safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 05 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 12 June 2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Jeug se regte aangetas deur godsdiensbesluit

[ Top ]


SUID-AFRIKA, wat bekend staan vir sy eenheid in verskeidenheid, is besig om die jeug se grondwetlike reg aan te tas deur die verskeidenheid gelowe en godsdienste as 'n eenheid uit die skole se deure te gooi.

Dit is dus ons reg as die jeug om te veg vir wat ons glo is reg.

Daar is twee betekenisse van "godsdiensonderrig", naamlik om leerders te leer van godsdiens(te) of om leerders te leer om godsdienstig of gelowig te wees.

Om te leer van 'n verskeidenheid gelowe en godsdienste dien as 'n belangrike opvoedkundige resultaat wat geïdentifiseer word deur Kurrikulum 2005.

Die onderrig van godsdiens kan ook bydra om 'n geïntegreerde skoolgemeenskap te skep wat eenheid in verskeidenheid bevestig.

Ondanks die idealistiese strewes in die Departement van Onderwys se soveelste nuwe dokument oor godsdiensbeleid vir skole, is daar egter 'n paar fundamentele probleme daarmee.

Die dokument veronderstel dat die uitleef van godsdiens op skool noodwendig diskriminerend sal wees.

In 'n poging om nie teen bepaalde godsdienste te diskrimineer nie, verbied die beleid leerders en onderwysers om gedurende skooltyd hul godsdiens te bely of uit te leef.

Die voorgestelde beleid is ongrondwetlik:

* Die grondwet waarborg die reg van godsdiensbeoefening in staats- en staatsondersteunde instellings mits dit geskied ooreenkomstig die reëls wat deur die toepaslike gesag neergelê word. By staatskole is die toepaslike gesag die Beheerliggaam.

* Die ander voorwaardes is dat dit op 'n billike en gelyke grondslag en vrywillig moet plaasvind.

Die Paarl Junior Stadsraad pleit dat godsdiensonderrig nie afgeskaal word in skole nie. Maak eerder voorsiening dat alle gelowe in skole gelykwaardig is.

Die gevolg hiervan sal 'n multigodsdienstige benadering tot "onderrig oor godsdienste" wees en nie "godsdiensonderrig" nie.

Die opdwing van sogenaamde "neutrale" godsdiensonderrig word deur verskeie instansies op sigself gesien as die opdwing van 'n bepaalde religieuse of lewensbeskoulike benadering wat die individu se reg op vryheid van gewete en godsdiens ingevolge die Grondwet aan- tas.

Ons, die jeug, sien dit eerder as 'n kans wat ons aangryp om kennis te maak en te leer van ons vriende se verskillende gelowe en godsdienste sodat ons die geheelbeeld van die lewe en die wêreld waarin ons leef, kan sien. Sodat ons meer kan leer oor die mense wat daarin woon. Sodat ons blootgestel kan word aan verskillende rassegroepe, gelowe, godsdienste en politieke uitkyke van die lewe.

Sodat ons kan herken wat elkeen van ons verskillend maak. Sodat ons kan aanvaar en waardeer wat elkeen van ons uniek maak.

A Duraan

(Paarl Junior Burgemeester)


Vulstasie se personeel was uiters behulpsaam

[ Top ]


BAIE dankie aan die petroljoggies wat op Sondag 1 Junie aan diens by die Paarl Vallei Motors was. Julle diens was vriendelik en voortref-lik.

Spesiale dank aan Attie die "supervisor", wat my selfs 'n geleentheid aangebied het, tot waar my voertuig gaan staan het sonder petrol. Julle is 'n werklike voorbeeld van goeie diens.

Aan beide vulstasies oorkant die pad kan ek net sê: julle het 'n "supervisor" soos Attie nodig om julle te leer van behulpsaamheid en vriendelikheid.

Eerstens was ek by 'n vulstasie oorkant die pad met 'n bottel om petrol te koop, maar is ongevoelig weggewys, omdat die bottel "sal mors".

Op pad na die volgende vulstasie, net langsaan, is ek al vanaf die pad ge-"aikona" en die dame is by hul wagkamer in.

Is dienslewering dan net geskik vir mense met "grand karre" en "well dressed" mense?

Hou so aan Paarl Vallei Motors. Julle werkgewers kan trots op julle wees.

Tevrede kliënt


Koorkonsert was 'n groot fees vir gehoor

[ Top ]


DIE onlangse uitvoering van die Duitse Mannekoor Boland in die Paarl het die erns en toewyding waarmee die mannekoor hul sang bejeën, beklemtoon.

Daarvan het die smaakvolle vertolkings en afgerondheid van die werke getuig. 'n Wye verskeidenheid van liedere in verskillende tale en style is aangebied.

Die koor was gasheer vir die mannekore van Worcester en Stellenbosch asook die Paarl Kamerkoor in die saal van die Strooidakkerk.

'n Mens kon net die hoed lig vir soveel entoesiasme aan die dag gelê  deur die dirigente, begeleiers en koorlede self.

'n Baie spesiale pluimpie aan die solis van die Stellenbosse mannekoor, asook aan die Paarl Kamerkoor wat ook uitstekende sang gelewer het.

Dit is net 'n jammerte dat geeneen van die dirigente, begeleiers of die solis se name op die program verskyn het nie!

Die Deutscher Mannerchor is reeds in 1960 in die Paarl gestig, met die alombekende oom Allie du Toit as eerste dirigent.

Van die stigterslede is dit nog net Hans Losch en Willie Hacker wat oor is. Die koor met sy agtien lede tree gemiddeld ses keer per jaar by verskillende geleenthede op.

Hulle ontvang en huisves ook mannekore uit die buiteland, van die ou Suidwes en so ver as Duitsland. Hulle is ook lid van die Deutscher Sangerbund, met 1,5 miljoen lede in Duitsland.

Marisa Vosloo


Shocking service at this Paarl eatery

[ Top ]


I REGULARLY visit a drive-thru eatery in Paarl, almost every weekend, like many I'm sure. On almost every visit I seem to have the same experience - and that is either very slow or bad service.

On a Friday night or Saturday lunchtime the drive-through is usually backed up all the way to the entrance of the mainroad. Once you get into the drive-through, you are lucky if someone is actually there to take your order.

Then, once you have paid, you arrive at the third window, to hopefully collect your food. They hand you your drinks and if you are lucky, they hand you the food as well.

If you are not so lucky, you end up waiting another three minutes for your food or you are told to park around the corner, where you could end up waiting for fifteen minutes!

Maybe you skipped the drive-through and went straight into the restaurant.

The place is relatively clean, but could be improved. Then you probably fall in line with a queue of about ten people. This is because only one till is open out of six! The cashiers/waitresses are less then friendly and seem to think that it is more important to talk to each other (in language not very suitable) than to assist you, the customer.

I will continue to support this place, if the manager sees to it that these problems are sorted out as soon as possible.

In overseas branches if you have to wait longer than thirty seconds for your food, the meal is free of charge.

I think that this method should be applied here too - after all, the speedy service is what has made this franchise famous.

Better service wanted


Redaksioneel:

Met 'n knippie sout

[ Top ]


'n MAN stap 'n motorverkooplokaal binne. Hy het 'n wit jas aan en 'n stetoskoop om die nek - die logiese afleiding is dat die man tog 'n mediese dokter is.

Sonder om te wonder hoeveel dokters nou regtig 'n motor gaan koop met 'n stetoskoop om die nek, word die voertuig aan die man oorhandig.

En toe verdwyn hy daarmee.

'n Mens sou graag wou glo dat in hierdie moderne tegnologiese eeu, met al die gesofistikeerde inligting tot ons beskikking, mense twee keer sal dink voordat hulle enigiets op sigwaarde glo.

Tog is dit 'n feit dat baie mense groot word met stereotipes en op suggestie reageer. Dit wat hulle sien of hoor word as die waarheid aanvaar.

Dink maar aan die stereotipes wat ons ken: 'n man met 'n pak klere en 'n Bybel onder die arm is waarskynlik 'n predikant (en 'n eerlike man), 'n man met 'n pak en aktetas is 'n prokureur of sakeman (en 'n geleerde man).

Dan is daar die man wat in 'n oorpak by die voordeur klop en ons maak die deur summier oop, want dit is mos 'n bode.

Stories van mense wat hul rieme al deeglik styf geloop het deur hul liggelowigheid, is legio. Nogtans kom daar daagliks meer slagoffers by.

Mense moet onthou swendelaars en ander misdadigers wat op mense se goedertrou teer, is vol selfvertroue en glad met die tong.

 Ongelukkig kan inligting nie meer op sigwaarde aanvaar word nie - tot 'dokters' in wit jasse moet met 'n knippie sout geneem word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za