|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
'n Oorywerige Robin Peterson het ná vyf balle 'n aflewering van Boje tegemoet geloop, gemis en is deur Mark Boucher gestonk vir 'n nulletjie. Baxter (31) was die volgende slagoffer toe hy 'n randjie bygekry op 'n aflewering van Allan Donald en Boucher die nodige gedoen het. Justin Ontong is vir 20 uit toe hy 'n luilekker hou na Shaun Pollock op vlak ekstrahalfweg geslaan het. 'n Onoorwonne 42 deur Con de Lange het Boland gehelp na 205/9 na 50 boulbeurte. Herchelle Gibbs was in vernietigende vorm en het ná sy 100 in 115 balle wat vier grenshou ingesluit het, besluit om uit te tree. Charl Langeveldt (1/42 in 8bb) het Gary Kirsten se beurt kortgeknip deur hom op 4 uit te vang van sy eie boulwerk af. Boeta Dippenaar (25), wat deur Justin Ontong uitgehardloop is, Jacques Kallis (43nun) en Jonty Rhodes (7nun) het gesorg dat die teiken in 40,3 boulbeurte gehaal word. |
|
|
|
|
DIE Nederlandse krieketspan wat Sondag in die Paarl gearriveer het, speel vandag in hul tweede amptelike opwarmingswedstryd op Boland Park teen Boland. Volgens die veelsydige Tim de Leede, het hulle Saterdag vanuit Nederland vertrek waar die temperatuur 5°C was en dit gesneeu het. Tydens hul eerste oefening Maandag in die Paarl moes die spelers die Bolandse hitte, wat die kwik by 35°C laat draai het, vir drie ure trotseer. "Ons speel sedert 1997 opwarmingswedstryde in Suid-Afrika ter voorbereiding op ons seisoen, só ons is gewoond aan die warm weerstoestande. Daarby is ons ook redelik fiks," het 'n swetende De Leede Maandag langs die oefennette gesê. "Die grootste aanpassing vir ons wat almal amateurs is, is om daaraan gewoond te raak om elke dag te oefen en te speel. "Maar ons verbeter voortdurend en is besig om in die ritme te kom van gereeld speel. Ons raak ook meer vertroud met die kolfblaaie - tuis het ons nie veel gras blaaie nie," het De Leede gesê. Holland het in 1996 in Sri Lanka en Pakistan laas aan 'n Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Daarna was dit 'n sukkel-stryd en kon hulle nie vir die 1999 toernooi kwalifiseer nie. Hulle het die IKR Beker-toernooi in 2001 in Kanada gewen en so speelkans in vanjaar se WB-toernooi te kry. As hul vertoning in Dinsdag se eerste opwarmingswedstryd teen die WP in Langa 'n aanduiding is van wat op die Nederlanders wag in dié toernooi, voorspel dit swarigheid vir die manne in oranje. WP het die stryd met 10 paaltjies gewen, nadat die besoekers vir 130 uitgehaal is ná 45,4 boulbeurte. Edgar Schiferli (35nun) en Bas Zuiderent (29) was die enigste Nederlanders wat dubbelsyfertellings kon aanteken. Nederland speel vandag om 10:00 in 'n opwarmingswedstryd teen Boland op Boland Park. Hulle eerste WB-wedstryd is Woensdag teen Indië en op 25 Februarie speel hulle teen Pakistan. Albei wedstryde is in die Paarl en daar is nog kaartjies beskikbaar vir altwee wedstryde. |
|
|
|
|
IN a thrilling final, Pinelands Cricket Club beat Claremont Cricket Club by one run to win the 43rd Groot Drakenstein six a side tournament on Sunday. Big hitter Aubrey Martin could not get himself down to the batting end with one ball and three runs needed for the target of 64. Ross Bannantyne bowled a telling last over and kept Claremont out. Pinelands star was Sandy Tarr who won the coveted D&B Century bat for the best all rounder. Earlier, much fancied Coronation and Groot Drakenstein, with half the Boland team between them, lost their first round matches. Groot Drakenstein (85/1) did however come through to win the plate against Fish Hoek (46/4). The day produced a feast of sixes, with Henry "Bolla" Williams winning the prize for the biggest of all and Groot Drakenstein provided the best bowler in Lloyd Baldie and best batsman in Steve Ford. Andrew Hall of Claremont was voted best fielder. |
|
|
|
|
DRIE Bolandse spelers is in die Ussasa SA o.17-krieketspan opgeneem wat aan die Ussasa o.17-week in Pietermaritzburg deelgeneem het. Godfrey Stevens van New Orleans, Marnus Hugo en Jaco Carstens (albei Paarl Gim) het hul staal in dié toernooi gewys waarin die SA o.17-span vir Limpopo, OP en Vrystaat geklop en slegs teen Noord-Gauteng verloor het. In die daaropvolgende Coca-Cola Khaya Majola toernooi, het die SA o.17-span in die tweede gekeurde Goue Liga vir Limpopo, Namibië, Natal B en Griekwas geklop en in die eindstryd teen Noordwes te staan gekom. Noordwes het die finaal met 49 lopies gewen. Volgens Carstens wat die SA o.17-span gelei het, was dit 'n goeie ervaring. "Uit die aard van die saak was dit 'n voorreg (om kaptein te wees) en die ondervinding wat ons opgedoen het met al die spelery was ongelooflik," het Carstens wat ook Gim se eerste krieketspan aanvoer, gesê. Carstens het as o.13- en o.15-speler die Boland verteenwoordig tydens die Standard Bank en PG Bison toernooie, maar sy insluiting in die Ussasa SA o.17-span is tot dusver die hoogtepunt in sy krieketloopbaan. Maar dit is 'n nuwe jaar en van slap lê is daar geen sprake nie. "Die groot toets is om nou dieselfde vertoning in die volgende wedstryde voort te sit. Dit help niks jy kom in die SA-span maar jy kan nie vertoon nie. "Mens moet maar nederig bly en besef dit is 'n nuwe jaar, met nuwe uitdagings. Baie spelers kom in die SA- span en dan hoor jy nooit weer van hulle nie," sê Carstens. Dié veelsydige speler wat die kolforde open en ook self die kolwers opdraande gee met sy inswaaiballe, se mikpunt vanjaar is om in die Coca-Cola-span en daarna die SA Skolespan opgeneem te word. Soos baie jong spelers is dit ook sy droom om eendag vir die Proteas te speel maar hy glo "aan een tree op 'n slag en daar is baie trappies tot by die SA-span". "Nou moet ons net die interskole krieketwedstryd wen," sê hy vasberade. Gim het in 2000 gewen, maar Boishaai het voor dit asook die afgelope twee jaar met die louere weggeloop. Hulle speel op 1 Maart op Gim se veld. |
|
|
|
|
OM 'n driekuns te behaal is elke kolwer se droom. As jy daarby vier paaltjies in 'n ry inoes en elkeen van hulle nog skoonboul ook, nog te beter. Dié uitsonderlike prestasie het vir Riaan Jephtha, aanvangsbouler van New Orleans Sekondêr se eerste krieketspan, Saterdag te beurt geval in hul wegwedstryd teen Hoërskool Strand. Die Paarliete het eerste gekolf en 249/9 aangeteken. Die manne van die Strand was op 143/4 toe Jephtha weer ingeroep word vir sy tweede boulsessie. Dit was die 17-jarige regterarm-snelbouler se sewende beurt van die dag en hy was nog op soek na sy eerste paaltjie. Dié kry hy dan ook met die tweede bal, en toe volg paaltjie nommer twee. "Toe ek gaan vir die driekuns was ek rustig en toe ek dit kry, was die gevoel ongelooflik," beskryf Riaan met 'n reuse glimlag sy eerste driekuns. "Die ouens sê toe ek moet vir die vierde een probeer, toe sê ek, olraait, en toe het dit net vanself gekom. "Ek was baie bly, want aan die begin het ek gesukkel om paaltjies te kry. Maar in my tweede boulsessie het ek teruggekom en 'n beter lyn en lengte begin boul," sê hy. In die daaropvolgende beurt het spanmaat, Joshua Cupido 'n leë beurt afgestuur. Met die tweede bal van sy volgende beurt het Jephta nog 'n paaltjie laat kantel en ook geen lopies afgestaan nie vir syfers van 5/20. Cupido het die druk op die tuisspan gehou en in sy volgende beurt die laaste kolwer terug pawiljoen toe gestuur, met die telling steeds op 143. Jephtha het ook sy deel met die kolf gedoen deur 48 aan te teken. Waylain September (84), Cupido (58) en Maurize Sampson (33) was die ander spelers wat met breë kolwe gespeel het. Jeptha is ook in die Boland o.17 span opgeneem en het die SA-span net-net gemis. |
|
||||