|
|
 |
 |
|
Lifestyle - Leefstyl |
 |
Value-added bloodline |
|
|
 |
SO valuable are the Alpacas bred near Klapmuts by Gavin Lindhorst, that he has called in the help of the Western Province Blood Transfusion Service for the harvesting of blood.
Alpacas are cousins of the Llama, and are imported into South Africa for the quality of their fine wool. The animals cost between R30 000 and R50 000 each.
Their gestation time is similar to that of a horse (11,6 months) which is very long, considering their small size.
Says Dr Lindhorst, "We need blood plasma to store for young struggling cria (lambs) that are born underweight and compromised.
"They are born without immunity, so this plasma can be a livesaver.
"The Blood Transfusion Service donated their time and expertise to our young industry, for which we are very thankful." |
|
|
 |
 |
|
There is a breeding herd of about 450 animals in the country, while another 100 are due to arrive in the Cape from Chile soon. |
 |
Trekperd-erfenis herleef in Paarl |
|
|
 |
|
 |
SEWE jaar nadat die laaste skou in die Paarl gehou is, gaan trekperde van formaat binnekort weer 'n skoubaan op dié dorp binnestorm. Dit sal tydens die De Poort Erfenisdagfees in Suider-Paarl op 24 September wees.
Trekperdrasse soos Hackneys, SA Vlaamse perde, Friesperde en Percherons, wat oor baie dekades 'n instelling op plase in en om die Paarl en op die plaaslike skou was, gaan weer op dié dag te sien wees.
Wat die Hackneys en SA Vlaamperde betref, sal verskeie nasionale kampioene deelneem, waaronder die Hackneyhings Du-Mat-Sou Cheetah van Adam Brenner van Schaapkraal op die Kaapse Vlakte.
Die perd is reeds vir langer as 'n dekade die Suid-Afrikaanse kampioenhings vir dié ras.
Ongeveer tagtig van die land se top-trekperde sal aan aanskoulike items in die enkel- en dubbeltuig en tandem deelneem, terwyl selfs 'n span van agt SA Vlaamse perde en muile voor 'n wa ingeskryf is.
Hoewel die tradisionele muil- en perdespanne in die vorige eeu 'n groot aantrekkingskrag op Bolandse skoue was, het dit nou byna uitgesterf. Daar is ongeveer net vyf perde- en een muilspan in die land oor.
Om gestalte aan die doelstellings van die De Poort Erfenisdagprojek in Suider-Paarl te help gee, sal van die deelnemers poog om, waar moontlik, hul perde voor outydse rytuie te vertoon.
Die dag se verrigtinge word die aand met 'n dinee afgesluit wat ter ere van die land se trekperdpioniers aangebied word. Dit sal deur trekperdentoesiaste vanoor die hele land bygewoon word.
Nader besonderhede oor die Erfenisdagfees kan verkry word van Luzelle Möller by 863-5009. |
 |
|
 |
Helpende hand |
|
|
 |
DIE Kommissie vir Barmhartigheid van die Calvynse Kerk in die Paarl het Sondag donasies oorhandig aan vier liefdadigheidsorganisasies.
Die eerste ontvanger was Radio KC, namens Mauricia Brink, die nierpasiëntjie wat dringende mediese hulp nodig het.
Bowy Huis, wat MIV/Vigs babas en kleuters versorg, het ook 'n donasie ontvang, asook Valley Chefs, wat sorg dat duisende kinders en bejaardes gereeld 'n warm maaltyd ontvang.
Die ander ontvanger was Paarl Kinder- en Gesinsorg, en die donasie is spesifiek geoormerk vir die Magnolia nasorgsentrum. |
 |
Women and 10 years of democary |
|
|
 |
|
 |
TO celebrate National Women's Day the Cape Women of the World (Cape WOW) Festival will be held until Monday 9 August.
As the fifth Cape WOW, the National Lottery-sponsored event will again boast an endless array of events by phenomenal women.
Festival-goers can look forward to veritable powerhouse of star-studded women making a difference both at the workplace and within their communities.
It kicks off with Mini Festivals and a gala concert titled 'To Sisters with Love' at the Artscape Theatre. Events will reach a head on Festival Day, Saturday 7 August, at Artscape and the Civic Centre.
The festival day will feature cooking demonstrations, authors' talks, as well as activities centred around an NGO pavilion, food court and craft market.
Not to mention the esoteric art, massages and make-overs to be had at the intriguingly titled Pamper Pavilion.
Workshops and a Women's Conference will stimulate the grey matter, plus arts devotees will also be adequately catered for: participants can look forward to a Youth Festival, Women in the Arts Festival (featuring professional and amateur drama, dance and visual arts exhibitions), plus a Kids Festival (featuring circus acts, face painting, obstacle courses, and gumboot dancing).
Partner events include the Wheat Trust Awards, Totalsports Ladies Run, and the V&A Waterfront's Women's Day celebrations.
For further information, visit www.capewow.co.za. |
 |
|
 |
Vrouedagstories op Wellington |
|
|
 |
DIE Vriende van Wellington Museum bied op Maandag 9 Augustus 'n program genaamd Vrouedagstories aan om 19:00 in die Wellington Museum.
Eugenie Wiggins, Jeanetta Ingwersen en Cornelia du Preez tree op en die musiek word verskaf deur Eddie Gertse. Die produksie word saamgestel deur Winnie Rust.
Die toegang van R15 sluit ligte verversings in ná die vertoning.
Kontak Ansie van Vuuren by 873-4710 of 084-335-3701 vir kaartjies. |
 |
Vonkelontbyt op Vrouedag |
|
|
 |
DIE Koinonia Gemeenskapsentrum in Lady Greystraat, Paarl, bied 'n sjampanje-ontbyt aan op Vrouedag, Maandag 9 Augustus, van 09:00 tot 12:00.
Die oggend beloof om gepak te wees met geskenkies, motiverende praatjies, 'n modeparade en 'n uitstalling van oondbakke, juweliersware, skoonheidsprodukte en vele meer.
Kaartjies is beskikbaar by Koinonia teen R50. Vir navrae kontak Bernadette by 072-905-0354. |
 |
Beauty pageant |
|
|
 |
THE closing date for the Mr & Miss Paarl 2004 competition has been extended until 15 August.
The competition will take place on Saturday 11 September at 19:00 at the Paarl Ontspanningsklub in Du Toit Street.
There are four categories: Mr & Miss Petit (7-9 yr), Mr & Miss Pre-teen (10-13 yr), Mr & Miss Teen (14-16 yr) and Mr & Miss Paarl (17-22 yr).
Entry forms are available from the venue or local schools. The entrance fee is R50. Entrants must include two photos, one full length and one face.
Semi finals are on 14 August.
Tickets for 11 September are R75 for the gala-dinner or R20 for spectators.
Contact Wilna Stander at 073-199-3969, 872-8448 (w) or 872-2719 (h). |
|
|
|
|
|
|