|
VERLATE skoolgronde en onderwysers wat maar al te gelukkig was om in stilte eksamenantwoordstelle te merk het die afgelope week plaaslike hoërskole gekenmerk.
Daar was natuurlik die handjievol getroue leerlinge wat nog soggens aangemeld het, maar die oorgrote meerderheid van hoërskoolleerlinge het al 'n week gelede hul eindeksamens voltooi en nie meer skool toe gegaan nie.
Hoewel skole môre amptelik sluit vir sewe weke sal party leerlinge dus uiteindelik byna twee maande vakansie geniet.
Sommige hoërskole het wel 'n plan gemaak om leerlinge wat opgedaag het, besig te hou met sportaktiwiteite.
Volgens skoolhoof Louis Knoetze van HJS "hou die aktiwiteite die leerlinge geborge en hoef hulle nie op Ma se senuwees te werk by die huis nie".
Intussen het sowat 2000 onderwysers by Peninsula Technikon onder streng sekuriteit begin merk aan die 42 468 Wes-Kaaspse matrieks se antwoordestelle.
Die uitslae sal op 27 Desember bekend wees. |