safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 5 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 12 August  2004 at 17:30

Aida

People - Mense


Lang asem vir geveg

Malané Bosman

[ Top ]


'n INBREKER sal lank sy keuse van prooi berou, nadat hy Saterdag op Wellington in die greep van 'n konstabel met 'n swartgordel in karate beland het.

Student-konstabel Charlton Ross (19) was die oggend om 09:00 alleen in sy ouerhuis toe hy sy slaapkamerruit hoor kraak het.

"Ek het uitgeloer, en 'n vreemde man in die tuin agter bossies sien hurk," sê hy.

"Ek was nog in my nagklere, en ek het geweet as ek uitstorm dan hardloop die man pad-af, en ek moet so onaangetrek agterna.

wrossFC

OPSKOP. Insp Christo Ross sal moet mooi staan as sy seun Charlton hom vir 'n inbreker aansien.

"Ek het geweet hy gaan in die kamer inklouter, die ruit was mos al gebreek. Toe wag ek hom in die gang in."'n Bang haar het konstabel Ross nie op sy kop nie.

Daarvoor het hy darem al as klein seuntjie saam met sy pa, polisie-inspekteur Christo Ross, karate geoefen en stories van booswigte en arrestasies gehoor.

"Ek het die man in die gang beetgekry en toe spring hy dwarsdeur die venster," sê Charlton, met 'n Tweede Dan in karate.

Hy het sy pa geskakel en saam het die twee polisieman-inbreker gesoek.

Toe hulle hom opspoor was hy op pad na die polisiestasie vir hulp met die beserings wat hy in die ontsnapping opgedoen het.

Vandag is konst Ross hard aan die oefen in die familie se gesondheidsentrum op Wellington. Hy moet fiks bly - 'n mens weet nooit wanneer hy die lang asem viR die gereg sal nodig kry nie.

* A burglar regrets the day he broke into the home of a Wellington policeman who has a black belt in karate.


Musiek help rugbyspeler

[ Top ]


HAAR seun is steeds in 'n koma, maar Neil Scheepers se moeder glo hy wil daar uitkom.

Neil het verlede week op die rugbyveld 'n hartstilstand beleef terwyl hy vir sy o.15B rugbyspan van die Hoër Jongenskool geoefen het.

Drie dokters en paramedici het verbete geveg om die seun aan die lewe te hou.

Hy is aan 'n asemhalingsmasjien gekoppel en was vier dae in die Paarl Medi-Clinic waakeenheid voordat hy self kon asemhaal en na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas is.

"Sondagaand was daar 'n deurbraak," vertel sy ma, Denise.

"My selfoon het gelui met die luitoon wat Neil nog self vir my daarop gesit het, Silver Lining van Anke. Na die derde lui het Neil sy oë oopgemaak, sy kop gedraai en met sy hande beweeg."

Neil is baie lief vir musiek, neem sanglesse, speel die elektriese kitaar, en het al in die KWV Talentkompetisie gesing.

Sy pa, ook Neil, het 'n kasset in die motor gaan haal met sy seun se eie opnames, en nou speel dié musiek in die hospitaalkamer.

'n Groep sangers in die hospitaal het ook langs sy bed vir hom gesing en gebid.

"Hy het met 'n flikkering van sy oë en met handbewegings gereageer," sê Denise.

Neil ly sedert geboorte aan Long QT-sindroom (versteurde hartritme) soos ook sy pa, boetie Evan (12) en sussie Simone (7).

Die Scheeperse het dit besef toe Neil as vyf-jarige flou geval het. Ná EKG-toetse is hy op medikasie geplaas, soos ook sy boetie en later sy sussie.

Hy laat hom egter nie daardeur van stryk bring nie, en het 'n swart gordel in karate en is 'n kranige BMX-ryer.

"Hy het eers vanjaar begin rugby speel en dit was sy droom om nou Interskole te speel," het Denise van haar o.15 slot gesê.

"Dit was nie die oefening wat die hartstilstand aangebring het nie, dit was 'n sameloop van omstandighede."

Maandagaand het Neil se toestand weer versleg nadat infeksie ingetree het. Hy is in 'n koma, kry buisvoeding en is terug op die lewensgewende asemhalingstoestel.

Sy koors is wisselvallig, sy bloeddruk laag en die ouers is gemaan oor die realiteite van breinskade.

"In my hart is ek oortuig dat Neil wil uitkom uit die koma.

"Die Here het sedert Maandagnag oorgeneem. Ons sal aanhou bid en glo en vertrou. Dit vertroos ons dat Neil 'n kind van die Here is.

Die kasset wat Neil tuis van tien eie opnames gemaak het, is nou op CD gesit, en Bram Potgieter verfyn die klank sodat die musiek-CD verkoop kan word.

So sal ons ook kan bydra tot die trustfonds wat deur Boishaai vir Neil gestig is, sê sy moeder.

Die bankrekeningnommervan die HJS 2000 Trustfonds is 62033588164 by ENB (takkode 200110).

* A Paarl boy is "in the hands of the Lord" after suffering a heart seizure on the rugby field.


Droom bied hoop vir werkloses

[ Top ]


DIS 'n gesellige groepie van by die 70 vroue - en een man - wat op 'n reënerige wintersoggend op Wellington trots hul rangskikkingsvaardighede ten toon stel.     

Hulle het pas die fynere detail van hoe om met blomme te werk, aangeleer by Rozelle Drude, as deel van die opleidingskursus wat hulle by Wamakersvallei Opleidingsentrum volg.

Die groep het verlede Maandag met kursusse in tuisversorging, kleutersorg en babasorg begin, wat hulle vir die volgende twee maande sal besig hou.

Die Sentrum, wat reeds byna 900 studente deur sy deure gehad het, bied vier sulke kursusse per jaar aan.

Dis 'n diverse groep bymekaar van alle ouderdomme wat vir die huidige rondte ingeskryf is.

Alhoewel die meeste studente van Bolandse dorpe kom, is daar selfs 'n sestigjarige vrou uit die Oos-Kaap wat besluit het dis nooit te laat om haar ideaal om 'n versorger te word, te bereik nie.

In die verlede was daar al ook studente van so ver as Pietersburg en Sterkstroom.

"Ons wil mense leer droom, want sonder 'n droom kan jy niks word nie," vertel Irené de Waal, projekleier van Wamakersvallei, wat ses jaar gelede die nood raakgesien het om werklose mense met kwaliteitvaardighede toe te rus.

Die minimum kwalifikasie vir inskrywing is dat die studente moet kan lees en skryf.

Vir hul inskrywingsgeld van R350 word alle leermateriaal vir die studente afgerol, komplimente van die Kaapse Technikon, en kry hulle spesialisonderrig in onder meer spyseniering, verpleging en kindersorg.

Voordat hulle spesialiseer in hul voorkeurrigtings, volg die groep vir die eerste twee weke dieselfde kursusse in onder meer selfkennis en huisbestuur.

Dit sluit onder meer aspekte soos geestelike versorging deur die Lemmer-egpaar van Wellington in, asook kookkuns, bediening, aankope, die hantering van wasgoed en basiese noodhulp.

Nelson's Creek bied ook vir hulle 'n lesing in wynetiket aan.

"Ons studente word geleer hoe om hulself ten beste voor te hou, want hulle is hul eie beste advertensies," verduidelik Irené. "Die belangrikste is dat hulle selfvertroue moet hê en van hulself moet hou.

"Hierna word oorgegaan na drie weke se spesialisonderrig in hul voorkeurvelde, asook twee weke praktiese werk by tehuise vir bejaardes, kleuterskole of versorgingsoorde.

"Ons kry van ons oud-studente in om self opleiding te kom gee in die hantering van onder meer pasiënte met Alzheimers, want hulle kan prakties vertel hoe die werk is.

"Veral die kursus vir tuisversorgers, wat klem lê op die hantering en stimulering van bejaarde en siek pasiënte, is baie gewild.

"Ons studente is hoogs in aanvraag," vertel Irené trots. "Om so 'n versorger te hê, maak dit vir baie mense moontlik om met gemoedsrus in hul eie huis te kan aanbly op hul ou dag, pleks van 'n ouetehuis wat onbekostigbaar geraak het en wat deesdae slegs plek maak vir verswakte bejaardes."

Irené vertel dat nadat 'n Paarlse dominee onlangs vanaf die kansel vertel het watter waardevolle werk van haar oudstudente gelewer het om terminaal siek pasiënt te versorg, haar telefoon nie ophou lui het nie soos mense navraag gedoen het oor tuisteversorgers nie.

"Ons kan nooit waarborg dat alle studente werk sal kry as hulle klaar gestudeer is nie, maar ons probeer ons bes."

Carla Fourie, die sentrum se administratiewe beampte, bedryf tans die plasingsdiens, en spandeer baie tyd op die telefoon om mense in kontak met mekaar te bring.

'n Groot lekkerte is om die wel en wee van oud-studente te volg, en te hoor hoe hulle uitstyg.

"Hier kom baie mense met af vlerke hier aan, maar dit is absoluut die moeite werd om te sien hoe hulle in selfvertroue groei," verduidelik Irené.

Van haar studente werk in die Chris Barnard Gedenkhospitaal, terwyl 'n ander danksy haar ondervinding in huishou by 'n Italiaanse familie geland het wat haar gereeld saamneem op oorsese reise.

"Toe ons ses jaar gelede om my eetkamertafel gesit het onder leiding van prof Grant Schutte om 'n besigheidsplan op te trek, het ons gesê 'n gebrek aan geld gaan ons nie keer nie," onthou Irené. "Alles wat ons doen, hardloop op geloof.

"Die Sentrum het oor die jare staat gemaak op donasies van die publiek en gemeentes wat studente borg, asook die ruim ondersteuning van vrywilligers wat hul hulp gratis aanbied om te help met opleiding.

'n Onlangse skenking deur Lotto het dit ook moontlik gemaak om vir die eerste keer 'n administratiewe persoon aan te stel, reis- en administrasiekostes te dek en toerusting aan te koop.

Die wyse waarop die destydse rektorspaar van die Boland Kollege, Johan en Marietjie Slabbert, die projek ondersteun het, het dit kans gegee om op sy voete te kom.

Die kollege het onder meer klaskamers gratis beskikbaar gestel, in ruil waarvoor die sentrum gesorg het vir skoonmaakdienste.

Herman Bailey, burgemeester van Drakenstein, is tans die beskermheer van die sentrum, wat verlede jaar na die Breytenbach Sentrum in die middedorp van Wellington geskuif het.

Nabygeleë geriewe wat deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is, word hierdie week in gebruik geneem en die parkeergeriewe kry Saterdag 'n gedaanteverwisseling wanneer "Ounooi se Jaart" geopen word.

Dan sal studente van die sentrum sal kans kry om hul entrepeneursvaardighede te oefen deur soetighede en iets te drinke beskikbaar te stel aan lede van die publiek wat op pad winkels toe hul bene wil rus. Die Sentrum bied ook aandklasse in onder meer spyseniering, nutswerk, noodhulp en bejaardesorg aan. Veral die babasorg-kursus is gewild vir jongmense wat ondervinding wil opdoen voordat hulle oorsee au pair-werk gaan doen. Vir meer inligting, kontak die Sentrum by 873-5942.

* A Wellington training centre has brought hope to the umemployed.


Cooking up a storm

Malané Bosman

[ Top ]


A "life-time" ago two handsome young chefs - one Swiss and the other Greek - cooked up a storm in the President Hotel in Johannesburg.

But thirty years ago they went their separate ways with their wives, and were not to see or hear from each other again - until last month, when they met by chance in Paarl.

Eric Gasser was the head chef and Johnny Voulgarellis his pastry chef.

Last week Gasser went for lunch at Voulgarellis's Greek restaurant on Main Street. He did not recognise the patron, but was astounded to see the old menu that was displayed on a table.

His wife, Petra, had pointed out the Grilled Kingklip for R2,20 and the R1,50 desert flambeau.

But all Gasser noticed was the Crepes Sylvia, named after his daughter, on the menu he had designed for a visit by Ari Onassis and his Jackie way back in 1971 in the hotel's Gold Room.

The two men got talking, and five hours (and much liquid refreshment) later, they realised they knew each other.

Not that they even remotely resembled the thin, long-haired young men who had cooked in the President.

In those days, Roger Moore dined at their table, and so did Elizabeth Taylor, Richard Burton, Robert Mitchum and the then president Banda of Malawi.

They remembered having  600 people for dinner and how the fridge malfunctioned and the litres and litres of ice-cream in the Baked Alaska melting.

The former colleagues parted five hours after the Gassers sat down for lunch last week.

"The lamb was very good," Gasser smiled. "I didn't have any dessert - I'm not one for pastries."

Since the reunion the two chefs have made sure that they catch up on the years.

And they have not lost their touch for fine cuisine - producing mouth-watering risotto and picata milanese at Gasser's Amberg Restaurant, paired with Voulgarellis's tiramisu for dessert - just for fun.

FW de Klerk is a regular guest, and enjoys the Swiss Geschnetzeltes with Rosti or Spatzle while his Greek wife regularly dines at Johnny's Velanidia.

The now mature chefs are planning Swiss and Greek lunches and evenings at their respective restaurants in Paarl.

Who knows, they might even invite Charlize Theron and her boyfriend Stuart Townsend, should they pass this way.


Na VSA

[ Top ]


'n WELLINGTONNER, Danville Fourie, het die naweek na Virginia in die VSA vertrek as kulturele ambassadeur.

Fourie is deel van 'n groep uitruilonderwysers. Hy gaan as mediaspesialis by die Fredericksburg High School in Fredericksburg, sowat 80km van Washington, werk.

Fourie was die afgelope ses jaar senior bibliotekaris in Mitchell's Plain. Voor dit was hy by Cloetesville.

Hy kombineer nou sy liefde vir kinders, die onderwys, biblioteke en reis.

Sy vrou, Francis, ook 'n bibliotekaris, en kinders sal hul later by hom aansluit.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]

[ Top ]