safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 5 December 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 12 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Paarl hou duim vas vir Mej SA finalis

Leigh Reitz

[ Top ]


wTammy02PAARLIETE sal Sondagaand almal duim vashou wanneer Tammy-Anne Fortuin (21) meeding in die Mej SA wedstryd. Dit word van 17:00 op M-Net uitgesaai.

Dié pragtige donkerkop meen dat die ergste van die wedstryd se wekelange beoordeling reeds verby is en dat die

GEREED. Tammy-Anne Fortuin berei by Sun City voor vir die Mej SA wedstryd wat Sondagaand beslis word.

senuwees darem nie meer so baie knaag soos aan die begin nie.

"Ek dink ons is nou baie meer opgewasse vir die taak, omdat ons nou voorbereid is en weet wat om te verwag.

"Al ding wat my verbaas het, is die mediadekking. Ek het vir geen oomblik gedink daar sou soveel belangstelling wees nie," sê sy.

"Ek is bly dat daar nog geen negatiewe terugvoering was nie. Ons het in elk geval ander dinge om oor bekommerd te wees, soos byvoorbeeld om nie op die groot aand op die verhoog te gly nie!"

Vir ma Anthea Fortuin begin dinge nou eers opwindend te raak, maar ook baie stresvol.

"Ons vat dit maar dag vir dag, want Tammy-Anne het soveel bereik in so 'n kort tydjie. Ons hoop natuurlik vir die beste, want die finaliste is almal pragtige meisies.

"Vir ons sal dit 'n bonus wees as sy wel die titel moet wen, omdat sy alreeds so ver gekom het. Ek het aan haar gesê om net elke oomblik te geniet en nie te voel sy moet wen nie.

"Haar pa bars natuurlik uit sy nate van trots oor sy jongste meisiekind se prestasies en vertel vir al wat leef en beef sy lyk op 'n haar na na hom", lag sy.

Is hulle gereed om vrede daarmee te maak dat Tammy-Anne volksbesit gaan word as sy wel die Mej Suid-Afrika titel moet wen?

"Ja," antwoord sy sonder om te skroom, "Tammy-Anne is 'n mense-mens en dit sal nie moeilik wees om die media se belangstelling te hanteer nie.

"Ek dink nou wel nie dat dit al ingesink het by haar nie, maar ons sal nie in haar pad staan nie. Sy was nog altyd 'n onafhanklike mens."

Sy vertel hoe die leerlinge by haar dogter se voormalige hoërskool, Hoër Meisieskool Paarl, sakke en sakke vol bewonderaarsbriewe skryf.

"Dit is egter geen vakansie nie. Die deelnemers werk hard.

"Tammy-Anne bel soms tot vyf keer per dag huis toe, wanneer sy raad verlang. Maar ek is eintlik heel rustig oor die storie."

Intussen oefen Tammy maar saam met die res om nie 'n voet verkeerd te sit op die groot aand nie. Sy hou ook saam met die res van die land asem op om te sien op wie se kop die gesogte kroon geplaas gaan word.

Die Fortuins en van Tammy-Anne se vriende vertrek môre Sun City toe om hul volle ondersteuning aan die mooiste meisie in die Skiereiland te gaan gee.

* Paarlites are holding thumbs for local Miss SA finalist Tammy-Anne Fortuin.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za