ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 6 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 May  2004 at 17:30

Nuus - News

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Drie lange jare

[ Top ]

Malané Bosman


VIR die gesin van 'n jong man van Wellington wat drie jaar gelede verlam is toe vier geweerpatrone sy ruggraat deurboor het, is berusting nou nader.

Vir lede van die Paarl Kommando wat van poging tot moord aangekla is nadat Ranwell Pienaar (toe 17)  in Paarl-Oos raakgeskiet is, kan die uitslag van die slepende hofsaak ook nie gou genoeg kom nie..

wranwell02FC

VERLAM. Met 'n weermagkoeël steeds in sy rug, is Ranwell Pienaar (21) van Wellington 'n parapleeg .

Ranwell kan vandag net sy kop beweeg, en word deur familielede in hul woning te Davidslaan, Vanwyksvlei, versorg.

Johan le Roux en Mlamli Dlwati is steeds in diens van die Kommando. 'n Derde beskuldigde, Christiaan Hansen, is intussen vermoor.

Andy Lawrence het verlede week in die Paarl streekhof getuig dat hy as lid van die Paarl Kommando die aand van 6 Desember 2000 'n bakkie "ruk-ruk" met Van der Stelstraat sien aankom het, wat "by die stopstraat gevrek het".

Weermaglede het na die bakkie beweeg terwyl hy aan die voorkant stelling ingeneem het.

"Die bakkie het skielik met spoed weggetrek en die ander lede het begin skiet omdat my lewe in gevaar was. Ek moes uit die pad spring anders het die bakkie my doodgery.

"As jy in Chicago met die klomp bendes werk, moet jy altyd gereed wees. Ons gedragskode skryf voor dat jy jou eie diskresie moet gebruik as 'n makker se lewe in gevaar is."

Volgens staatsaanklaer Desmond Francke moet die staat vasstel of daar in noodweer opgetree is, en indien wel, of die handeling die perke van noodweer oorskrei het.

"Die operasionele bevelvoerder het toegegee dat 'n maand se opleiding genoeg was om konfliksituasies te hanteer. Die beskuldigdes was dus bevoeg om dié soort aanvalswapens (R4's) te gebruik.

"Ek glo later sal daar siviele aksies teen die SA Weermag kom, maar die Weermag word nie vandag vervolg nie."

Le Roux het erken dat hy eerste geskiet het, en aanhou skiet het ook nadat Lawrence uit die pad van die voertuig beweeg het.

"Die R4 is 'n aanvalsgeweer, nie om af te skrik nie, maar om te dood. Die beskuldigdes sê hulle is goeie skutte, hulle moes voorsien het dat hulle die klaer kon beseer het," het Francke aan die hof gestel.

"Hul weergawes verskil wesentlik van mekaar, asook met dié van die getuie vir die verdediging."

Keith Sheldon, wat vir die verdediging optree in opdrag van die SA Weermag, het in sy betoog gesê: "Ons is nou hier in veiligheid. Lawrence sê hy het gevaar gesien en uit die pad daarvan gespring. Die beskuldigdes sê hulle het gesien hul kollega se lewe is in gevaar.

"Ons was nie daar nie. Ons kan nie sê wat ons in so 'n situasie sou moes doen nie."

Ranwell Pienaar het die aand sy pa se voertuig sonder toestemming geneem.

"Was hy bang hy sou gearresteer word omdat hy die voertuig gesteel het, of het hy weggejaag omdat hy bang was vir die bendes van Chicago?

"Daar is geskiet om die voertuig te stop, soos die voorskrifte lui wanneer gevaar teen 'n makker gekeer moet word.

Dit was 'n noodsituasie en hulle het opgetree soos die noodsituasie verlang," het Sheldon afgesluit.

Landdros Annemarié Immelman sal op 28 Mei uitspraak gee.

Ranwell se gesinslede sal in die hof wees soos die afgelope jare, hartseer en nou hoopvol.

* Sentence is expected soon after the shooting of a teenager by members of the SANDF three years ago, leaving him paralysed


KWV culls managers

Anne Kruger

[ Top ]


THREE senior managers at KWV retired suddenly on Friday, leaving only two of the six chief executives of the company in place.

The retiring executives are Nico Kotze (group financial manager), Willie de Klerk (group manager corporate affairs) and Elna Mouton (group human resources manager). All are in their early fifties and have retired "after negotiations and by mutual acceptance", according to a KWV statement.

"The company expresses its gratitude to them for their commitment and loyalty over many years."

Kotze (51) and de Klerk (51) both have more than two decades of service at the company but none of the three were due for retirement.

This follows the equally sudden departure of Vernon Davis (MD of KWV International) two months ago. Davis and his financial manager moved to Wi- necorp at Spier.

Of the six executive managers of the KWV who served under previous chairman Lourens Jonker, only KWV Group MD Willem Barnard and Willem Bestbier, MD of KWV SA, are left.

It is now three years since major rationalisation started at KWV, in which about 160 employees were retrenched.

Some of these employees sued KWV for unfair dismissal, and later settled out of court.

According to the statement, the latest changes follow KWV's transformation from a co-operative to a company and the resultant abdication of industry responsibilities.

"As a result the Board has decided to rationalise management structures. To enable swifter reaction to foreign and local markets, greater decentralisation of authority is being implemented, with greater in- volvement of the board of directors in the subsidiaries."


Polisiehoof  deel van misdaadstatistiek

[ Top ]


DIE stasiekommissaris en 'n bekende advokaat van die Paarl word toe verlede week self deel van die misdaadstatistiek van hul dorp.

Snr/supt Paul Marais het Donderdagoggend skaars polisiestasie toe vertrek, of hy word ingelig dat daar by sy private motor ingebreek is.

Die motor was oudergewoonte teen sy voorstoep, veilig onder 'n afdak, by Huis Lenie Marais in Hospitaalstraat geparkeer.

Die vermoede bestaan dat jeugdiges vir die breek van die klein agterruitjie verantwoordelik was. 'n Ingeboude radiokassetspeler en luidsprekers is uitgeruk en weggedra.

Adv Niel Louwrence het nie gedink hy sou met slegte tyding teruggeroep word Paarl toe nadat hy Vrydag vir 'n afnaweek vertrek het nie.

Saterdag om 10:00 het sy ma nog die diere versorg en teen 11:30 het die polisie die huiseienaar begin soek.

Inbrekers het op die dak geklouter, alarmdrade geknip en daarna diefwering weggebreek om deur 'n venster toegang tot die woning in Bosmanstraat te verkry.

Waardevolle juweliersware, 'n videokamera en klerasie is onder die items wat die inbrekers uitgesoek het.

Rondloper-kinders in woongebiede in die Paarl skep 'n groot probleem, het insp Julia Claasen gewaarsku.

"Kinders loop in skooltyd, met of sonder 'n uniform, rond en bedel kos. Wanneer inwoners nie tuis is nie, word daar by hul wonings of voertuie ingebreek."

Rapporteer sulke gevalle by kapt Klaas Cloete (807-4055) of insp Hildegard Mackier (807-4022.

* Paarl's chief of police has also been hit by crime.


Herrie steeds los oor lykbesorger

Malané Bosman

[ Top ]


DIE herrie bly los in die geledere van Paarlse lykbesorgers en mense wat al met die onderneming Life-Line begrafnisdienste te doene gehad het.

Dit nadat lykbesorger Mike Onverwaght aangekla is van lykskending nadat hy die liggaam van 'n jong man op 17 April oornag in 'n oop sleepwaentjie gelaat hy by 'n vulstasie aan die voet van Dutoitskloof.

Onverwaght het nie verkoelingsfasiliteite of eie lykswaens vir sy Life-Line begrafnisdiens in Lady Greystraat nie.

Die familie van Dawid November, wat op pad na die krematorium in Malmesbury langs die pad gelaat is, was gister nog baie hartseer.

Meer as twee weke nadat hulle hul seun gegroet het en in die hande van die begrafnisondernemer gegee het, het hulle gister uiteindelik langs sy graf kon staan.

Die familie is egter ook in opstand teen die lykbesorger wat hulle soveel seer veroorsaak het.

Maria Dampies sê: "Onverwaght rol met ons om 'n bos. Ek het hom by die polisie op Worcester verkla, en eers nadat hy met die polisie gedreig is, het hy ons geld begin teruggee.

"Hy het  in die eerste plek die liggaam weggegooi. Ons het geen vertroue meer in hom nie.

"Onverwacht sê die familie wil hê hy moet die begrafnis waarneem. Hy lieg.

"Terwyl ons sukkel om ons geld uit hom te kry, het hy gesê hy het 'n groot tjek by hom, maar ons kan dit nie sien nie. Hy sê hy kan dit nie trek nie, want sy ID het uitgebrand."

Daar was 'n brand in die gebou waar Onverwaght se Life-Line kantoor is, maar daar is destyds aan die Paarl Post gesê geen dokumente is beskadig nie.

"Hy wou nou weer die kind begrawe, maar hy sê hy sal dit alleen doen, sonder die familie. Hy kan dan mos net sowel die liggaam weggooi of in 'n gat êrens plak. Hoe sal ons weet?

"Nee, ons sal die kind self laat bêre. Ons moet net die geld terugkry sodat ons dit aan 'n ander ondernemer kan gee waar die liggaam nou is.

Valley Funerals van Worcester het die liggaam by die lykhuis in die Paarl gehaal nadat die polisie dit vrygelaat het.

'n Voorlopige ondersoek deur die Paarl speurdiens is voltooi en die dossier is by die senior staatsaanklaer vir 'n beslissing oor moontlike vervolging.

Philip Andrews, voorsitter van die Boland Funeral Directors Association, het hierdie week 'n verklaring uitgereik.

"Die BFDA dien as spreekbuis vir  begrafnisondernemers wat lede is van die Forum, asook vir die gemeenskap ten opsigte van begrafnisdienslewering.

"In die lig van die diens gelewer teenoor verskeie families deur die ondernemer Life-Line van mnr Mike Onverwaght, wat ook lid was van die Forum, wil die BFDA dit onomwonde stel dat ons vir ons distansieer van Life Line, mnr Onverwaght en die tipe diens wat gelewer is.

"Omdat mnr Onverwaght/Life-Line deel van die Forum was, spreek die Forum sy innige meegevoel uit teenoor dié families wat getraumatiseer is onder wanoptrede soos waar 'n lyk wat in 'n sleepwaentjie langs die pad gelaat is.

"Die BFDA besef dat menige kliënte van Life-Line nou kansellasie van hul voordele oorweeg. Nogtans wil die Forum kliënte maan om versigtig te wees met kansellasies aangesien hulle al hul voordele sal verbeur.

"Die BFDA het 'n advieslyn by 862-3626 en wil graag eers die ongelukkige kliënte van Life-Line van advies bedien voordat kansellasie as 'n uitweg gevolg word."

Onverwaght het verlede week aan die Paarl Post gesê hy voel hy kry "stank vir dank".

Hy was bereid om uit te tree as hoofbestuurder van Life-Line, en sy pos te laat vul deur die finansiële bestuurder, Chris de Vries.

De Vries ontken dié aanstelling. Hy het verlede week die maatskappy verlaat.

* The funeral directors' forum has condemned a member who left a corpse by the Paarl roadside.


Bome groot gevaar in woonbuurt

John Goliath

[ Top ]


NA meer as tien jaar se gesukkel met bejaarde bloekombome wat omval en lewens in gevaar stel, is die Francke-gesin moeg daarvoor dat hulle klagtes op dowe ore val.

Alfred en Regina Francke van Riversidestraat in Paarl-Oos woon langs die ou begraafplaas van die Ascension Anglikaanse Kerk, met verskeie groot bome op die grens.

"In 1991 het ons hier in Riverside ingetrek en net 'n paar maande, toe val die eerste boom in 1992. Dit het net langs my bakkie geval en ek moes dit toe self opsaag," sê Alfred.

In 1993 het 'n tak op die dak van die kombuis geval en in 1999 het 'n deel van die familie se huis weer in die slag gebly, nadat 'n groot tak van 'n bloekomboom op die huis geval het, sê Regina.

"Ons het nog een aand gelê en televisie kyk. Dit het sommer lekker gereën buite en ons het besluit om maar binne te bly - ook maar goed.

"Skielik hoor ons 'n groot slag en sien 'n bloekomboom het die huis se buitemuur te pletter geval."

Groot waterskade is aan die huis gerig en die Franckes se versekering moes die skade dek.

Die gesin kla ook oor die beboste toestand van die verwaarlooste begraafplaas, waar 'n brand in 2001 glo deur leeglêers gestig is.

"Ons was bang ons huis bly in die slag toe die dak aan die brand raak. Ons bure het toe gelukkig die brand gehelp blus."

"Ons moes weer by die versekering hulp kry, omdat die kerk net mooi niks aan die saak wou doen nie," sê sy.

Na briewe om te kla, het die gemeente verlede jaar twee bome afgesaag teen 'n koste van R4000, maar daarna het twee groot bloekombome bly staan en een het verdroog.

"Ons het versoeke gerig dat dit afgesaag moet word, maar die kerk het niks gedoen nie.

Verlede maand het die massiewe dooie bloekomboom omgeval en dit lê nou hul hele agterplaas vol. Dié boom het gelukkig nie die huis getref nie, maar wel die tuinmuur platgeval.

"Daar is nog altyd 'n groot bloekomboom wat oor die huis toring. Dit is 'n gevaar en moet afgesaag word. Iemand kan nog baie seer kry, of selfs sterf," vrees Alfred.

Volgens eerw Dirk Magerman, leraar van die gemeente, word die saak ondersoek om uitsluitsel te kry op wie se grond die bome staan.

"Hoewel die muur die bome skei van die Franscke se grond, loop 'n ou draad aan die anderkant van die bome. Dit kan dus wees dat die bome in werklikheid nie op ons grond is nie. Ons sal regsadvies moet kry," het Magerman gesê.

* A Paarl man and his family fear for their lives after blue gum trees on neighbouring church land fell onto their property.


Politieke gemors

Malané Bosman

[ Top ]


DIE honderde politieke plakkate teen die lamppale in die Drakenstein munisipale area het verkeersmanne baie ure, en baie kilometers, gekos.

Twee weke al stap Style Julies met 'n lang staaf in die hand van paal na paal om die agtergeblewe plakkate ná die verkiesing te verwyder.

Op sy spore ry Wilfred Africa stadig soos in 'n lykstoet, om die plakkate op 'n verkeersbakkie te laai.

Om hulle te help, want die distrik strek deur Mbekweni, by Wellington verby tot in Saron, drafstap Charles Quwe en Derick Engelbrecht ook van paal tot pilaar.

Terug by die verkeerskantore aan die Bergrivier Boulevard, is een stoorkamer nie meer groot genoeg vir die kartonne met die gesigte en die gesegdes van die politici nie.

Die amptenare het nog nie begin tel nie, maar dat daar 'n lywige nalatenskap van al die partye is, is gewis. En ook dat elke party sy R750 deposito verbeur.

Die Afrikaanse Christelike Demokratiese Party het darem die ordentlikheid gehad om voor die tyd al te waarsku - "ons gaan nie ons plakkate afhaal nie, hou maar ons R750".

Die Vryheidsfront het sommer sonder om toestemming te vra hul plakkate opgesit, en so ook nie 'n deposito betaal nie. Hulle kan nou 'n rekening uit Drakenstein verwag.

Intussen koukus die Raad hierdie week om die beleid rakende die opsit van plakkate te hersien. Dit was darem baie man-ure, en baie motormyle, om vir R750 af te lê.


'Verkragter' olik

[ Top ]


IN 'n emosiebelaaide oggend by die Paarlse Landdroshof het belangstellendes mekaar Vrydag verdruk om die Paarliet te sien wat na bewering 'n tiener in die welsynskantore verkrag het.

'n Borgaansoek is dié dag gebring, maar die staat het dit opponeer en aangevoer dat die speurdiens op die spoor van 'n tweede verdagte is.

Keith Sheldon, regsverteenwoordiger van die 43-jarige beskuldigde, het versoek dat sy kliënt in die hospitaal opgeneem word omdat hy "nie lekker" voel nie.

Volgens landdros Diane Blaauw kon so 'n versoek slegs oorweeg word ná 'n mediese ondersoek.

Buite het amptenare van die welsynskantoor betoog en geëis dat borg geweier word.

Van die amptenare het ook in C-hof gesit in afwagting op die bekende man se eerste openbare verskyning. Die hofsaal was so vol, dat sommige mense selfs gestaan het.

Toe die verdagte ná sy verskyning na die selle gelei is, is "phanzi-phanzi" (weg met hom) geskree.

Die ma van die tenger 17-jarige slagoffer het in trane uitgebars, waarna die aanklaer en die ondersoekbeampte haar getroos het.

Daar is intussen ook 'n tweede aanklag, van poging tot verkragting van 'n Paarlse 18-jarige, tot die klagstaat gevoeg.

Dié voorval sou die dag voordat die tiener van Franschhoek na bewering bedwelm en verkrag is, in dieselfde kantoor in die welsynsgebou in Nuwestraat, plaasgevind het.

'n Beweerde medepligtige, 'n 42-jarige man van Wellington, is die naweek in hegtenis geneem op die aanklag van die verkragting die Saterdag.

Altwee beskuldigdes word in Allandale Gevangenis aangehou en verskyn môre in die Paarl landdroshof.


Sersant aangekla

[ Top ]


'n SERSANT van Paarl-Oos polisiekantoor kan geskors word nadat 'n 14-jarige meisie langs die Bergrivier verkrag is.

Die polisieman (34) word aangekla van statutêre verkragting.

Hy en die meisie was glo Donderdag in lang grasse op die oewer van die rivier aan Westhovenstraat.

Die klaagster is nie beseer nie.

Die sersant, 'n getroude pa van drie, is in die Franschhoek polisieselle aangehou tot sy borgaansoek gister.

"Die sersant staar moontlike skorsing in die gesig," het media-offisier Elna de Beer gesê.

* 'n Sestienjarige is in hegtenis nadat 'n vrou (22) Saterdagaand met 'n mes teen die nek op 'n plaas buite die Paarl verkrag is.

Die vrou was op pad na haar woning toe haar voete onder haar uitgeskop en sy deur 'n tiener op die grond vasgedruk is verkrag is.

Die verdagte het reeds in die Paarl landdroshof verskyn.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]