|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n MA van Pniel en haar seuntjie het gesterf toe die vrou se motor Saterdag die pad verlaat en deur 'n muur langs die Simondiumpad gebars het. Enid Ruthford (27) en haar enigste kind Ryan (17 maande) was om 17:30 onderweg toe sy by Wilderer's Distillery beheer oor die motor verloor het. Die motor het deur 'n muur geploeg en op sy dak te lande gekom. Enid, opleidingsbeampte by 'n suiwelprodukmaatskappy op Stellenbosch, en Ralph Ruthford, personeelbestuurder by 'n vismaatskappy, is twee jaar gelede getroud. Klein Ryan was die families se eerste kleinkind. Benewens die vader word ma en seun oorleef deur Enid se ouers en skoonouers, suster, broer en swaer. Die tuisdiens is vandag om 14:00 in die Ruthfords se woning te Starkingstraat. * A Pniel mother and her baby son died in a road accident in Simondium. |
|
|
|
|
A KEEN Paarl soccer player, Craig Young (23), died after a road accident in the Northern Cape on Monday afternoon. Craig matriculated at Paarl Boys' High in 1997 and chose to remain in South Africa when his parents and sister returned to their home country, Scotland, in 2001. The family had lived in Bosch Street, Paarl North. As his father had been a buyer for Berg River Textiles, Craig followed in Raymond Young's footsteps and became a buyer for Demtex Material. Craig was on his way to the Upington store when his bakkie left the road near Brandvlei and overturned. He was well-known in sports circles, as a soccer player for the Paarl Soccer Club and an athlete who liked to work out in the gymnasium. Craig's parents are returning from Scotland to make the funeral arrangements. |
|
|
|||||||||||||
|
SAGTE kermgeluidjies begroet 'n mens as jy met die tuinpaadjie van Janfiskaalstraat 293A in die Paarl stap na die netjiese opslaanhuisie. In die kombuis staan 'n pragtige jong vrou met 'n ooglopend siek baba op die arm. "Verskoon maar, Keenan voel nie so lekker nie," en Viola Williams sus en troos haar seuntjie van agt maande. Keenan het 'n lewersiekte, biliêre atresie, en sal uiteindelik 'n oorplanting moet kry. Viola se ander kind, die sesjarige Shasson-Lee, is een van die min ligpuntjies in haar lewe. Viola se man, Joseph, het net 'n tydelike werk. Hy het self 'n ernstige nierprobleem en ontvang gereeld hospitaalbehandeling. Met ons besoek, is hy reeds weer in Paarl Hospitaal. "Hy kan nie aandag skenk aan sy gesondheid nie, omdat hy lang skofte moet werk om ons gesin te onderhou," vertel Viola. Hulle loseer by haar skoonma, wat werkloos is en op die oomblik sit hulle sonder elektrisiteit. "Ek moet gedurig ons bure in die oë kyk om kookwater te kry vir Keenan se bottels en om die kinders te bad. "Ek sou so graag wou gaan werk, maar ek kan Keenan by niemand los nie. My werkgewer sal ook nie tevrede wees as ek elke keer afwesig is om Keenan by die hospitaal te kry nie." Keenan is gebore met die lewersiekte: "Niks het maklik gegaan met hom nie," vertel Viola. "Ons was op pad hospitaal toe vir die geboorte, toe ek Joseph terugstuur vir iets wat ek vergeet het. "Toe hy terugkom, was hy net betyds om Keenan te vang - sommer hier op die landjie agter die huis." Dit was gou duidelik dat alles nie pluis is met die kleinding nie. "Hy het geelsug gehad, wat nie snaaks is by babas nie, maar hy wou net nie beter word nie." Uiteindelik is hy met bilêre atresie gediagnoseer en daar het hulle werklike nagmerrie begin. "Hy is 'n buitepasiënt by Tygerberg, wat beteken dat ons gereeld met die trein soontoe moet gaan." Sy sê niks oor die ongerief nie, maar haar oë vertel hul eie storie van 'n dag in taxi's, op treine en in wagkamers met 'n kindjie wat huil van pyn en ongerief. Keenan is allergies vir luiers en kan net weggooidoeke dra. Hy kan ook net 'n spesiale formule melk inneem. "Alles is so duur en dan is daar Shasson-Lee ook nog. Hy het vanjaar by Amstelhof Primêr begin en daar moet skoolgeld en ander skooluitgawes gedek word." Die Paarl Kindersorg gee aandag aan die saak en enigeen wat die gesin wil help, kan die kantoor skakel by 862-6182. |
|
||||