safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 5 December 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 12 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Gort gaar toe valk vir papegaai takel

Malané Bosman

[ Top ]


wroux5BESOEKERS is baie welkom aan't huis van Chris Roux van Wellington. Maar daar is perke aan sy gasvryheid.

Toe 'n sperwervalk nou die oggend in die sitkamer besoek aflê, en boonop vir Roberto die hans-papegaai wil ontvoer, was die gort gaar.

BEKKIE-BEKKIE SE GAAI. Roberto die hanspapegaai sit hier knus op die skouer van Chris Roux (junior) van Wellington, maar daardie kyk in die kwaai kraalogie sê net een ding: "Hoekom het jy so lank gedraai toe ek jou nodig gehad het?" Foto: Malané Bosman

Chris was Saterdagoggend nog in die bed toe hy die lawaai uit die sitkamer gehoor het.

"Ek ken al die papegaai se stemtoon, en ek het geweet hier's nou moeilikheid," sê Chris.

En sowaar, daar lê Roberto onderstebo tussen sy kou en die glas-skuifdeur, sy kloue verstrengel in dié van 'n honger valk.

Roberto woon wel vry op en om sy kou, en sperwers jag hul prooi tussen bosse en bome en selfs in agterplase, maar nooit het Chris kon dink die sperwer sou dit tot in die sitkamer waag nie.

Met een hand agter die valk se nek en die ander om sy Roberto se lyf, het Chris gewoel en getrek totdat die twee uiteindelik los was.

Roberto is gelawe en die sperwer moes in 'n kou in die motorhuis wag terwyl daar oor sy lot besluit is. Chris het intussen 'n lekker stuk koedoerugstring in die kou gelos.

Die valk se trauma ten spyt, toe Chris weer kyk, was die stuk vleis opgevreet. Hy wou nog dink die valk kan seker maar langer by hulle kuier, toe maak vrou Lana al kapsie.

En dis toe dat Wellington se bekende voëldokter, Edmund Oettlé, moet hand bysit.

Toe die veearts die Wamakersvallei wynkarton (Chris is dié kelder se bestuurder) oopmaak, het hy nie lank moes soek om sy diagnose te maak nie.

Die valk is 'n wyfie, het hy gesê. Totaal uitgehonger. Sy kan nie behoorlik jag nie, want sy is blind in die een oog. Dis hoekom sy sagte teikens aanval - soos Roberto in die Roux's se sitkamer.

Sy sal nooit in die veld oorleef nie, het Oettlé gesê, en so is Chris toe met haar na Spier Landgoed waar sy nou doodgelukkig woon, deel van 'n rehabilitasie- en teelprogram.

En by die huis in Wellington skril Roberto die lui van die telefoon, blaf hy soos die gesin se hond, en lag hy tog te lekker in Lana se stem.

* A hungry falcon made the mistake of attacking a parrot inside a Wellington home.


Dollars is duur

Malané Bosman

[ Top ]


GELDSWENDELAARS is besig om die Paarliete en Wellingtonners links en regs te bedrieg en rot en kaal te besteel.

Nigeriërs met 'n oorlamse storie dat hulle 6 000 dollars het, maar nie daarmee 'n motor kan aanskaf nie, het verlede week 'n sakeman in Wellington uit byna R30 000 bedrieg.

Die mans het met 'n dik pak dollarnote by Ralph Lima se viswinkel in Hoofstraat opgedaag en gevra of hulle nie die buitelandse geld vir R32 000 kan ruil nie.

Lima het 'n swaer, Johnny Gomes van Noorder-Paarl Kafee, gevra of hy nie belang stel nie.

Die Nigeriërs het toe met hulle Amerikaanse geld by Lima opgedaag en die rande is sorgvuldig op die toonbank getel terwyl die reeds getelde pakkie dollars eenkant gelê het.

Kort voordat alles getel is, het een van die Nigeriërs beweer daar is fout met die tellery. Hy het sy dollars terug in sy sak gesteek sodat die rande weer oorgetel kon word.

Toe R32 000 na sy sin uitgetel is, het hy weer sy dollars te voorskyn uitgehaal en is hy en sy makker daar weg in 'n ou model Toyota motor.

Eers toe Gomes die dollars by 'n plaaslike bank wou inruil, het hy tot sy skok besef dat net die boonste noot 100 dollars was. Die res van die pakkie was eendollar-note.

Gomes het dadelik die selfoonnommer geskakel wat die Nigeriërs agtergelaat het, en met die beweerde motorkoper gepraat.

"Julle is in Suid-Afrika om geld te maak, en ons ook," het die man gelag. "Nou gaan ons baie lekker partytjie hou met julle geld."

Speur-inspekteurs Nico de Villiers en Abel Ntlati van Wellington het dadelik die spoor van die Nigeriërs gevat, maar daar is nou van hulle geen teken nie.

* A businessman was conned out of R30 000.


Tragedy strikes at river

[ Top ]


TRAGEDY struck during a Baptism ceremony in the Berg River on Sunday when a church minister disappeared under the water. His body was later recovered.

Patrick Xegwana (43) of Kayamandi, a Stellenbosch town councillor since 1995, took part in the ceremony at the Long Street bridge in Paarl North.

According to witnesses Xegwana was conducting the ceremony with members of the St John's Apostolic Faith Mission Church of Mbekweni.

Other candidates to be baptised watched in horror when Xegwana disappeared under the water at 07:30, the current swirling over his head.

According to police divers who recovered the body under the water, the sandy bottom of the river falls away suddenly and a wader is then held under water by the notorious whirlpool near the bridge.

The mayor of Stellenbosch, Willie Ortell, described the deceased councillor as "hardworking, mild mannered and a person who worked for the development of his community".

This was not the first such tragedy. In 1995 two members of a congregation died while being baptised in the Berg River at Mbekweni.

In another drowning in the Valley, 10-year-old Nosisi Ngxambane of the Mooiwater development at Franschhoek, died in a dam on the property on Tuesday afternoon.

Nosisi was cooling off with two friends when she disappeared under the water. One of the other girls tried in vain to rescue Nosisi. Police divers recovered the body shortly after arriving on the scene.


Talle sterf in 'n gru-ongeluk

[ Top ]


'n PAARTJIE van Malmesbury wat uit die Paarl na hul tuisdorp onderweg was, en 'n vrou van die plaas Jakkalsfontein op die R45, was van die gelukkiges wat verlede Donderdagnag 'n gru-ongeluk op dié pad oorleef het.

Agtien mense van die Oos-Kaap wat in die Kaap vakansie kom hou het, het omgekom in dié ongeluk wat deur mediese personeel as die ergste in jare beskryf was. Die meeste was kinders.

Met slegs vier plekke in die Paarl polisielykhuis (daar was reeds vyf ander oorledenes) moes die ongelukslagoffers met behulp van begrafnisondernemers Aubrey Solomons, Goodall & Williams en Galico geberg word.

Die pasiënte wat in die Paarl en Tygerberg Hospitale gesterf het, moes eers net daar gehou word.

Twee dokters het Maandag met behulp van die lykhuispersoneel, sersante Jannie Damonse en Paul Abrahams en 'n kollega van Malmesbury, sersant Jan-Andries Conradie, die na-doodse ondersoeke behartig.

Die bestuurder van die 22-sitplek minibus, Ayanda Tulumani, het om midderdag beheer oor die voertuig verloor nadat hy vir 'n steenbok in die pad uitgeswaai het.

Die voertuig het gerol. Die kinders is by die vensters van die bussie uitgeslinger en het op die teerpad beland.

Marzanne Smit (22), boervrou van Jakkalsfontein, het op die toneel afgekom en langs die pad gestop.

Sy het nog in die bakkie gesit en die polisie per selfoon van die ongeluk verwittig, toe 'n ander motor onderweg na Malmesbury bo-oor die lyke gery, teen die bussie gebots en teen haar bakkie tot stilstand gekom het.

Die insittendes van die motor was 'n De Villiers-egpaar van Malmesbury wat, nes mev Smit, geringe beserings opgedoen het.

"Ek was die eerste persoon op die toneel. Die pad was bestrooi met beseerde persone, verminkte lyke en bagasie. Dit was 'n vreeslike gesig," het Smit vertel.

'n Saak van strafbare manslag word teen Tulumani ondersoek.


Klublid sterf in sauna

[ Top ]


'n AKTIEWE lid van die Virgin Active gimnasium in die Paarl, het Vrydagaand in die sauna van die klub gesterf, moontlik weens 'n hartaanval.

Jo de Jager (66) was 'n bekende onder die lede en het feitlik daagliks daar geoefen. Vrydagaand het haar man Louis vergeefs voor die gimnasium vir haar gewag om uit te kom.

Toe hy later gaan navraag doen het hy verneem dat sy in die sauna gevind is. Daar is tevergeefs probeer om haar by te bring.

Volgens die nadoodse ondersoek het sy bronchitis onder lede gehad, wat kon bygedra het tot haar dood. Die begrafnis was gister in die Strooidakkerk.

Mev De Jager word oorleef deur haar man Louis en kinders Louis, Tertia Goosen en Veda Knoetze, asook vier kleinkinders.

Op dieselfde dag het mediese personeel vergeefs gespook om 'n bestuurder wat vermoedelik agter sy motor se stuurwiel 'n hartaanval gekry het, te red.

Gideon du Preez (48) van Pieter Wiumstraat het naby Boland Wynkelder buite die Paarl beheer oor sy motor verloor en teen 'n paal langs die pad gebots.

Du Preez, 'n blokman by Laborie Sentra supermark, is op die toneel oorlede.

Die begrafnisdiens het gister in Paarlberg NG Kerk plaasgevind. Hy laat sy vrou Isabel, dogters Janine (22), Malinda (26) en stiefdogter Anneline (26) en een kleinkind agter.

* In 'n ander voorval is Lamala Babi (19), Mzwanele Hoqo (27) en Monde Mketi (20), almal van Mbekweni, Sondagaand 23 November beseer toe die motors waarin hulle gereis het, naby Vlakkeland tromp-op teen mekaar gebots het.

* An active woman member (66) of the Paarl Virgin Active club in Paarl died in the sauna on Friday.


20 jaar vir plaasmoord

[ Top ]


DIE negentienjarige moordenaar van 'n bejaarde Wellingtonse boer is Maandag gevonnis tot 20 jaar agter tralies.

Elton Smit het erken dat hy in Januarie 2001 by die woonhuis op die plaas Panorama ingebreek het, maar ontken dat hy vir Ernst Neuenschwander (83) doodgemaak het.

"Daar is vir alles wette, maar daar is nie wette wat bejaardes en swakkeres beskerm nie," het regter Van Reenen in die Kaapse Hooggeregshof gesê.

"Daar moet 'n einde kom aan plaasmoorde en daar moet beskerming wees vir bejaardes.

"Dié beskuldigde is nie rehabiliteerbaar nie," het hy bevind.

Daarna is Smit, wat tydens die aanval op die plaas gewerk het, tot twee jaar gevangenisstraf vir huisbraak en 18 jaar vir moord gevonnis.

"Daar is nou baie stres van ons af," het Neuenschwander se seun, Bernard, ná afloop van die lang saak gesê.

"Ons is tevrede. Geregtigheid het geskied. En ons is baie trots op insp Karel Rossouw van Wellington. As familie wil ons vir hom dankie sê vir die goeie diens en die bystand."

* A farm labourer (19) was sentenced to 20 years in prison for murdering his employer.


Council buildings trashed

[ Top ]


A FIRE in Mbekweni might have disastrous consequences now that firefighters have been forced to evacuate their building and move their equipment to safety.

But with their windows smashed and doors broken, the men offering a vital service to the community of Mbekweni had no alternative.

More than 150 residents of the Edube neighbourhood went on the rampage in the township on Wednesday last week, vandalising not only the fire station, but also smashing the windows of the local swimming pool building and the municipal housing office.

Officials at the housing office locked the gates and summoned the police when they noticed the angry crowd converging on the building.

Before the police arrived, however, the mob uprooted plants from the garden outside the gate and flung the shrubs into the premises. Stones smashed through the windows of the building and of cars parked outside.

The vandals disappeared between the surrounding houses when the police arrived.

The municipal workers evacuated the premises and moved the housing office to Paarl East, several kilometres away.

The vandalism was sparked when negotiations between the residents and the Municipality ended in a deadlock. The demands for services to the homes they occupy illegally, were not met.

On Thursday night a bigger crowd of nearly 200 marched to the homes of councillors in Mbekweni. Only the powerful presence of police prevented further vandalism.

Charges of public violence are being investigated.

Negotiations continued on Monday and ended with an ultimatum by the Edube occupiers that the municipality provide them with water and electricity within three days.


SPCA applauds landmark verdict

[ Top ]


PAARLITE Gerald Rix pleaded guilty in the Paarl magistrate's court to three charges laid against him by the SPCA under the Animals Protection Act.

He was fined R2 000 (or six months' imprisonment) and declared unfit to own any farm animals for a period of three years.

All costs incurred by the SPCA Paarl in relation to the case (R4378) must also be paid by Rix, formerly a butcher in Paarl.

In addition, the Court ruled that monies from the sale of the animals may be retained by the SPCA Paarl.

The case stems from an investigation into the treatment of pigs on a smallholding in Benbernhard after a member of the public complained to the SPCA about the conditions of the pigs in April last year.

The SPCA obtained a warrant to remove over 40 pigs which were, according to Senior Inspector Andries Venter, being kept in filthy conditions and starving.

The charges laid against Rix were neglect of the animals, failing to render veterinary treatment and keeping animals in dirty, parasitic conditions.

On Venter's last visit to the farm, he found two dead pigs inside an enclosure with live pigs which suffered from skin conditions.

According to Venter, conditions did not improve despite visits by a veterinarian to advise Rix, who has had a previous run in with the SPCA over inhumane transport of animals for slaughter.

The NSPCA has welcomed the sentence, which "sends out a message that cruelty to animals is taken seriously and dealt with accordingly."

Deprivation of ownership of farm animals is a preventative measure, a spokesman said.


Raadslede se kopseer

[ Top ]


TWEE NNP-raadslede van Drakenstein wag op die oomblik vir die speaker, Gideon Cekiso, se besluit oor sake wat teen hulle aanhangig gemaak is.

Raadslid Solomon Ross is aangekla van seksuele teistering en ook een van wangedrag. Albei sake het na bewering hul oorsprong by die Paarl-Oos behuisingskantoor.

Dan is die saak teen raadslid Titus Williams, ingevolge 'n oortreding van die gedragskode, ook na Cekiso verwys.

Die saak spruit uit 'n bedrag van R25 000 wat Williams onlangs betaal het ingevolge 'n agterstallige kragrekening.

Hy sou verlede week verhoor word, maar die saak is na die speaker verwys nadat Williams beswaar gemaak het oor die vae verwysingsraamwerk van die klag.

Intussen is Williams by die onlangse NNP-kongres verkies tot hoofraadslid van die party. Hy is ook die koukusleier van die NNP in Drakenstein.


Doodsprong

[ Top ]


'n MAN het Sondag in Paarl-Oos na sy dood gespring terwyl sy vrou met ernstige meswonde in die hospitaal aangesterk het. Daar was 'n interdik teen Jurie Cecils van Springbokwoonstelle 5D, Chicago, dat hy nie sy vrou mag aanrand nie.

Sy tienerseun het hom ook daaraan herinner terwyl hy en sy vrou Saterdag weer gestry het. Later die middag moes die seun sy pa glo van sy ma wegkeer.

Die vrou, Anna, het by die dood omgedraai met twee meshoue in die bors, twee in die keel en twee diep snye aan haar regterarm. Noodredders moes haar inderhaas na die Paarl Hospitaal bring, waar sy geopereer is.

Sondagoggend om 05:00 het Cecils na bewering die mes op homself gerig en sy eie keel probeer sny. Daarna het die man 'n poeier, vermoedelik 'n gifstof, in die kombuis gedrink.

Terug in die derdeverdieping-slaapkamer, waar die stryery en mesaanval plaasgevind het, het Cecils minute lank voor die venster gestaan. Toe het hy skielik uitgespring en kop eerste op die grond buite geland. Hy het op slag gesterf.

* In nog 'n tragiese sterfgeval het 'n jong man Donderdag sy eie lewe geneem nadat sy vriendin hulle verhouding verbreek het. Bonginkose Alfred Twala (23) van Thembani 1958 het die aand om 23:30 voor 'n aankomende trein ingespring.


Midnight dagga swoop

Malané Bosman

[ Top ]


DAGGA with a street value of more than R20 000 was confiscated in a midnight swoop at Wellington last week.

The dagga, much of it pre-wrapped in thousands of joints, was allegedly destined for distribution in the OR township.

Information led Mbekweni station commander Capt André Roziers, intelligence officer Insp Brendon Fortuin and a strong contingent of police to the suspects on Wednesday night.

At 13 Ntambanani Street the police discovered plastic drums containing approximately 2674 joints and 56 parcels wrapped in newsprint, as well as 20kg fresh, loose dagga.

Tembinkozi Adams (27) and his girlfriend, Chantel Visagie (28), were taken into custody and charged with dealing in dagga.

At the second address, OR 28 Carterville, Ntandazo Bonga (19) was found in the possession of 72 dagga joints and 10 Mandrax tablets.

Bonga was granted bail and warned to appear in the Wellington Magistrate's Court on 17 January. Adams and Visagie were remanded until January 14.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za