|
D.J.H. Defty (Edms) BPK
Die apteekmaatskappy wat die Medi-Clinic Groep van Privaat Hospitale bedien, beskik tans oor onderstaande vakature by
PAARL MEDI-CLINIC
APTEEKBESTUURDER
Voornemende aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen:
• registrasie by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad
• 'n skerp besigheidsin met sterk leierskapsvaardighede
• verbintenis tot gehaltedienslewering
• die vermoë om samewerking binne spanverband te bevorder
• verbintenis tot deurlopende selfontwikkeling
• bewese ervaring en kennis van voorraadstelsels
• onderhandelingsvaardighede
• rekenaarvaardigheid
• vorige privaat hospitaalervaring as aanbeveling.
Pligte behels die volgende:
• finansiële en Menslike Hulpbronbestuur
• handhaaf van hoë kliniese standaarde.
Alle aansoeke sal oorweeg word met dien verstande dat, ooreenkomstig Paarl Medi-Clinic se Gelyke Indiensnemingsplan, kandidate uit die aangewese groep tans voorkeur sal geniet.
U bydrae tot die maatskappy sal beloon word met 'n markverwante vergoedingspakket wat 'n gesubsidieerde mediese en aftreefonds, verlofvoordele en 'n bonus insluit.
Rig skriftelike aansoeke aan Alida Uys, by faks (021) 807-8100 of per e-pos na alida.uys@mediclinic.co.za
Aansoeke sluit op 6 Desember 2002.
Diensaanvaarding:
So spoedig moontlik, maar nie later as 1 Maart 2003 |