|
EK reageer op die brief van "Bekommerde Dorpenaar" wat vra dat die Paarlse dorpsplase bewaar moet word.
Ek wens ons as boere, plus ons afhanklikes (dit wil sê ons plaasarbeiders), kan al die "kultuurhistoriese geskiedenis" en "verantwoordelikheid vir bewering en karakter" wat deesdae aan ons opgedis word, eet en drink.
Is daar al ooit 'n vergelyk getref tussen die gelde wat toeriste vir die munisipale koffers verdien, teenoor wat plaaseienaars moet inboet.
"Charity begins at home"- dus moet daar eers na die landbou-eienaars gekyk word en na hulle behoeftes omgesien word vóór toeriste en dorpenaars.
Geskiedkundig was plase eerste hier, toe het die dorpenaars, en die dorp ontwikkel weens die plase, maar nou is die dorpsplase nie meer lewensvatbaar nie weens omstandighede buite die beheer van die eienaars.
Die land voer tans luisterryk, die tienjarige bestaan van menseregte. Wat dan van die boere se menseregte? Wat sou u doen as die owerheid vir u sê u mag nie u eiendom verkoop waar u tans woon nie, al is dit onvoldoende of val uitmekaar?
Die "ooreenkoms", wat in 1970 met die munisipaliteit aangegaan is, is jare lank nie meer in werking, wat betref die landbougrond nie.
Dit is nou 2004, 'n nuwe eeu met nuwe behoeftes en vele nuwe wette waarmee ons ons moet vereenselwig.
Die plaaseienaars wil nie verander nie, maar hulle móét. Alle boere gaan nie tegelyk ontwikkel nie, net waar dit funksioneel is.
Tydbom |