safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 05 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 12 June 2003 at 17:00

People - Mense


Willie Koorts is slaggereed

Malané Bosman

[ Top ]


wwillieWILLIE Koorts is slaggereed. Op 8 Junie volgende jaar sal hy deur sy teleskoop op Wellington sien hoe Venus tussen die son en die aarde inskuif.

En nie sommer op enige plek op Wellington nie. Willie sal sit waar hy glo 'n Amerikaanse wetenskaplike in 1882 sou gesit het en dieselfde rare verskynsel waargeneem het.

Koorts is 'n tegnikus by die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium in Kaapstad. Ses jaar lank .

BUITENGEWOON. Willie Koorts, Wellington se kenner van die buitenste ruim, kan nie wag vir Junie 2004 nie.

het hy al die besoek van die Amerikaanse wetenskaplike ekspedisie meer as 'n eeu gelede nagevors.

Niemand wat vandag lewe het nog dié verskynsel kon sien nie, dié klein swart kolletjie wat stadig voor die son verby beweeg.

Volgens Koorts was sulke oorgange histories belangrik omdat hulle sterrekundiges in staat gestel het om sonder vandag se instrumente die afstand van die aarde na die son en die grootte van die buitenste ruim te bereken.

Die Amerikaner, prof Simon Newcomb, het spesiaal na Suid-Afrika gereis en sy instrumente opgestel by die destydse Huguenot Seminary for Girls op Wellington.

Die Seminarie het toe 'n kursus in sterrekunde vir die dames aangebied en 'n klein observatorium is in die kollegetuine opgerig in afwagting op die oorgang van Venus.

Die Amerikaners het hul instrumente geanker op twee massiewe ysterpilare en 'n sementbasis. Dit was naby die observatorium met sy Fitz teleskoop.

Ten spyte van atmosferiese probleme wat 'n tydsverskil van 'n minuut tot gevolg gehad het, het Newcomb die afstand op 149,59 miljoen kilometer bereken, met 'n foutspeling van 310 000km.

Vandag se aanvaarde syfer is 149 597 870,691 km, met 'n foutspeling van slegs 30m.

Uit die Amerikaner se geskrifte het Koorts gesien dat die ekspedisie die ysterpilare in die kollegetuin gelaat het.

"Of hulle sal staande bly tot die volgende oorgang in 2004, weet ek nie," het Newcomb destyds geskryf, "maar ek hoop dat die verskynsel van dieselfde stasie aanskou sal word, en dat die pilare weer gebruik sal kan word."

Vandag het die pilare egter lank reeds verdwyn.

Koorts het begin sif deur munisipale planne, argieffoto's en geskrifte. Daarna het hy met 'n metaalverklikker gesoek op die terrein, wat vandag deel is van die Wellington Kampus van die Kaapse Technikon.

Koorts het vasgestel dat een van die pilare waarskynlik langs 'n huidige tennisbaan is en die ander pilaar onder 'n sementpaadjie.

Op 8 Junie volgende jaar sal Koorts langs die einste tennisbaan wees om te sien hoe Venus tussen die son en die aarde inskuif.

Hy sou bitter graag ook die ou ses-duim Fitz teleskoop wou opspoor. Dit het 'n houtbuis van sowat twee meter lank, met brons onderdele.

Indien dit nog bestaan, sal dit een van sowat 40 in die wêreld wees.

"Wie dit ook al het, kan gerus die teleskoop bring en saam met my langs die tennisbaan kom sit," sê Koorts.

Hy is vir alles gereed. Sou Wellington se gebruiklike Junie-reëntjie daardie aand uitsak, sal Koorts steeds sit waar die Amerikaner gesit het, al is dit onder 'n sambreel en nie agter 'n teleskoop nie


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za