|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
THE opening matches of the forthcoming World Cup Cricket Series have already started and Paarl looks forward to the influx of visitors, tourists and supporters with great excitement, and will certainly be receiving these visitors in the usual hospitable way. The various departments within Drakenstein Municipality have really gone the extra mile in providing notice boards, good traffic signage to the grounds, the colourful banners on the lamp posts and making the necessary arrangements for traffic control and parking. For this they should receive all credit where its due. But - dear oh dear!! What about all the litter and plastic bags lying alongside the road in Langenhoven Road? This is where many of the motorists and visitors will be parking and will be probably the first impression they have of Paarl - what a messy place! Should not the Town Councillor/s for the ward/s along this road work together with the ratepayers/residents and assisted by the Cleansing Department of the Municipality have a jolly good clean-up before the first matches? This should also be maintained for the duration of the games and afterwards. Paarl as a whole will definitely benefit from the matches being played here and this is a golden opportunity for the town to showcase itself in the media, both nationally and abroad. What a great shame it would be to waste this chance and leave the visitor with the impression that this is just another dirty town! Cricket lover The Municipal Manager, Jacques Carstens replies: Langenhoven road will be closed from the N1 to the inter section with Van der Stel Street on the days of the world cup cricket matches. The area mentioned will therefor not be visible for visitors. However it was also arranged that the cleansing section clean the main access roads during the word cup cricket series. |
|
|
|
|
I WISH to express my concern regarding the state of the Paarl cricket ground to be used for the upcoming ICC World Cup. In particular, my major concern is the ghastly sight of peeling, scruffy paint on two of the floodlight pylons. If we really are serious about showcasing Paarl to a global audience, surely the cricketing administrators can spend the necessary rands required for a decent coat of paint. Please spare us this unnecessary embarrassment! Dr Faadiel Essop Pietie Williams from Boland Cricket replies: The cost to upgrade the pylons is about R80 000 each. While Boland Cricket received R2,5 million for the total upgrading, they had to prioritise their needs, such as the work done to the entrance to the grass embankments. |
|
|
|
|
'N MENS kan seker nie verkwalik word deur te dink dat die gode nou Drakenstein regeer nie. Daar word gemaak en breek net soos dit die gode behaag. Met verwysing na die afgelope raadsvergadering in die stadsaal (ekskuus - Walhalla) het die agendapunte wat moes handel oor dienslewering, weer eens geskitter in hul afwesigheid. Behalwe vir die taalbeleid, is die enkele ander punt, "council representatives on public bodies", sommer deur die ANC/NNP koalisie van die agenda verwyder. Die res van die verrigtinge is bykans uitsluitlik gewy aan finansiële voordele vir raadslede. Met die huidige ANC/NNP-beheerde raad se onlangse besluit om die uitvoerende komiteelede se status van deeltyds na voltyds te verander, het die groeiende koste hieraan verbonde nou begin deurdring, soos die DA gewaarsku het. Die verhoogde status van deeltyds na voltyds vir die Speaker, burgemeester, onderburgemeester en nog nege lede van die uitvoerende komitee bring 'n verhoging in salarisse en voordele vir hierdie 11 mense na meer as R1 282 miljoen per jaar mee. Daar moet nou kantore met meubels en rekenaars ingerig word in die munisipale gebou ten bedrae van R678 410. Die 'cherry' op die koek is dat daar reeds 'backpay' van ongeveer R320 000 (voordele ingesluit) aan hierdie voltydse raadslede uitbetaal is vir die afgelope drie maande se "voltydse" werk terwyl hulle voltydse status eers op 22 Januarie deur die raad bekragtig is. Die geld benodig beloop dus nou reeds meer as R2,28 miljoen (amper 'n polisiemag) en dit is nog nie die einde nie. Tragies dat hierdie onbegrote uitgawes nou gefinansier gaan word vanuit die begroting van "savings on the amounts allocated for multi-purpose centres on the capital budget", volgens die agenda. Nee wat, so werk 'n mens nie met die publiek se geld nie. Publieke geld moet aangewend word waar die publiek 'n behoefte het. Wie gaan die soustrein stop? Wie kom eerste, die raadslede of die publiek wat hulle veronderstel is om te dien? Ek dink dit is 'n skande. Aan die raadslede wat gemaklik is met die toedrag van sake, kan ek net sê: Skaam julle. Deetlefs du Toit, Raadslid (DA) |
|
|
||||||||||
|
DIT is warm, soos dit net in die Paarlvallei kan warm word. Dit is stadsraadsvergadering en ons agbare stadsvaders sit en sweet oor die eerste agenda van die jaar. Ja, dit was nogal hittig verlede Dinsdag maar wat die enkele lid van die publiek en opposisie-raadslede warm onder die boordjie gemaak het, het niks met die temperatuur te doen gehad nie. Daar is in die raad en agter die skerms betoog en getwis oor die kostes wat aangegaan word vir die nuwe stelsel van voltydse raadslede - alles natuurlik pure verniet. Wat 'n mens bekommerd maak, is die gemeenskap se onbetrokkenheid. Verlede jaar met die oorloop-wetgewing is daar tot vervelens toe gedebatteer oor raadslede se etiese waardes. Tot so 'n mate dat 'n mens sou dink geen regdenkende belastingbetaler sal enigeen van hulle naby sy beursie vertrou nie. Nou word daar besluite geneem oor miljoene rande en daar is een enkele lid van die publiek om die proses gade te slaan. Daar is wel skuinsweg verwys na die instel van wykskomitees om mense meer insae te gee in raadsake. Maar tot tyd en wyl dit gebeur, verkeer die meeste van ons in die duister. Het ons dieselfde traak-my-nie-agtige houding teenoor ander mense wat met ons geld werk, soos die bankbestuurder of die direksie van 'n maatskappy? |
|||||
|
|||||