ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 6 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 May  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Ons omgewing word al meer besoedel

[ Top ]


EK is bitter ontsteld oor die toestand van ons dorpe omdat mense so mors.

Waar jy ook al in hierdie pragtige dorp van ons ry, is die wêreld besaai met rommel, blikke en bottels.

Tot watter standaard het die mense gedaal dat niemand omgee vir hulle omgewing of vir hulle medemens nie?

'n Mens kan mos geen respek vir jouself hê as jy oral loop ee rommel strooi nie. 

Die nuwe regering het telkemale beloof dat werkloosheid verlig gaan word. Maak nou gebruik van hierdie wonderlike geleentheid om werklose mense in te span om die dorp op te ruim van die vullis.

Dit is veral die toestand van Bainskloof wat my na aan die hart lê.

Dit is aaklig as mens die prag-tige natuurskoon bewonder en oral lê blikke en drankbottels rond.

Ek hoop regtig dat Drakenstein Munisipaliteit en die Distriksraad nou 'n daadwerklike poging gaan aanwend om hierdie probleem op te los.

Hoekom word daar nie boetes ingestel vir hierdie rommelstrooiers nie?

Viva vir 'n skoon Paarl en omgewing!

Justine Immelman


Geen wetstoepassing deur Paarlse verkeer

[ Top ]


MET die lees van die brief in Paarl Post van 22 April ten opsigte van spoedwalle in Smartietown en ten spyte van die antwoord deur die munisipale bestuurder, mnr Carstens, het ek werklik tot die besef gekom dat daar 'n algehele probleem met betrekking tot wetstoepassing in die Paarl is. 

Wie probeer die Munisipaliteit bluf met die antwoord?

Daar is tans geen wetstoepassing deur die verkeersdepartement nie.

Het die tyd nie nou aangebreek waarop die uitdink van verskonings gestaak moet word, en dat fisiese wetstoepassing deur die verkeersafdeling ernstig moet begin plaasvind nie?

Weens 'n gebrek aan genoegsame personeel vir wetstoepassing deur die verkeersafdeling in die Paarl is geen straat in die Paarl meer veilig nie.

Wat het geword van:

1.  Spoedlokvalle;

2.  Wetstoepassing deur die verkeersafdeling?

Of moet die verkeersafdeling eers 'n aansoek by die Raad indien alvorens enige wetstoepassing gedoen kan word?

Ek myself as inwoner van die Paarl is terdeë daarvan bewus dat die strate in die Paarl geensins veilig is nie. 

Ten spyte van verskeie klagtes wat reeds deur myself en ander inwoners ingedien is, vererger die probleem. 

Wanneer gaan iemand wakker skrik?

Lorinda Mostert


Dié verkeersirkel veroorsaak stres

[ Top ]


EK verwys na die brief van F Davey in die Paarl Post van 22 April. Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens beweer in sy andwoord op die versoek vir spoed-walle in Smartietown die volgende: verkeerskalmerings-maatreëls is tydrowend, dat daar 'n waglys hier-voor bestaan en dat daar nie altyd genoeg fondse bestaan nie, dat opnames oor 'n tydperk van drie tot ses maande gemaak moet word ten opsigte van voetgangers en ongelukke, sowel as opvolgmetings wat gedoen moet word.

In die lig van die bogenoemde wil ek graag net die volgende vrae aan Carstens vra:

* Wie het vir die onbenullige, belaglike verkeersirkel in Klein Pa-rysweg, waaroor feitlik alle inwoners ontevrede is, aansoek gedoen en hoe lank was hierdie versoek op die waglys?

* Wanneer was die nodige op-names en opvolgmetings gemaak?

* Hoeveel ongelukke het op dié pad plaasgevind?

* Wie het vir dié verkeersmaatreël - wat stres veroorsaak - betaal?

Agie vra maar net

Die munisipale bestuurder reageer: 'n Mini-sirkel soos in Klein Parysweg word aangebring om twee redes:

Dit vervang die normale driepuntstop en maak dus vir beter vloei van verkeer en ver-hoed direkte impakbotsings indien iemand oor die Stop sou jaag.

Dit help ook met die demping van verkeer op die lang, reguit pad wat oral in die Paarl 'n probleem is met sommige mense wat dit gebruik vir 'n renbaan.

Indien die gemeenskap die sirkel glad nie wil hê nie, kan ons dit vervang met 'n driepuntstop, maar dan moet daar genoegsame konsensus wees. 

Net  die aanbring van 'n stopteken in Bonapartestraat word glad nie aanbeveel nie en spoedboggels is gewoonlik die laaste uitweg.


Dankie vir hulp

[ Top ]


HIERMEE wil ek graag namens die TB Bewusmakingskomitee my dank uitspreek teenoor al die borge wat so mildelik bygedra het tot die sukses van die onlangse nasionale TB-dag.

Ons waardeer alle organisasies en persone se betrokkenheid en toewyding en hoop van harte dat daar in die toekoms ook so goed saamgewerk kan word.

Sr Susan Meyer (Distrik TB-koördineerder)


Beeld van eenheid

[ Top ]


GRAAG wil ek net my mening uitspreek oor 'n foto in die Paarl Post van 15 April. Dit was 'n foto van 'n groep kinders (graad agt) van Hoërskool Franschhoek wat die vlermuisgrotte by Bonnievale gaan besoek.

My hart het sommer begin bokspring, want dit was leerlinge van alle kleure.

Kan ons almal nie soos daardie kinders op daardie foto's wees nie? Geluk aan Franschhoek Hoërskool.

Inwoner van Pniel


Buurtwag in Noorder-Paarl moeite werd

[ Top ]


EK laat sak my kop in skaamte oor die agtelosige houding van die Noorder-Paarliete wat nie R20 wil bydra vir die diens wat die Noorder-Paarl Buurtwag nie. 

Nou het ek 'n baie interessante brokkie statistiek oor dié omge-wing.

Volgens 'n assessor by 'n ver-sekeringsmaatskappy in Paarl, het die inbraak- en diefstal-eise in Noorder-Paarl opmerklik gedaal nadat dié buurtwag inbegin het.

Bekommerde inwoner


Dink ook aan ander

Editorial

[ Top ]


MOTORONGELUKKE het die afgelope tyd weer talle lewens van Dra- kensteiners geëis.

Die hartseer en verdriet waarin familie en vriende gedompel word, is onbeskryflik.

Maar behalwe persoonlike verlies, is daar ook wesentlike probleme soos gesinne wat sonder 'n broodwinner moet oorleef en kinders wat sonder 'n ma moet grootword.

Daar is ook praktiese probleme soos 'n beskadigde motor. Dikwels is daar nie versekering nie, of dit dek nie die volle koste nie.

Lewensverlies, of selfs net beserings, het ook 'n invloed op die gemeenskap en werksomgewing.

Dood kan 'n kringeffek hê in al die organisasies waar die slagoffers betrokke was.

In die werksomgewing kan dit enorme koste beteken met die aanstel van nuwe personeel óf die opleiding van 'n geskikte plaasvervanger.

'n Mens kan tereg vra waar die oplossing vir dié probleem lê. Strenger toepassing van verkeersreëls mag 'n positiewe invloed hê op die ongeluksyfer.

Die probleem is egter dat dit waarskynlik net 'n korttermyn-oplossing sal wees.

Op die langtermyn sal elke padgebruiker in Suid-Afrika moet besluit om verantwoordelikheid te aanvaar nie net vir sy/haar eie veiligheid nie, maar ook vir mede-gebruikers.

Ons moet leer om padveiligheid te sien as 'n verantwoordelikheid en nie 'n reg nie. Dit sluit in 'n verpligting om by die spoedbeperking te hou - nie net ter wille van jou medemens nie, maar ook jouself.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]