|
DIE jaarlikse Derbystryd tussen Nederburg en Amstelhof Primêre Skole vind dié naweek plaas.
Vrydag se program, wat by Nederburg Primêr is, skop af met 'n pretloop/stap gevolg deur vlugbal. Die skaak vind na dit plaas, waarna die netbal vir o.7, o.8 en o.9 plaasvind. Die aand is daar 'n derbydans vir die leerlinge (R2).
Saterdag se program vind by Paulus Joubert Sekondêr plaas en skop af met atletiek en rugby vir die preprimêrs, gevolg deur netbal, rugby, sokker en hokkie.
Oud-studente (slegs o.19) kan ook aan die dag deelneem. Hulle kan die skool kontak by 862-1900.
Hekgelde vir die dae is R2 (R1 vir leerders). Skakel mnr Voss by Nederburg Primêr (862-1900) vir navrae. |