safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 5 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 12 August  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Die polisie gee nie om vir hulle lede

[ Top ]


EK verwys na die voorval van die "liefdesdriehoek"-moord die naweek van 24 Julie. Ek is ook die vrou van 'n polisiebeampte. Ek kry die familielede van al die families baie jammer, maar blameer die SAPD vir die voorval wat gebeur het.

Ek was al self al meer as een keer amper ook 'n slagoffer, maar gelukkig het ons as man en vrou baie ondersteuning van albei ons families gekry.

As vrou sê ek dat geen SAPD lid sy dienspistool moet huis toe vat nie. By die huis dink hulle al die dinge uit en beplan sulke voorvalle.

Ek voel ook dat elke SAPD lid op 'n gereelde basis moet berading ontvang.

Indien daar persoonlike probleme is, kan berading help en indien hulle nie hulle dienspistole huis toe kan neem nie, sal sulke voorvalle minder of glad nie gebeur nie.

Ek sal so 'n veldtog ondersteun indien iemand so iets sal stig as vrou of man van 'n SAPD lid.

Die offisiere in die SAPD, veral Paarl, 'worry' nie oor die lede nie. My man was al meer as een keer af vir stres vir 'n aantal maande en geen offisier het al ooit  met my as vrou of met hom  kontak gemaak nie.

Dit wys net dat niemand omgee nie. Hoeveel van hierdie tipe voorvalle moet nog gebeur voordat die SAPD iets omtrent die voorvalle gaan doen?

Ek hoop dat die mense wat dalk die voorval kan keer en al die hartseer, sal dink en iets omtrent die SAPD lede doen om hulle meer van hulp te wees.

En stop die reël van dienspistole huis toe neem. Almal kan nie stres op dieselfde manier hanteer nie - dink aan al die hartseer wat gespaar kan bly! Ek weet waarvan ek praat

SAPD lid se vrou


'n Mens kan nie geskiedenis eet nie

[ Top ]


EK reageer op die brief van "Bekommerde Dorpenaar" wat vra dat die Paarlse dorpsplase bewaar moet word.

Ek wens ons as boere, plus ons afhanklikes (dit wil sê ons plaasarbeiders), kan al die "kultuurhistoriese geskiedenis" en "verantwoordelikheid vir bewering en karakter" wat deesdae aan ons opgedis word, eet en drink.

Is daar al ooit 'n vergelyk getref tussen die gelde wat toeriste vir die munisipale koffers verdien, teenoor wat plaaseienaars moet inboet.

"Charity begins at home"- dus moet daar eers na die landbou-eienaars gekyk word en na hulle behoeftes omgesien word vóór toeriste en dorpenaars.

Geskiedkundig was plase eerste hier, toe het die dorpenaars, en die dorp ontwikkel weens die plase, maar nou is die dorpsplase nie meer lewensvatbaar nie weens omstandighede buite die beheer van die eienaars.

Die land voer tans luisterryk, die tienjarige bestaan van menseregte. Wat dan van die boere se menseregte? Wat sou u doen as die owerheid vir u sê u mag nie u eiendom verkoop waar u tans woon nie, al is dit onvoldoende of val uitmekaar?

Die "ooreenkoms", wat in 1970 met die munisipaliteit aangegaan is, is jare lank nie meer in werking,  wat betref die landbougrond nie.

Dit is nou 2004, 'n nuwe eeu met nuwe behoeftes en vele nuwe wette waarmee ons ons moet vereenselwig.

Die plaaseienaars wil nie verander nie, maar hulle móét. Alle boere gaan nie tegelyk ontwikkel nie, net waar dit funksioneel is.

Tydbom


Historic gateway demolished

[ Top ]


THE Drakenstein Heritage Foundation is concerned about the blatant disregard that some of our tourist-based business has for the protection and preservation of the architectural heritage and beauty of Paarl.

This is the very asset that brings the visitors to this fine town, which has been preserved by the sacrifices made by others.

The latest "tooth to be pulled" is the fine gateposts at the La Concordia barn. This barn formed part of the architect de Witt's design and remodelling and united these two barns and house at 42 Main Street Paarl.

Apart from anything else the demolition of parts of the National Estate (any building older than 60 years of age) without a permit is a criminal offence.

What is particularly upsetting is the attitude of the owner and his disregard for the law. This despite being offered financial assistance.  

Len Raymond

Gerard Frater replies: The entrance at Eccentric Trading was closed upon instruction from the Western Cape District Roads Engineer to cut down in the number of entrances into Main Street. I had to decide between demolishing the wide existing entrance to allow for two-way traffic, or remove the historic but narrow gateposts in front of the barn. Since one of the posts was at the point of collapse due to the encroachment by an oak tree, we decided to demolish the latter.


Dankie aan personeel

[ Top ]


HIERMEE wil ons graag 'n spesiale woord van dank en waardering uitspreek teenoor die puik optrede van die personeel van Paarl Medi-City Hospitaal, in besonder die personeel wat aan diens was op Vrydagaand 30 Julie by die noodeenheid en "ICU".

Hulle het ons bygestaan deur 'n ongelooflike moeilike krisis tydperk toe daar geveg is om ons seun Jaques se lewe te red na 'n oordosis pille.

Dankie vir al die bemoedigende woorde en die talle koppies tee wat agter ons aangedra is, dit word opreg waardeer.

Dankie ook aan almal wat vir Jaques gebid het, hy het volkome herstel en is tans in 'n kliniek waar hy verder aansterk.

Francois en Bonny van der Merwe


Ken jy jou kind?

Editorial

[ Top ]


WEET jy waar jou kind gisteraand was? Ken jy jou kind se vriende? Nog meer belangrik: weet jy wat jou kind met sy of haar sakgeld doen?

Dit klink miskien soos 'n argaïese vorm van kinderopvoeding, maar hierdie is vrae wat besorgde ouers hulself moet afvra - nie om polisieman te speel oor jou kind nie, maar eerder om te verseker dat jou kind gesonde steunstelsels in plek het.

Dwelmhandelaars is besig om 'n ystergreep op die Vallei te kry en geen ouer of kind kan té versigtig wees nie.

Ouers behoort hulle te vergewis van die feite: watter soort dwelms te koop is, wat dit kos en wat die tekens van gebruik is.

Net so moet tieners ook op die uitkyk wees vir moontlike dwelmhandelaars wat hul vriendekringe probeer insypel.

Jeugdiges moet ook bewus wees van die dwelms wat beskikbaar is en veral ook wat die gevolge van gebruik is.

Daar is nie 'n goue middeweg nie. Dwelms is nie iets wat gebruik en gelos kan word na hartelus nie.

Verslawing is 'n slaggat van dwelmgebruik en dit is nie 'n toestand wat geredelik oorkom kan word nie.

Wat as 'n "onskuldige" eksperiment begin, kan eindig in 'n afdraande pad na ellende en hartseer vir die gebruiker, sy familie en vriendekring.

Dwelmhandelaars kan net bestaan as daar gebruikers is. Dit is in ons hande om die Vallei dwelmvry te kry en te hou.



[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]

[ Top ]