|
|
 |
Nuus - News |
 |
 |
 |
|
Ma skenk groot |
|
Leon Steenkamp |
|
|
|
 |
IN 'n onselfsugtige gebaar om die atletiek-drome van haar dogter te verwesenlik, het 'n Paarlse vrou ingestem om 'n deel van haar dyspier te skenk vir 'n rekonstruktiewe operasie.
Marna van der Burgh het sonder om twee keer te dink ingestem om 'n deel van haar linkerdyspier te laat uitsny sodat dit gebruik kan word om die kruisligamente van haar dogter, Marné, se knie te heg.
Marné het sowat drie weke gelede die kruisligamente geskeur tydens 'n |
 |
 |
|
BO: MOEDERLIEFDE. Marna van der Burgh (links) en haar dogter Marné herstel na hul operasies. Foto: Leon Steenkamp |
|
 |
 |
|
netbalwedstryd.
"Ek het opgespring om die bal te vang. Ek het afgekyk om seker te maak dat |
|
 |
 |
|
ek nie in die doelsirkel trap nie. Toe ek land, sien ek hoe bly my voet stilstaan en hoe skuif my knie uit," vertel Marné.
"'n Vriendin het dieselfde besering opgedoen en dit vir my beskryf. Toe dit gebeur, het ek geweet wat is fout. Die pyn was verskriklik en ek kon nie op my been staan nie."
Op daardie stadium was die pyn al waaraan die 18-jarige matrikulant van La Rochelle kon dink.
"Op pad na die hospitaal het ek eers aan my atletiek gedink en besef dat ek nie nou goeie nuus gaan kry nie.
"Ek het van teleurstelling in trane uitgebars en gehuil tot ek in die aand aan die slaap geraak het," vertel Marné.
Marné, 'n baie belowende hekkies- en hoogspringatleet, het die afgelope seisoen 'n string rekords gebreek.
Sy was eerste in die hoogspring tydens die SA Skolekampioenskappe, waar sy ook silwer verower het in die 100mH, brons in 100m en goud as deel van die 4x100m aflosspan van Boland.
"Ek moes in Augustus as deel van die Nasionale Skolespan aan die Afrika Juniorkampioenskappe in Germiston deelneem, maar dit gaan nou nie gebeur nie," sê sy met 'n bitter glimlag.
Marné se ouers het drie ortopede geraadpleeg. Uiteindelik was dit die bekende "knieë-man", Spike Erasmus van Stellenbosch, wat Marné onder hande geneem het.
"Ons het besluit op 'n operasie wat die minste snywerk aan haar bene sou benodig en wat die beste resultate sou oplewer," sê haar ma.
"Vir die operasie moes daar 'n deel van Marné se dyspier uitgesny word. Sy sou 10% minder krag in haar spier gehad het ná die operasie.
"Ons wou nie hê sy moes met 'n verswakte knie én dyspier die res van haar atletiekloopbaan voortsit nie en het gevra of daar 'n ander uitweg was," vertel ma Marna, wat self op haar dag 'n Springbok-hekkiesatleet was.
Dit is toe dat haar ma aanbied om 'n deel van haar dyspier te skenk. Hoewel dit die eerste keer sou wees dat lewendige spierweefsel gebruik word, het dr Erasmus gesê dat dit wel gedoen kon word.
Ma en dogter is verlede Donderdag geopereer. 'n Deel spierweefsel van sowat 20cm is vanuit Marna se dyspier verwyder en in 'n teater langsaan gebruik om Marné se knieligament weer te heg.
Terug by die huis loop Marna effe hinkepink maar is andersins in aksie. Haar dogter het steeds baie pyn, kan nog nie haar been reguit maak nie en sal vir die volgende agt weke met krukke oor die weg moet kom.
Die Junie-eksamens het gister begin en Marné hoop om vandag haar eerste Afrikaanse vraestel by die huis te skryf.
Die pynpille wat sy drink maak haar egter baie lomerig en gevolglik sukkel dit maar om te leer.
Haar dankbaarheid teenoor haar ma was egter duidelik nadat sy, nog bedwelmd van die narkose, uit die teater gestoot is.
"Ek was eerste uit die teater, en toe Marné uitkom het ek so agter die gordyn 'n gebrom gehoor: Mamma, ek is baie lief vir Mamma."
Marné skerts: "Ek het nog nie die spier gebruik nie, maar ek hoop dit is so goed soos my eie."
"Ja, en as daar oor 'n paar jaar groot prestasies is, dan gaan ek 'claim'," terg haar ma terug.
* A Paarl woman has donated tissue from her thigh muscle to her daughter. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Rates to rise by 8,5% |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
CONSUMERS in Drakenstein will see an average 8,5% increase in their municipal accounts as from the first of July, as compared to last year's 11%.
The Operational Expenditure Budget increases from R435 million to R495 million (13,7%).
Arthob Petersen, chairperson of the finance committee, said in his budget speech that the increase for the following two years is forecast at only 8,7%.
"I concede that the 13,7% increase exceeds the current inflation le-vel. Very strict fiscal discipline will however ensure that firm control is kept on expenditure."
Water rates increase by 10%, compared to 14% in 2002, electricity by 8% (6,5%), sanitation by 10% (12,5%), waste by 10% (12,5%) and property rates by 9,5% (13,09%) with residential property taxed at 0,0106 cents in the rand.
In areas where tariff increases are being phased in, such as Wellington and Saron, the percentages will be higher.
"Property valuation in the rural areas has also been included. These properties will be taxed at 0,00350 cents in the Rand.
"In an attempt to alleviate the plight of the poorest of the poor who bear the brunt of unemployment, malnutrition and abject poverty, all property valued up to R50 000 will be exempt from property tax as from the start of the 2003/04 financial year.
The Capital Budget will be financed from asset financing funds which have been increased by 5% to R36,75 million and ad hoc projects will be financed from grants which amount to R29 million.
The capital projects are all linked to the IDP strategic objectives as put forward by the communities.
The six main IDP categories with the funds allocated to them in the capital budget are:
Economic development (R1,3 million), Environment (R0,5 million), Social Development & Community Services (R7,7 million), Community Safety (R1,4m), Engineering infrastructure (R20m), Institutional development (R5,9m). |
 |
|
|
|
 |
 |
 |
|
Municipal debt 'great challenge'? |
|
Susan Botha |
|
|
|
 |
|
|
|
 |
THE municipal budget is a significant instrument to move the frontiers of poverty and provide a better life for people, said Councillor Arthob Petersen, chairperson of Drakenstein Council's financial committee, in his budget speech last week.
According to Petersen, one of the greatest challenges facing the Drakenstein Municipality is the outstanding debt.
"Mindful of the alarming rate of non-payment, measures to assist those in dire need, have been implemented.
"Considerable progress has been made over the last few months to recover accounts which were in arrears for some time.
"Council, however, has to embark on a comprehensive awareness campaign to establish a healthy culture of payment for services.
"A lack to effectively manage the habit of non-payment could have a disastrous impact on our financial resources and on our ability to deliver the necessary services."
Petersen said an increase in the budget from R10 million to R16 million for doubtful debts, is a direct result of non-payment.
"In view of the current precarious financial position, it is foreseen that the economic situation may deteriorate in the budget year."
According to him, a new pre-payment system for electricity had to be implemented. This is partly for the need of electricity, but also to help with debt collection, as consumers pay off their debt via their electricity payments.
"Various creative options are being considered to encourage consumers and also remind them of outstanding accounts and disconnection of electricity."
Petersen appealed to all councillors, officials and the broader community to assist in promoting the culture of payment for the good of the municipality and society at large.
He also expressed the hope that the new Executive Mayoral System, with devolution of greater executive powers to the Municipality, would expedite service delivery.
The equitable share grants from National Government increases from R7,6 million to R11,3 million, and as a result the qualifying income limit for an indigent grant has been increased from R800 per month to R1300 per month.
"It needs to be stated clearly however, that in order to qualify for the indigent grant on a sustained basis, households will have to ensure that the rest of their monthly payments, which include water, sewerage and waste removal, will have to be kept up to date."
Free electricity will be increased by an additional five units to 25 units per household while free water is limited to the first 6 kl. Properties valued under R50 000 will be exempted from property tax (see table on p 16).
* Areas that will receive the undivided attention of Council in the 2003/04 financial year are the completion of the placement of personnel and the Municipal Management Bill.
* From 1 July all the water and sewerage which is currently managed by the BDM will be transferred to the Drakenstein Municipality. The water projects are Hermon, Bainskloof, Pearl Valley, Ben Bernhard and Simondium. |
 |
|
 |
 |
 |
|
Begrawe die gerugte |
|
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
|
|
|
 |
GERUGTE oor beweerde diamantsmokkelary waarby die bekende Paarlse lykbesorger Aubrey Solomon betrokke sou wees, loop soos spoke in die dorp en elders rond.
Solomon, wat die naweek ná 'n drie-weke vakansie met sy vrou na hul tuiste in Hermitagestraat teruggekeer het, was eers stomgeslaan toe sy kantoor en ontstelde gesin hom oor verdere gerugte ingelig het.
Dinsdag het die Paarl Post hom genader om sy kant van die saak te stel. Solomon het toe reeds 'n verklaring vir die briewekolom gereed gehad nadat hy regsadvies ingewin het.
In die tyd dat Solomon sou "verdwyn" het, na bewering omdat hy "in polisieselle aangehou" is nadat hy "met diamante gevang" is, het hy en sy vrou saam met 'n egpaar van Johannesburg in Mauritius vakansie gehou.
Hulle is saamgenooi om die 76ste verjaardag van sy ou vriend, die Johannesburgse lykbesorger Freddie Govender, te vier.
Foto's op die tropiese eiland, asook stempels in hul paspoorte, wys waar Aubrey en Charlene Solomon tussen 7 en 17 Mei was.
"Of die praatjies kwaadstekery is weet ek nie. Dalk is dit 'n ander Aubrey Solomon waarvan gepraat word.
"Ek, soos die meeste mense, sal nie die verskil tussen ongeslypte diamante en glasstukke ken nie.
"Hoe dit ook al sy, die sluise is behoorlik oopgetrek, en oral het die stories haakplekke gekry om aan vas te klou."
Navraag by die polisie het geen aanduiding kon gee dat die Paarlse begrafnisondernemer Aubrey Solomon binne die landsgrense in hegtenis geneem en van diamantsmokkelary aangekla is nie.
"Hierdie aantygings maak seer," het Solomon gesê.
"Die familie was so geskok en teleurgesteld. Om nie te praat van die skade wat hierdie wilde praatjies aan die besigheid kan doen nie."
In 'n persverklaring sê Solomon: "Ek is bewus van praatjies wat die afgelope paar weke die rondte doen waarby ene Aubrey Solomon(s) met diamantsmokkelary verbind word.
"Na my terugkeer van verlof, moes ek verneem dat verskeie persone my kantoor geskakel het om vas te stel of ek die persoon is waarna verwys word.
"Gevolglik wil ek dit onomwonde en kategories aan ons gemeenskap stel dat ek, Aubrey Richard Solomon, wie as Aubrey Solomon Funerals handel dryf, nie die persoon is wat by die beweerde misdryf betrokke is of na wie verwys word nie."
Hy bedank diegene wat agter hom staan.
Hy is self al jare in diens van die gemeenskap, sê hy, eers as uie- en tamatiesmous, toe met perdekar in die transportbesigheid, daarna as taxi-eienaar en die afgelope 20 jaar as begrafnisondernemer.
* A Paarl undertaker has denied rumours that he is involved in illicit diamond dealings. |
 |
|
|
|
 |
 |
 |
|
Treindrywer dalk hof toe |
|
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE drywer van die Muldersvlei ramptrein en verteenwoordigers van Metrorail sal eersdaags in die Paarl landdroshof moet verskyn.
Die bevinding van die kommissie van ondersoek na die oorsaak van die ramp, dat masjinis Mervyn Matthee 'n fout begaan het, kan lei tot eise van miljoene rande teen Metrorail.
Die polisie se ondersoekspan word intussen deur Metrorail "aan 'n lyntjie" gehou.
"Herhaalde versoeke word geïgnoreer," het kommunikasiebeampte kapt Johnny May, gesê.
"Ons wag steeds op volledige skriftelike verslae rakende die sinjale, sogenaamde 'black box' en die kommissie van ondersoek se bevindinge na die ongeluk.
"Indien hulle nie daarmee vorendag kom nie, kan Metrorail op aanbeveling van die staatsaanklaer tot 'n ope hof gedagvaar word."
Terselfdertyd oefen die treindrywer op bevel van sy regsverteenwoordiger, sy swygreg uit en gaan hy nie 'n verklaring voor die polisie aflê nie.
Matthee sal nou ook voor die hof gedaag word waar mediese verslae voorgelê sal word en hy sy weergawe van die gebeure op 7 Januarie sal moet gee.
Daarna kan hy onder kruisondervraging geneem word.
Indien nalatigheid deur die hof bevind word, kan die betrokke party aan strafbare manslag skuldig bevind word.
Die dag in 2002, met die tyding dat sy vrou Esta kanker het en drie maande gehad het om te leef, het treindrywer Mervyn Matthee (56) in die dokter se spreekkamer sy bewussyn verloor.
Vier maande ná haar dood het hy weer flou geword, en hy glo dat dit voor die Muldersvlei-ongeluk weer kon gebeur het.
Matthee vertel dat hy kort voor die botsing gedink het aan sy vrou, hoe 'n ander masjinis en sy assistent by Darling in 'n treinbotsing gesterf het en hoe traumaties dit moes wees vir dié mans se vroue.
Dié herinneringe kon hom sy bewussyn laat verloor het.
By die geregtelike nadoodse ondersoek kan getuienis gelei word dat Matthee se lynhoof aanbeveel het dat hy weens sy emosionele toestand oor sy vrou se dood, nie geskik was vir treindiens nie.
Dié aanbeveling is na bewering deur Metrorail verontagsaam.
Die uitslae van die volledige mediese ondersoeke ná die dood van sy vrou en weer ná die noodlottige ongeluk by Muldersvlei, sal ook in die kriminele hof openbaar word.
"Treinry is my lewe," het Matthee hierdie week weer in Wellington gesê.
Hy het van die tien mense wat in die treinramp omgekom het en die 102 wat beseer is, 24 jaar lank vervoer en verskeie geken.
Hy wil graag alles vertel wat op 7 Januarie gebeur het, sê hy, maar sy regsverteenwoordiger, Koos Louw, en sy vakbond, het hom verbied om sy saak voor die kommissie of in die openbaar te stel.
* The Wellington train driver who was involved in the fatal train crash in January will have to appear in court soon. |
 |
|
 |
 |
|
'Dokter' is bitter duur |
|
|
 |
|
 |
 |
|
SAKEMANNE in die Paarl het hulle lelik vasgeloop in die slenters van 'n "geneesheer" met 'n voorliefde vir Duitse motors en skaapvleis.
Op 5 Mei het die man wat hom voordoen as ene "dr Midgley", kompleet met wit oorjas en stetoskoop om die nek, 'n wit Golf by Courtrai Auto vir 'n toetsrit geneem.
Die verkoopsman, Gert Dempers, moes by die Paarl Hospitaal uitklim en "'n bietjie wag" sodat die voornemende koper die superintendent kon roep vir 'n tweede opinie oor die motor.
Dempers het later kriewelrig geraak en gaan ondersoek instel.
Hy was stomgeslaan toe niemand van dié "dokter" kennis dra nie, en nog meer geskok toe hy besef die motor is skoonveld.
Later is daar vasgestel dat die "dokter" by 'n motorhawe in Maitland die Golf vol brandstof gemaak het. Hy het ook nuwe bande bestel, en sou die brandstof en bande tegelykertyd betaal.
Hy het nooit opgedaag om die bande af te haal of die brandstof te betaal nie.
'n Week later het die motorhawe in Suider-Paarl 'n oproep van die polisie uit Bellville gekry.
Die Golf is by Auto Executive in Parow ingeruil vir 'n wit BMW, waarmee die "dokter" toe verdwyn het.
Op 22 Mei het ene "dr Ismael" skaapvleis bestel by 'n slaghuis in Paarl-Oos.
Hy het gesê dat hy eintlik by Tygerberg Hospitaal praktiseer, maar dat hy 'n vleisbraai by die Paarl Hospitaal kindersaal gereël het.
Die vleis is afgelewer by die hospitaal en "dr Ismael", weer met wit jas en stetoskoop om die nek, het in sy wit CY BMW vertrek om 'n tjek te laat wissel om vir die vleis te betaal.
Die werknemer het vir twee uur tevergeefs by die hospitaal gewag vir sy betaling voordat hy besef het "dr Ismael" én die R1300 se vleis het verdwyn.
Op 29 Mei het ene "dr Adams" by Paarlvallei Motors in splinternuwe ingevoerde kombi's belang gestel.
Hy het blykbaar 'n sleutel in sy sak gesteek terwyl die verkoopsman die voertuie aan hom gewys het, want die volgende oggend om halfsewe het hy die petroljoggies oortuig dat hy 'n VW T4 Caravelle Synchro waarvan die sleutel vir hom gelaat sou wees, vir 'n toetsrit kon neem.
Hy het ewe 'n briefie vir die bestuurder van die motorhawe agtergelaat, waarop "please call me", en 'n vals selfoonnommer was.
Die wit Kombi was weg tot Sondagaand, toe dit deur die polisie by Swellendam voorgekeer is. Die Paarlse nommerplate was steeds op die kombi.
Die "dokter", toe van Groote Schuur Hospitaal, was uiters verontwaardig om voorgekeer te word. Saam met hom in die motor was sy vriendin van 'n maand, haar ouers en familielede van Piketberg.
Hulle was verbaas om te hoor die man wat hulle as dr Abdur Williams leer ken het, is nie wie hy voorgee nie.
Maar nog meer verbaas was die polisiebeamptes, wat skielik besef het die man wat agter die kombi se stuur was, het soos 'n groot speld uit die aanklagtekantoor verdwyn.
Die "dokter" word beskryf as 'n aantreklike 32-jarige man. Hy is netjies geklee, dra soms 'n vierkantige bril en "praat soos 'n dokter", het die polisie gesê.
Skakel insp Auckland Losper of Jo-Anne Mentoor (807-4000) met inligting.
* A man pretending to be a doctor has stolen three vehicles. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Dwelms in woonwa ontdek |
|
|
 |
POLISIEMANNE het verlede week op Mandrax van meer as R13 000 beslag gelê in 'n agterplaas in Paarl-Oos.
Die optrede deur lede van die polisie se Openbare Orde Eenheid was deel van die volgehoue aanslag teen smokkelaars van onwettige vuurwapens, drank en dwelms.
Die polisiemanne het 'n woonwa agter 'n woonhuis te Lantanastraat 75 deursoek en afgekom op 336 Mandrax tablette, 400gr dagga en R3460 kontant.
Die eienaar van die woonwa was nie tuis nie.
Die saak is aan speurders van die Georganiseerde Misdaadeenheid oorhandig.
Roger Seconds is in hegtenis geneem. Borg van R800 is Maandag in die Paarl landdroshof aan hom toegestaan tot 'n verdere verskyning op 15 Junie.
* A large amount of Mandrax, dagga as well as R3460 in cash was confiscated in a caravan behind a house in Paarl East. |
 |
 |
|
Watertekort bly voorland |
|
|
 |
|
 |
 |
|
FRANSCHHOEKERS sal nog geruime tyd te kampe hê met 'n somerwatertekort, veral inwoners van die suidelike deel van die dorp.
Dit het die Franschhoekse Belastingbetalersvereniging onlangs vasgestel nadat met Stellenbosse amptenare beraadslaag is oor probleme van inwoners.
"Franschhoek is een van die natste dorpe in die land, maar elke somer het ons 'n watertekort," sê die voorsitter, George Sycamore, "en dit gaan erger word soos die dorp uitbrei.
"Groendal kry sy water van die Wemmershoekdam se pyplyn, hoekom kan die hele dorp nie Wemmershoekwater kry nie?"
Volgens die Munisipaliteit kan water uit die Wemmershoek-pypleiding slegs verskaf word indien 'n opgaardam vir Franschhoek-Suid gebou word. Daar is nog nie daarvoor begroot nie.
Wat voortdurende kragonderbrekings betref is daar egter hoop op verbetering - die nuwe 66/11kV substasie is tans in aanbou en behoort teen Desember voltooi te wees.
Nog 'n behoefte van die dorp is 'n eie brandweerstasie en ambulansdiens, sodat noodgevalle gouer aangespreek kan word.
Die Stellenbosse Munisipaliteit onderhandel tans met die provinsiale administrasie oor die verskaffing van 'n ambulansstasie, maar Boland Distrik het nie begroot vir 'n brandweerstasie nie.
Dié behoeftes sal op die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan geplaas moet word, net soos die DBV se versoek vir grond vir hondehokke.
Ook die probleem met verkeersbeheer sal nie gou aangespreek kan word nie, ten spyte van ernstige parkeerprobleme en 'n toename in swaar voertuie en oortredings in Hugenoteweg, omdat daar nie tans fondse is om bykomende verkeersmanne aan te stel nie.
Daar is ook geen onmiddellike planne om 'n alternatiewe roete vir swaar voertuie te bou nie.
Klagtes oor grondpaaie wat geteer moet word, sal voor die einde van die jaar aangespreek word, afhangend van die begroting.
Konsultante is aangestel om die ontwikkeling van Erf 412, waarvandaan plakkers tans geskuif word na die nuwe laekoste-woongebied, te ondersoek met die oog op die vestiging van 'n moontlike sake- of industriële gebied.
Wat die voorgestelde L'Aubade Kosmetiese Chirurgie-kliniek betref is daar nog geen uitsluitsel nie. Daar is min publieke steun daarvoor, en die provinsie sal die laaste sê hê oor of die ontwikkeling moet plaasvind of nie, het die amptenare gesê. |
 |
|
 |
 |
 |
|
Hulle hou plase veilig |
|
Leigh Reitz |
|
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
MISDADIGERS gaan binnekort nie meer 'n kat se kans hê om misdade op Wellingtonse plase te pleeg nie, met die Landelike Beveiligingsprojek wat onlangs hier geloods is.
Dit is die eerste van sy soort in die Wes-Kaap.
En die manne op motorfietse wat dié werk gaan verrig, is meer as gereed om die omliggende plase misdaadvry te maak en ook boere van raad te voorsien om beveiliging meer effektief te maak.
Insp Pietie Novella, een van die beamptes wat betrokke is by die projek, vertel dat dit 'n nasionale prioriteit is om die landelike gemeenskap en kleinhoewes te beveilig.
"Ons het vier ongebruikte motorfietse van ander polisiestasies gekry, asook radio's en valhelms. Ons is nou drie beamptes wat betrokke is by die projek.
"Aan die begin gaan dit basies net 'n bekendstellingsfase wees, waar ons die gemeenskap meer gaan inlig oor ons doen en late en 'n databasis van plase in die omgewing opbou.
"Dit gebeur dikwels dat daar meer as een plaas of onderverdeelde plase is met dieselfde naam en ons wil misverstande in verband hiermee uitstryk," het hy gesê.
Hulle gaan die eienaars van die sowat 200 Wellingtonse plase bystaan met raad oor beveiliging maar dit beteken nie dat hulle die Plaaswagte se werk gaan oorneem nie.
"Wat ons basies gaan doen, is om 'n plaaskaart op te stel. Ons wil byvoorbeeld weet wie die eienaar of bestuurder van die plaas is, in- en uitgangsroetes aanteken, voertuigregistrasies bekom en probleemareas identifiseer."
'n Vergadering word op 17 Junie vanaf 10:00 tot 12:00 in die Flappie Lochner saal by Bolandstadion gehou, waarheen alle rolspelers in die landelike gemeenskap uitgenooi word.
Vir nader besonderhede kan insp Novella by 072-571-0718 of supt Nelson Govender by 873-2913 gekontak word.
* The Regional Safety project has been launched in Wellington, where safety on farms will be priority number one. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Diewe op heterdaad betrap |
|
|
 |
|
 |
 |
|
NADAT daar al vantevore elf keer by die mobiele winkel op sy plaas ingebreek was, het Pierre Malan van Oakdene behoorlik met sy hande in die hare gesit.
Die afgelope naweek het die jong mannetjies wat so gereeld lag-lag met sy winkel se voorraad wegloop, hulle lelik vasgeloop toe die Wellingtonse Polisie hulle op heterdaad betrap en een jeugdige in hegtenis geneem het.
Dit was ongeveer 03:00 Dinsdagoggend toe die manne op nagskof 'n anonieme oproep ontvang het van moeilikheid op Oakdene.
Inspekteurs Mario Thyse, Corrie Cornelius en konstabels Elna Laubscher, Lindiwe Yawa en sersant Gerhard Sampson het nie op hulle laat wag nie en hulle gehaas na die toneel.
Met die eerste geluid van loeiende sirenes, het die drie verdagtes koers gekies en probeer weghardloop.
Nie dat dit die vasberade polisiemanne van stryk gebring het nie.
Oor ogiesdraad en nat gras het hulle die mannetjies agterna gesit en uiteindelik een platgetrek.
Die jeugdiges het glo met 'n taxi vanaf Franschhoek aangekom en hul geluk in Wellington beproef.
Nog twee inbrekers het ook hul rieme styfgeloop met dieselfde polisiebeamptes, toe hulle Maandagaand by die Bolandstadion ingebreek het.
Met arms vol duur Wêreldbeker sweetpakke en eksklusiewe skeidsregterstruie het hulle laat spaander, maar is twee blokke verder platgetrek en in hegtenis geneem.
Oor die naweek is 70 persone in Wellington in hegtenis geneem, vir misdrywe soos die besit van Mandrax tablette en dagga, aanrandings en roof.
Baie verdagtes in huisbrake is ook gearresteer. |
 |
|
 |
 |
|
Seun vermis |
|
|
 |
'n VYFTIENJARIGE seun van Wellington, Jonathan Skippers, word reeds sedert 20 Mei vermis.
Jonathan se moeder, Dorie Williams, is erg getraumatiseer deur die voorval en ontvang doktersbehandeling.
Volgens haar is Jonathan die oggend van 20 Mei per trein Klapmuts toe om dokumente by familie te gaan haal.
Die familie het hom gesien, maar hy het nooit weer by sy huis, Wittebergstraat 28 op Wellington, uitgekom nie.
Jonathan is 'n leerder aan Charleston Hill Primêr en volgens sy ma nie 'n kind wat van die huis wegbly nie.
Jonathan is sowat 1,65m lank en skraal gebou. Hy het vermoedelik 'n vaalgrys trui, kakiebroek en blou tekkies gedra by tye van sy verdwyning.
Enige inligting kan aan insp Stephen Moore by 873-2913 verskaf word. |
 |
 |
|
Eiendomsbelasting te hoog, sê DA |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE Demokratiese Alliansie, in die persoon van raadslid Deetlefs du Toit, het breedvoerig beswaar aangeteken teen die munisipale tariefverhogings.
Die eerste beswaar gaan oor die verhoging van 9,5% in eiendomsbelasting in die lig van die hoë eiendomsbelasting gehef in die 2002/03 boekjaar.
Raadslid du Toit sê in die vooraf-vergaderings van die finansiële komitee is daar geruime tyd tot groot mate saamgestem dat daar gepoog moet word om die belastingverhoging tot sowat 5% te beperk.
"Verder is daar ook saamgestem dat die maandelikse toelae aan werklik behoeftige persone of huishoudings opgeskuif word en dat dié toelae op huishoudings (pleks van rekeninghouers) van toepassing moet wees.
Belasting
"Dis verkeerd om eienaars van vaste eiendom ter waarde van R50 000 en minder van eiendomsbelasting vry te stel. 'n Hoër toelae aan alle behoeftiges wat daarvoor kwalifiseer is wensliker, in plaas van slegs sekere eiendomsbesitters tegemoet te kom."
Die DA se tweede beswaar gaan oor die skenking van R164 089 aan die Paarl HOP Forum.
Du Toit wou weet hoekom net die Paarl HOP-kantoor die toekenning gekry het.
"Daar is ook ander bekwame organisasies wat mag belangstel om die take wat na bewering deur die HOP kantoor verrig word, op 'n kwotasie- of tenderbasis te lewer.
Du Toit het ook kapsie gemaak teen die instel van belasting op landelike eiendom sonder behoorlike onderhandelinge met die eienaars van dié eiendomme en sonder om soortgelyke belastingtariewe van naburige munisipaliteite in ag te neem.
Kopseer
Nog 'n kopseer is die begrote R4,2 miljoen wat in die kapitale begroting opsy gesit is sonder om dit aan spesifieke goedgekeurde projekte te koppel.
"Die DA versoek dat 'n spesiale raadsvergadering voor einde Junie/Julie belê word om hierdie bedrag aan te wend ooreenkomstig die GOP riglyne."
Die DA is ook ontevrede oor die instel van 'n diskresionêre fonds vir die onderburgemeester van R40 000 terwyl daar ook begroot is vir R78 750 vir die burgemeester.
"Hierdie fondse word begroot bo en behalwe die onthaaluitgawes van R20 000 en R30 000 wat begroot is vir die onderburgemeester en burgemeester onderskeidelik."
Die DA het ook beswaar gemaak teen enige besluite wat die Munisipaliteit se invordering van skuld en agterstallige skuld nadelig kan beïnvloed, oorverhaling van oorhoofse kostes wat ongeldig mag wees en lukrake prioritisering van kapitale uitgawes wat die Munisipaliteit skade mag berokken, hetsy deur regsaksies of andersins.
ACDP
"Ek is seker dat ons as raad onsself verbind tot die opheffing van die gemeenskap," het Ester Kearns van die ACDP gesê.
"Die eerste twee verantwoordelikhede van ons raad is om ons gemeenskap veilig en gesond te hou, om geskikte behuising te verskaf en om 'n positiewe klimaat vir werkverskaffing te skep.
"Die ACDP kan nie saamstem met prioriteite waarvolgens geld goedgekeur is vir Sosiale Ontwikkeling en Gemeenskapsdienste nie.
"Heelwat meer geld gaan op sport, ontspanning en parke bestee word as op behuising, gesondheid en onderwys. Dit is nie deurdag nie, veral gesien teen die agtergrond van die Vigs-pandemie en TB in die Wes-Kaap.
"Miskien is dit die rede dat meer mense in parke slaap. Dit lyk of speel en ontspan belangriker is as die gesondheid en skuiling van ons gemeenskap."
Raadslid Kearns het haar kommer uitgespreek oor die klein bedrag wat vir misdaadvoorkoming begroot is, maar terselfdertyd haar dank uitgespreek oor die R5 miljoen wat vir sosiale opheffing geoormerk is.
"Ons ondersteun die meeste van die ander toekennings, maar uit 'n Christelike perspektief, en ook weens die tydsbeperkings met betrekking tot die GOP hersieningsproses, kan die ACDP nie die begroting ondersteun nie." |
|