|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n OPEDAG word môre by Huis Vergenoegd ouetehuis in die Paarl gehou met allerhande interessante aktiwiteite en verkope. Daar sal onder meer om 09:00 'n buitelug-mark op B-Blok se stoep plaasvind, waar gedroogte vrugte, gebak en handwerk gekoop kan word. Ingevoerde klere en skoene uit die Ooste sal in die C-Blok se voorportaal wees en daar is aanpasfasiliteite beskikbaar. Om 09:30 word daar 'n teepartytjie teen R20 per persoon in A-Blok se teekamer aangebied. Kaartjies vir die teepartytjie kan by Marina Mostert by 872-4012 voor 1 Maart gekoop word. Om 10:30 is daar 'n besigtigingstoer van Huis Vergenoegd vanaf B-Blok se groen sitkamer, onder leiding van Ina Maritz. Navrae by die maatskaplike werker, Lydia Corbett, by 872-5516 of by Hoofstraat 188, Paarl |
|
|
|
|
DIE jaarlikse Wêrelbbiddag vir vroue vind weer vandag plaas en daar word twee byeenkomste in die Paarl gehou. Die een byeenkoms is om 19:00 in die Toringkerk. Samesang begin om 18:50. Dit word gelei deur Lorraine Lotz, in Afrikaans en Engels. Nog 'n gebedsbyeenkoms begin om 19:30 in die Annunciation-saal, Paarl-Oos, waar Rosie Jansen die boodskap bring. Navrae by Cathy Patience, 862-0620. Dit is vanjaar die 73ste keer dat die Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika gehou word. Die wêreldwye, uiters aktuele tema vanjaar is "Heilige Gees, vul ons/Holy Spirit, fill us". Dit is deur die vroue van Libanon uitgewerk, en deur die Wêreldbiddag Komitee van Suid-Afrika aangepas. |
|
|
|
|
DIE Drakenstein Biblioteekdiens vier van 17 tot 22 Maart Biblioteekweek en vanjaar is die tema "Jou reg om te lees/Your right to read". Tommie Matthee, hoof van biblioteekdienste, sê as gevolg van die groot hoeveelheid boeke en ander materiaal wat jaarliks verlore raak, is daar besluit om Maart as boetevrye maand te verklaar. Mense kan, behalwe by die bilioteke self, enige laat materiaal ook by een van die volgende plekke in 'n houer plaas sonder om uitgesonder te word of om boetes te betaal: Vee's Videos (Lady Greystraat); Shoprite (Wellington en Paarl); Food World (Klein Drakensteinweg); Center Point (Klein Drakensteinweg); Klinieke (Mbekweni); Max Supermark (Mbekweni), asook skole in die Drakenstein gebied. "Ons vra groot asseblief: bring net die boeke, cd's, video's of kassette terug en vergeet van boetes, trouens ons sal dit afskryf bloot om die materiaal te kry. "Boetevrye maand sal vir alle lede geld, maar ons wil egter ons getroue gebruikers vra om voort te gaan om hulle materiaal getrou in te handig." Op Woensdag 19 Maart word daar ook spesiale voorlesings in al die biblioteke gehou. |
|||
|
|||