|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
The first grapes were picked a fortnight ago, with sauvignon blanc and pinotage, then chardonnay and chenin blanc the first cultivars being delivered to the Valley's cellars. Winemakers agree, the cool weather brought about a slow ripening and smaller grapes with concentrated flavour, a good omen for top quality wine. The expected grape harvest of more than a million ton in the Western Cape could well be nearly 10% higher than the previous exceptionally good harvest in 1999. In Wellington, where farmers suffered two years of abnormally low harvests, this year's harvest is expected to be as much as 30% better. "The grapes are healthy and the quality exceptional," a jubilant Chris Roux, manager of Wamakersvallei Cellar, said. Downy and powdery mildew, which caused havoc in the vineyards last season, was not a problem this year. Cooler weather, the absence of warm nights and humid days as well as careful planning and combating by grape farmers, has been keeping the killer fungi at bay. "We are experiencing a hectic time. During the first two weeks we received 3000ton and we expect most of the grapes still in the vineyards to ripen simultaneously during the next week." At this stage of the harvest, rain will not dampen the spirit of the farmers. Only a scorching heat wave and a drop in the acid content, can still damage the grapes. And while the Valley's grapes are flourising with cooler spring and summer temperatures, inhabitants cannot believe their luck. A breakdown of temperatures on Paarl Mountain, which is at least four degrees below than those measured in the centre of town, proves the point. In January 2000 temperatures on the mountain rose to 40 degrees and in February and March 2001 to 37 degrees. Paarlites suffered temperatures of 38 degrees only during the week before Christmas last year, while the temperature never rose above 34 degrees on Paarl mountain during January this year. |
|
|
||||||||||||||||
|
FOR the KWV there is a matter even more important than the first pressing of grapes 344 years ago in South Africa. And that is the leadership and peacemaking of former president Nelson Mandela. The intervention of the "father of the nation" in 1996, when the KWV was faltering in its traditional boots, made all the change and put the institution back on track. On Saturday Lourens Jonker, KWV chairman, honoured Mr Mandela in the Cathedral Cellar in Paarl for his role in opening up international wine markets. The occasion commemorated the production of the first South African wine on 2 February 1659 and celebrated the blessing of the 345th harvest. "We have come a long way since the pressing of the first muscadel in the times of Jan van Riebeeck," Jonker said. "Today South Africa's wines are ranked among the best in the world. "Mr Mandela first addressed the KWV in Paarl in 1996, in difficult times. He listened to the problems of the farmers. "Now, seven years later, Mr Mandela encountered a different KWV. Still with the same faces, but with a change of heart and mind and identity, all as a result of his leadership, wisdom and inspiration. "Mr Mandela unlocked our markets and put South African wine on the map. Through his personal vision and intervention, opportunities were created for long-term growth to the benefit of all members of the wine industry. "We now honour our former president with a medal." In his acceptance speech Mr Mandela said: "It was during the period that I spent in Victor Verster prison that I was surrounded by the beautiful vineyards. "It was there that I had my education in wine tasting and drinking, a warder castigting me for ordering sweet white wine and instructing me to have dry wine. "What is dry wine, I enquired - is all wine not wet?" "May the industry go from strength to strength, contributing to the growth of our economy and the creation of a better life for all. "Gesondheid", Mr Mandela toasted the occasion and the guests who had drunk in every word from the lips of the remarkable man. |
|
|
||||||||||||||||
|
TREINDRYWER Mervyn Matthee kon dalk sy bewussyn verloor het voordat sy passasierstrein in stilstaande goederewaens gebots het. As dit is die geval was, is dit twyfelagtig of hy wetlik aanspreeklik gehou sal kan word vir die ongeluk," meen Matthee se regsverteenwoordigers ná uitslae van mediese toetse wat die 55-jaar-oue treindrywer ondergaan het. Matthee was drie uur lank in die stuurkajuit vasgeknel, maar het die gru-ongeluk 7 Januarie by Muldersvlei oorleef, met frakture aan drie tone van sy linkervoet. Tien pendelaars het gesterf in die botsing terwyl byna 50 mense ernstig beseer is. Matthee, 'n bekende in Wellington-Oos, het twee jaar gelede sy vrou aan kanker afgestaan. Sy het gesterf terwyl hul enigste dogter besig was om haar Junie matriekeksamen te skryf. Sy is nou 'n tweedejaar student aan die Universiteit van Stellenbosch. "Die ongeluk was buite my beheer en ek is bitter, bitter spyt daaroor. "Sodra ek makliker kan loop, wil ek die beseerdes en die naasbestaandes van die oorledenes besoek om my medelye oor te dra," het Matthee, hinkende op krukke, gesê. "Die mense op my trein was soos een groot familie. Dit was 'n veilige trein, met mense wat hul eie plekke het en sit en kaartspeel op pad terug huis toe na werk. "Van die werksmense wat die afgelope 25 jaar saam met my gery het, is nou al pensionarisse, en ry nou net Saterdae stad toe vir inkopies." Matthee het al die ongelukstoneel besoek en die verwronge stuurkajuit kopskuddend aanskou. "Daar moet 'n rede wees hoekom ek nog leef. 'n Hoër Hand het dit so beskik." Treine was vir hom sedert kinderdae 'n passie, vertel familielede. Hy is byna 40 jaar lank verbonde aan die spoorweë en daar is verskeie stories wat hy oor sy ondervindinge geboekstaaf het, gepubliseer. Die oorlewendes staan steeds bankvas agter hul drywer. Dit is nie sy skuld nie, sê hulle. Van die Wellingtonners ken hom al 25 jaar lank as die vriendelike drywer wat al vir van hulle 'n rygeleentheid huis toe gegee het wanneer hulle in die reën op Wellingtonstasie aangekom het. Spoornet se goederewaens het stilgestaan op die spoor terwyl dit moes oop wees vir die aankomende passasierstrein, meen hulle. En Metrorail se 30 jaar-oue passasierstrein was nie spoorwaardig nie. Met die oorsaak onbekend, word vrae gevra. Sou Matthee wel sy bewussyn verloor het en nie die remme kon aktiveer nie, is daar dan nie 'n outomatiese noodremstelsel wat die trein tot stilstand bring sodra sy hand die stuurstang los nie? Wat het geword van die sinjale voor die plek van botsing? Het Matthee dit nie gesien nie, of was hy al 'n paar kilometer voor die botsing bewusteloos? Hoewel die ondersoek teen die einde van Januarie voltooi sou wees, is dit nog nie gereed nie. Slagoffers van die treinramp kom weer op 17 en 18 Februarie in die Weltevrede VG Kerksaal byeen vir 'n opvolg eise-vergadering. * The driver of the doomed train in which ten people died at Muldersvlei recently might have 'blacked out' before the accident. |
|
|
||||||||||||||||
|
BRITSE toeriste wat verlede week die natuurskoon van Daljosafat wou geniet, is op hul staptog tussen die plase wreed aangeval en vir dood gelaat. Die skoknuus was skaars op die polisieradio uitgesaai, of die aanvallers, vier jeugdiges waarvan die jongste twaalf jaar, was aangekeer. Met hul aankoms by die trauma afdeling van die Paarl Medi-Clinic, kon die toeriste verneem dat hul geroofde besittings, ter waarde van derduisende rande, ook reeds teruggevind is. Die bejaarde egpaar (in hul sestigs) was by die Roggeland gastehuis tuis en het die Woensdagoggend vroeg op 'n wandeling gegaan. Hulle is deur die vier seuns voorgekeer en herhaaldelik met 'n piksteel en klippe aangerand. Nadat hul besittings afgeneem is, het die aanvallers weggehardloop. Die vrou het haar erg beseerde man strompelend ondersteun tot teen 'n grensdraad, waar sy hom moes laat omdat hy te swak was om oor te klim. Sy het uiteindelik die gastehuis bereik en hulp is ontbied. Polisiebeamptes het hulle na die toneel gehaas. Op die Bo-Dalpad oorkant Milkytown, meer as twee kilometer van die misdaadtoneel, het insp Jaco Turck van die Openbare Orde Polisie-eenheid vier verdagtes onder 'n bloekomboom gesien sit. Insp Turck het sy kollegas in kennis gestel en die polisiemanne het die groepie omsingel en aangekeer. Die polisie het die omgewing gefynkam en afgekom op 'n digitale kamera, 'n verkyker, 'n paspoort, sonbril, selfoon en 'n beursie wat aan die toeriste behoort het. Die verdagtes, Lucas Konkirie (18) van Milkytown en drie seuns (17, 13 en 12) van omliggende plase, is in hegtenis geneem. Die beseerde man is in die hospitaal opgeneem waar 'n operasie uitgevoer is om sy kakebeen, wat op drie plekke gebreek is, te heg. Soos sy vrou, het hy oral oor die lyf kneusings. Die pinkie van sy linkerhand is ook gebreek. Speur-insp Johan Coetzee het dadelik die dossier gereed gekry sodat die beskuldigdes voor die hof gebring kan word. Indien die jeugdiges met hul verskyning môre onskuldig pleit, sal die toeriste kans hê om te getuig voordat hulle soos beplan vandeesmaand na Surrey terugkeer. * Police have arrested four youths after two elderly British tourists were attacked in Dal Josaphat and left for dead. |
|
|
|
|
'n JEUGDIGE wat op heterdaad betrap is terwyl hy by 'n motor in die Paarl ingebreek het, word ook daarvan aangekla dat hy vroeër verlede week moord gepleeg het. Polisiemanne op patrollie het Woensdag in Pastorielaan ses jeugdiges in hegtenis geneem. By nadere ondersoek het dit geblyk dat een van die seuns, 'n 16-jarige, 'n verdagte in die vorige dag se skokmoord op 'n bekende kerkman in Paarl-Oos kon wees. Cavin Diergaardt (34) van Runellistraat is die Dinsdagoggend met 'n mes gesteek waar hy onder 'n boom langs die N1 in Paarl-Oos stiltetyd gehou het. Sy Bybel het op die moordtoneel bly lê nadat die aanvallers met sy rooi fiets weg is. Met sy beweerde rol in die moord nog onbekend, het die 16-jarige Woensdag in die landdroshof verskyn op aanklag van roof in Paarl-Oos verlede jaar. Hy is deur die hof in huisarres geplaas, in die sorg van sy moeder. Dieselfde middag is hy vir diefstal uit die motor in Pastorielaan aangekeer. Hierdie keer word hy saam met vyf jeugdige medepligtiges wat ook in Pastorielaan in hegtenis geneem is, by Allandale Gevangenis aangehou. Saam met die 16-jarige word die 37-jarige Wilson Abrahams van Amstelhof van moord aangekla. Met booswigte uit Paarl-Oos wat op sagte teikens toeslaan, het die polisie gewaarsku: "Moet dit nie alleen in die Sonstraalpad-omgewing waag nie." * A youth has been charged with murdering a man busy with Bible study under a tree in Paarl East. |
|
|
||||||||||
|
GEMOEDERE loop hoog onder waterverbruikers oor buitensporig hoë munisipale rekeninge op Wellington. Rekeninge wat verlede week ontvang is, weerspieël nie net normale somer tuinbesproeiing nie sê die omgekrapte inwoners, die rekeninge is tot vier keer hoër. "En dit alles omdat die waterverbruik ses weke lank nie gelees is nie," mor 'n huisbewoner wie se vorige lesing op 22 November geneem is en die laaste lesing op 8 Januarie. Die waterrekening van haar huishouding het van R135 in Desember gestyg tot R525 in Januarie. Met die glyskaal is die eerste ses kiloliter gratis en daarna word 'n minimum tarief van R1,12/per eenheid en 'n maksimum tarief van R4 (vir verbruik bo 80kiloliter) bereken. (In die Paarl is die maksimum tarief R6/per eenheid.) "Die munisipaliteit kan ons nie penaliseer omdat hulle nie die watermeters laat lees nie," het een ontstoke inwoner gesê. "Niemand kan dit bekostig nie, en veral nie in Januarie, net so ná die Kersfees uitgawes en met die nuwe jaar se skoolgelde nie." Verbruikers staan tou by die munisipale kantore in Wellington en bel die telefone na die rekening-afdeling warm. "Waar bure die feestyd na tuine omgesien het, was vakansiegangers eers onseker of 'n kraan nie dalk oopgelos is nie. "Maar nou weet almal: die hoë rekening is weens 'n deurmekaarspul by die munisipale kantore," brom 'n ander inwoner. "Hierdie is 'n tweede bitter pil wat ons moet sluk, ná Wellington se proporsioneel groter aanpassings verlede jaar om in lyn met die Paarl te kom," sê nog 'n ontevrede waterverbruiker. Volgens André Abrahams (Finansies en Inkomste, Munisipaliteit), is daar altyd hierdie tyd van die jaar klagtes, as gevolg van die hoër verbruik, en die oorgaan van die tariewe na die hoogste skaal. Hy besef dat sommige verbruikers 'n langer periode tussen lesings kan ervaar, met die vakansiedae en die invloed wat dit op die rekenaarverwerkingskedule gehad het. Diegene wat meen dat hulle rede tot klagte het en 'n regstelling op hul waterverbruik verlang, kan die munisipaliteit by 807-4500 skakel of per faks kontak by 807-4522. Indien die Januarie verbruik weer 80kiloliter oorskry, sal dit nie 'n verskil aan die glyskaal maak nie, het Abrahams gesê. * Wellington consumers vow not to take their high municipal water accounts lying down. |
|
|
||||||||||
|
DIE aansoeke vir die omskakeling van bestuurderslisensies na kaartlisensies het nog nie 'n algehele krisis geword in die Paarl nie, hoewel aansoeke drie keer meer per dag is as 'n paar jaar gelede. Die sperdatum vir oorskakeling is 1 Maart vanjaar, waarna ou bestuurderslisensie as ongeldig beskou sal word en kan bestuurders 'n boete van tot R1000 in die gesig staar. "Dit het nog nie krisis afmetings aangeneem met mense wat in lang rye moet staan en wag nie, maar 'n ekstra personeellid moes aangestel word om applikante te help. "Die oorskakeling na 'n nuwe kaartlisensie neem normaalweg twintig minute per applikant, maar dit gebeur soms dat dit weens onvoorsiene omstandighede langer neem en mense dan langer moet wag," het Isak Bosman van die Paarlse Bestuurderslisensie Toetssentrum gesê. Applikante moet hul ou bestuurderslisensie en twee ID-foto's saambring. Indien dit op jou lisensie aandui dat jy 'n bril behoort te dra wanneer jy bestuur, moet dit ook saamgebring word vir die oogtoets. Dit kos R100 om oor te skakel na die nuwe kaart en 'n addisionele R60 vir laat oorskakeling na die sperdatum. Daar moet ook geen uitstaande verkeersboetes wees nie. * Motorists should hurry up not to be caught asleep by the deadline of 28 February for converting their driver's licences. |
|
|
|||||||||||||
|
WORLD CUP fever has hit Paarl this week following the arrival of the Netherlands cricket team and the warm-up match between the Proteas and a Boland Invitational XI at Boland Park. With the true African sounds of the Mbekweni group, Intombi Ze Afrika, sounding at their arrival, some 350 guests welcomed the World Cup cricket team of the Netherlands in the Paarl at the town hall on Sunday night. "It is wonderful that Paarl and Boland Cricket have the opportunity to be part of this great cricket occasion," Mayor of Drakenstein, Herman Bailey, said. He welcomed the overseas team and said he hoped they would enjoy the hospitality the Boland was known for. "Every South African looks forward to an excellent series of cricket games that will keep us glued to our seats. Maybe we can have an extra public holiday when, not if, when South Africa plays in the final," Bailey said. Although they are keen to play in the tournament, the Dutch team know they have a difficult road ahead, the team's manager Hans Mulder said. "We were disappointed to hear that the South African team will be stationed in Cape Town. Since 1997 we have our pre-season tours here in the Western Cape, we know the places and enjoy it here. We were thus very pleased to hear that we were staying in the Boland." "Our position is tough, with matches against India and Pakistan and the warm-up matches against WP and Boland will also be difficult. We are from a country with temperatures below zero with ice and snow, but we will do our best to make the other teams work hard against Holland," Mulder said, and expressed the hope that the Boland public will support them. Head of Boland Cricket, Henry Paulse, said everyone should be part of this historic event of which the Paarl has the chance to be a part of. He said that Boland Cricket is constantly in negotiations with the United Cricket Board of SA to host more international matches in the Boland and also announced that the West Indies will play a one day international in Paarl on 23 January next year. "We (in Paarl) are not part of the economic mainstream of the Western Cape and we will therefore always fight for our 'potjie vleis' (pound of flesh)," Paulse said. The team of the Netherlands play against a Boland XI today. The match starts at 10:00. Holland plays India on 12 February and Pakistan on 25 February at Boland Park. |
|
||||