|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
ONS leef in 'n tyd van erge diefstal en moord, aanrandings en verkragting. Daar is seker baie ander dinge waaroor 'n mens met rede kan kla, maar dan laat dit 'n mens se hart sommer warm klop as daar iets oor jou pad kom wat die dag mooi maak. So is ons plaaslike biblioteek in Meulstraat altyd vir my 'n bron van groot plesier. 'n Baie groot dankie aan die bekwame en altyd glimlaggende bibliotekaresse, Amarie le Roux en haar hele hulpvaardige personeel vir die diens wat hulle lewer. Ons biblioteek kan spog met 'n groot verskeidenheid boeke en ander materiaal wat in almal se smaak val. Maar wat my die blyste maak, is die ekstra moeite wat hulle doen om vir jou daardie besondere boek, CD of film of noem maar op, te gaan soek wat nie op hulle rakke staan nie. Nog nooit het ek iets aangevra wat ek nie gekry het nie! Ons as Paarliete kan met reg trots wees op ons biblioteek en die dienste wat daar gelewer word. Corrie Grant |
|
|
|
|
'n MENS hoor en sien soveel aaklighede, dat wanneer jy skielik met 'n onklaar motor langs die pad gaan staan, jy die ergste verwag. Vandag wil ek vir die vreemdeling wat my weer laat besef het daar is nog goed in die wêreld, baie dankie sê. My motor het Donderdagoggend 27 Februarie skielik onverklaarbaar op die Agter-Paarlpad gaan staan. Ek het dadelik my man by Wellington geskakel, maar dit sou hom 'n halfuur neem om by my uit te kom. Ek was baie op my senuwees, maar dit was skaars ses minute toe stop 'n geel provinsiale administrasie vragmotor by my. Die man, JB Visser, sê toe hy sal by my wag tot my man kom, want hy sal nie 'n vrou alleen langs die pad los nie. So het hy ook gemaak, en ek sal hom innig dankbaar bly. Nou weet ek, daar is nog mense wat omgee. Dankbaar |
|
|
|
|
OM beswaard te raak oor 'n muggie wat jou steek, is 'n mors van tyd. As die muggie jou op 'n gevoelige plek steek, mag jy met gevoel en entoesiasme jou gevoelens in die lug werp, al is dit tussen jou en die muggie. Valentynsoggend, net na sewe, kry ek 'n kaartjie. Nie "Ek is lief vir jou" of "Ek mis jou" nie, maar vir "gebruik van 'n selfoon met regterhand terwyl bestuur". Ek besef hoeveel daar al gesê is oor dié besondere sonde, maar nog steeds maak dit nie vir my enige sin nie. Daar is soveel ander erger gevare wat nie raakgesien word nie, maar dit? Net die feit dat ek die ding in my hand het, maak my 'n gevaar op die pad. Is dit egter om my selfoon in my linkerhand of regterhand te hê, of wat van "kam hare terwyl bestuur" of "vinger is op linker-knie terwyl bestuur"? Dit is na mening 'n wet wat maklik is vir 'n beampte om toe te pas en dat meer gevaarlike oortredings misgekyk word. Ek sal my R300 betaal, omdat ek die sondaar is en hoop dat die verkeersdepartement die geldjie goed kan gebruik. Valentine |
|
|
|
|
WE skateboarders were promised a skate park by the town council, but one year later nothing has been done. We get told that it's not legal to skate in public and all the cool spots have "no skating" signs which is like telling a swimmer not to swim in water. To each his own: we all have ability to shape our own destiny and the path we choose to walk, but we need help. A lot of people in Paarl have a lot of power, but with great power comes great responsibility which must be channeled towards a greater good in which all can benefit. If a skate park is built, we'll be happy and the citizens of Paarl will be happy as they won't see us in the street or at unauthorised places with obstacles to skate on. So, help is in our quest for a skate park and never underestimate the power of the human spirit. Is there no business who can assist us with a skate park, such as the big shopping centres in Cape Town have done? Gary Dude-boy |
|
|
|
|
I am a former Paarlite, the daughter of the late Alec and Becky Myers of the Commercial Hotel in Paarl, now living in New York. My father ran the Commercial Hotel for about 20 years until it closed in 1966. I was raised at the hotel and attended La Rochelle Girls' High School. I have been in New York since 1972 and in 1973 I started working for Associated Press which is headquartered in Rockefeller Centre, New York. I am currently the Promotion Manager and Manager of the AP Company Store, www.ap.org. One of the letters of introduction I received when I graduated from La Rochelle was from Mr Malherbe who was the editor of The Paarl Post in the 60's. Little did he know I would end up in the news business. I was searching in Google and happened to type in Paarl and came upon this website. I am so impressed that it exists, and will make it known to everyone that I know. Always visit Paarl when in South Africa. Susan Clark |
|
Redaksioneel: |
|
|
|
|
VAN uitstel kom afstel, maar hierdie keer sal die agterosse maar eenvoudig moét sorg dat hulle die kraal se hek haal, anders sal die land se paaie binnekort heelwat rustiger wees. Motorryers met ou rybewyse sal na April nie meer mag bestuur nie, en sal geen keuse hê as om die lang toue by verkeersdepartemente aan te durf nie. Verlede week het verkeerskantore gelyk soos die kaartjiekantoor by Nuweland of Boland Park stadion. Mense van heinde en verre het hul pogings om hul rybewyse betyds om te skakel sommer 'n daguitstappie na die platteland gemaak, in die hoop dat dit stiller sou wees. Maar die hoop het beskaam. En op Wellington het dié wat toe alreeds dikbek moeg gestaan was, 'n dubbel-verloor gekry, toe hul boonop verkeerskaartjies gekry het. Die afgelope week het dit ietwat stiller gegaan, en is sowat 100 mense per dag bedien, teenoor 300 per dag verlede week. Hopelik sal van uitstel nie afstel kom nie: anders gaan baie bestuurders van 1 Mei ry met Jan-Tuisbly se karretjie. |
|||||
|
|||||