diens geneem word.
Vir navrae, skakel 873-5942. |