|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Boland krieketspan hoop om Vrydagaand die Standard Bank eendagreeks op 'n hoë noot af te sluit, deur Vrystaat in hul laaste wedstryd in die Paarl te klop. Die Boland het 'n mismoedige reeks beleef en kon slegs seges oor Noordwes en Grens behaal. Ondanks die 17-lopie nederlaag teen Griekwas in hul voorlaaste wedstryd op Kimberley, was dit die beste wedstryd wat hulle tot dusver gespeel het, sê die span se afrigter, Deon Muller. "Henry Davids wat 'n onoorwonne 122 in 138 balle geslaan het, was veral in goeie vorm. Dit is jammer dat hy nie aan die begin van die seisoen deel van die span kon wees nie, weens 'n oogoperasie," het Muller gesê. Hy was egter positief oor sy span se vooruitsigte in die SuperSport Skild. "Van die vyf provinsies wat in die Skild-kompetisie deelneem, is ons en Oostelikes bo-aan die punteleer, so ek glo ons kan in dié deel van die vierdagreeks suksesvol wees." Môreaand se wedstryd begin om 15:45 op Boland Park. Kaartjies is R10 (graswalle) en R30 (pawiljoen). |
|
|
|
|
DIE WP Vodacom en Boland rugbyspanne speel môre in twee opwarmingswedstryde teen mekaar op Boland Stadion, Wellington. Die Boland C en WP Vodacom B-span meet om 18:00 kragte terwyl die Boland B en WP Vodacom A spanne mekaar om 19:30 pak. Toegang is R5 per persoon. Volgens Piet Bergh, uitvoerende bestuurder van Boland Rugby, kan toeskouers hul draaidromme, gasbraaiers en opvoustoele saambring om so gesellig om die rugbyveld te kuier. Boland C: Jaco Immelman, McNeil Hendricks, Ryno Benjamin, Charlton April, Jeffrey Stevens, Ambrose Barends, Gordon Johnstones, Pieter Nel, Lesley Jackson, Angelo Brinkhuis, Preston Swarts, Charl Herbst, Koos Westraal, Bolla Wium, JP Jordaan. Boland B: Patrick Petersen, Ranfred Dazel, Kobus Meintjies, Godwill Mbabasi, Jonghkhaya Nokwe, Malan du Plessis, Charl Blom, Jaco du Toit, Paul Bester, Denzil Frans, David de Villiers, Michael Noemdoe, Tommy Dixon, Conrad Burke (k), Fabian Brandt. |
|
|
|
|
TWEE gesonde vennootskappe het Saterdag vir Paarl-Oos die basis gelê vir 'n sege oor Coronations op Pniel. Paarl-Oos teken 205/9 in hul 60 beurte aan. Die besoekers is op 'n stadium in die moeilikheid op 57/4 maar 'n 60-lopie vennootskap tussen Bruce Muller (47 4x7) en Dominic Daniels (34 4x4) het sake aansienlik verbeter. 'n Verdere 33-lopie vennootskap tussen Daniels en kaptein Jacky Daniels (52nun 4x5, 6x1) het die totaal verder lyf gegee. Freddie Hendricks (3/30 in 8bb), A Swiegelaar (2/42 in 18bb) en Henry Davids (2/60 in 13bb) was Coronations se beste boulers. Paarl-Oos laat Coronations op 113/9 struikel, maar 'n vasberade vennootskap van 72 om die laaste paaltjie tussen Johan Mans (34nun) en F Hendricks (29) bring die tuisspan se totaal op 185 almal uit. Zynodien Fredericks (5/77 in 20bb, 3 leeg), Graig Abrahams (4/37 in 15bb, 6 leeg) en Justin Watts (1/18 in 8bb, 1 leeg) was Paarl-Oos se top boulers. Op Stellenbosch het die lopies behoorlik gevloei tussen Paarl-Oos II en Van der Stel III. Die tuisspan moker 324/8 in hul toegelate beurte, met C Diedericks (102nun) en A Robyn (126) wat groot beurte speel. Ronwill Simpson (2/55 in 9bb), E Jacobs (2/31 in 8bb) en Garland Goliath (2/34 in 10bb) het paaltjies geneem. Ná 'n onderonsie op die veld, stap een van Paarl-Oos se manne van die veld en moet hulle met nege kolwers oor die weg kom. Die besoekers kry 296/9 na 56bb. Wayne Minnies (64nun 4x7), Jenovin Adams (46 4x6), Sam Titus (46 4x7), Mark Moses (35 4x3) en Wilton van Neel (34 4x4, 6x1) het met breë kolwe gespeel. |
|
|
|
|
DIE plaaslike fietsryers het Saterdag tydens Yorkshire Fietsryklub se baanbyeenkoms gewys dat hulle vinnig besig is om op spoed te kom vir die nasionale baankampioenskappe. Die byeenkoms wat einde Maart op die Bellville-baan gehou word, sal wys of veral die jong Boland jaers met hul teenstanders sal kan afreken. Die grootste verrassing by die byeenkoms was die oorwinning van die Rhadsport-jaer Ashley Daniels in die 500m tydtoets vir o.16's. Réniell Matthysen van Paarl Fietsryklub was vanjaar nog onoorwonne in sy afdeling, maar is net-net geklop in dié tydtoets. Die stryd in dié wedren kan net die twee jaers aanspoor tot beter tye, en wie weet dalk medaljes by die nasionale baankampioenskappe. Die byeenkoms is gekenmerk deur aanvallende fietsry deur al die jaers. In geen wedren moes jaers gewaarsku word oor negatiewe fietsry nie. In al die afdelings was daar geen sekerheid oor watter van die ryers die lyn eerste gaan oorsteek nie. Die senior omnium was baie interessant en die vier wedrenne van die omnium het elk 'n ander wenner opgelewer, wat wys dat sekere jaers besig is om in seker items te spesialiseer. Dit was veral die aanvallende Verdi Pharao wat die kollig gesteel het. Die hoogtepunt was ongetwyfeld die Madison-wedren oor 20km. Dié wedren was nie deel van die omnium-reeks nie en aparte prysgeld was op die spel. Dit was weer eens die jonger jaers wat die meer senior ryers ore aangesit het. Met drie rondes voor die einde van die wedren het Durwin Benjamin 'n aanval geloods en sy spanmaat Bertram Siebritz het die geleentheid gekry om tot die aanval oor te gaan. 'n Perfekte oorgee het gesorg dat dié span 'n halwe ronde op hulle opponente opgebou het, 'n voorsprong wat hulle tot aan die einde van die wedren behou het. Die kombinasie van Byron en Ashley Kulsen was in die naelry net te sterk vir Verdi Pharao en Anton Wynand wat deurgaans hard gewerk het. "Indien die plaaslike jaers voortgaan met hul aanvallende manier in die komende wedrenne, sal hulle nie net meer toeskouers lok nie, maar ook goeie voorbereiding kry vir die nasionale kampioenskappe," het Eddie Kulsen, een van die baanbeamptes, gesê. |
|
|
|
|
PAARL mountain biker Dennis du Toit won the SubVeteran category at the first Tin Mine Mountain bike Challenge that was held at Zevenwacht Wine Estate near Kuilsriver on Sunday. Over 380 riders gathered in the early hours at the start, excited to ride a new route at the start of the season. Riders described the route as very challenging and a true mountain bike course with singletrack, jeeptrack, downhills and tough climbs through the vineyards and past old tin mines. Riders that entered for the short route had to do one lap of the 17,5km loop, while the fitter riders did two laps. With 53 men in his category, Dennis won in a time of 1 hour 55 minutes, while another Paarl rider, Chris Smit, came third in a time of 2:05. Jaco Venter from Somerset West was the overall winner in a time of 1:47. Du Toit was fourth overall. It was a beautiful, hot day that made the waterpoint at the lookout a popular resting spot for refreshments while appreciating the views. New mountain bike riders commented that even though it was hard on the legs - they would be back for more. There is no doubt that this event has the potential of becoming one of the classics on the MTB calendar. Winners received Tin Mine white wine at the prize-giving and one lucky draw winner won a weekend for two at the Zevenwacht Guesthouse. Next events to look forward to on the PPA calendar are the Cape Argus Pick 'n Pay MTB Challenge (March) and Dirtopia MTB Festival (April). For results and pictures visit www.dirtopia.co.za or email theteam @dirtopia.co.za. |
||
|