ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 6 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 May  2004 at 17:30

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

whighFC

VEILIG IN DIE MANDJIE. New Orleans se Kevin Williams verseker die bal vir sy span vanaf 'n afskop in hul halfeindstryd teen Noorder-Paarl in Klein Nederburg se Sewestoernooi wat Saterdag gehou is. Noorder-Paarl se Wesley Domingo wag om vir Williams plat te trap.


Paarl juniors oorheers fietsry SA's

[ Top ]


FIETSRYERS van die Paarl het die naweek by die SA Baankampioenskappe in Bellville weer gewys dat die dorp ryk is aan fietstrap-talent.

Die grootste uitblinker was beslis Reniell Matthysen van die Paarl Fietsryklub, wat ses goue medaljes verower het en aangewys is as die beste o.16 fietsryer op die byeenkoms.

Matthysen het die 1500m, 1000m naelry, 20km puntewedren, 500m tydtoets, en 2000m enkelagtervolging oorheers en ook goud gekry as deel van die WP-span se gesamentlike poging in die span-tydtoets.

Die jong Paarliet het beslis gewys dat hy tans die beste o.16 jaer in die land is.

Nog 'n o.16 Paarl-klub jaer, Marius Bester, was ook deel van die WP-span se sukses in die spanagtervolging. Hy het ook twee silwermedaljes in die 500m tydtoets en puntewedren ingeoes.

Dawie du Toit ook van Paarl Fietsryklub het in die veterane-afdeling vir ryers bo 50 jaar deelgeneem en twee goue medaljes (10km puntewedren, 1500m), 'n silwer (2000m enkelagtervolging) en 'n brons (1000m naelry) verower.

Die Rhadsport ryers Durwin Benjamin, Bertram Siebrits en Ivano Siebrits het Saterdag op die laaste dag van die kampioenskappe van die beste taktiese fietsry gelewer wat onlangs gesien is.

Die drie het hul teenstanders deeglik uitoorlê om aldrie die top plekke in die uitvalwedren vir juniors te vat. Dit is lanklaas dat drie ryers van dieselfde klub gelyktydig die plekke op 'n podium volgestaan het.

Ivano het ook 'n bronsmedalje verower in die 1500m en vyfde geëindig in die puntewedren, terwyl Bertram vierde in dié wedren was.

Hilmor Stuurman, Ivano Siebrits en Durwin Benjamin het ook skitterend gery in die span-naelry item en 'n silwermedalje ingeoes.

In die o.14 afdeling het Grant Stuurman goud gekry in die 1500m asook 'n brons in die puntewedren.

Rhadsport se o.16 ryers, Reginald Benjamin, Elrich Witbooi, Lesley Snyders en Ashley Daniëls, het ook almal silwer gekry in die span-agtervolging.

'n Silwermedalje in die naelry het Daniëls ook  nasionale kleure gegee.

Yorkshire Fietsryklub se Webster Jacobs het ook 'n silwer in die 1500m en 'n brons in die 500m tydtoets ingepalm.

'n Nasionale o.16 span is na afloop van die kampioenskappe aangewys. Matthysen, Daniels en Jacobs is aldrie in die span opgeneem.

Daarby is Matthysen, Durwin Benjamin, die twee Siebrits broers en Magdalene Nicholson ook in 'n oefengroep opgeneem waaruit 'n span gekies gaan word om Suid-Afrika te verteenwoordig tydens die Jeug Statebond Spele in Desember in Australië.


Sundowns win league

[ Top ]


THE soccer team of Mbekweni Sundowns soared to the top of the Castle League log when they had a comfortable 2-0 win over Ajax Cape Town at the Mbekweni Stadium last Tuesday.

Eric Maxamba and Thabang Makoti scored for the Paarl team.

Sundowns were on top of an outclassed Ajax side who seemed determined to defend all day. The home team created more chances and Ajax's goalkeeper was one of the busiest players on the pitch.

On Saturday Sundowns registered an emphatic 2-1 win over Bluegum United at the Bonteheuwel Sportsgrounds.

Strikers Eric Maxamba really "came of age" as he scored his 21st goal of the season alongside Siyabulele Tyantsi.

Sundowns' march to the top spot this season is remarkable. Of the 35 matches they played, they only lost one.

On Tuesday before their game against Santos Football Club last night, Sundowns was leading by 84 points.

Neighbouring Mbekweni team, Cosmos, was in the second spot with 67 points and four games outstanding.

Even if Cosmos win all four and got their full house of 12 points, Sundowns would still be out of reach.

Although Sundowns have already been ajudged the regional winners of the Castle League, they will still want to stamp their authority down on Hellenic whom they meet on Saturday, and their Mbekweni neighbours, Cosmos, whom they play on Tuesday night at the Mbekweni Stadium.

Sundowns will travel to Beaufort West where they will meet the local team in the regional playoffs on Sunday 16 May. The two teams will again clash the following Sunday at Mbekweni.

Sundowns fans who have supported the team from the start and wish to join the team to Beaufort West, can contact B Kwela at A-block 7 or 868-1486 (a/h).


New Orleans steeds bobaas in sewes

[ Top ]


DIE sewesrugbyspan van New Orleans het Saterdag tydens Klein Nederburg Sekondêr se jaarlikse sewestoernooi soos 'n warm mes deur botter deur hul teenstanders beweeg.

New Orleans was duidelik die sterkste span by die toernooi en het met oortuigende seges oor Klein Nederburg B (40-7), Groendal A (24-17) en Paulus Joubert (24-12) vir hul 'n plek in die bekereindstryd bespreek.

Paulus  het op hul beurt ook genoeg gedoen vir 'n plek in die bekerhalfeindstryd. Behalwe vir een nederlaag, het hulle vir Groendal A (21-12) en KN B (19-0) geklop.

Die gasheerskool se A-span het goed gevorder tot die halfeindstryd in die bekerkompetisie met seges oor Noorder-Paarl (17-14) en Groendal B (19-0).

Die vierde span wat na die bekerhalfeindstryd deurgedring het, was NP wat ondanks hul nederlaag teen KN A sukses behaal het teen Robinvale (29-0) en Groendal B (29-0).

In die plaathalfeindstryde het Groendal A vir Robinvale 26-12 geklop, terwyl KN B vir Groendal B 31-12 kaf gedraf het.

Groendal A was egter te goed vir KN B in die plaatfinaal, met veral hul skrumskakel, Granville Prins, wat 'n groot staatmaker was in hul 31-12 sege.

'n Moeilike New Orleans het vir NP 51-0 verwoes in hul bekerhalfeindstryd terwyl Paulus vir KN A in 'n spannende wedstryd 10-7 geklop het.

NO het Paulus met gemak in die finaal met 28-5 geklop.


Peoples kou Paarl

[ Top ]


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Daljosafat met 'n erg verswakte span karakter gewys toe hulle vir Paarl met 25-16 geklop het.

Die Tiere was met rustyd 10-8 voor.

Met vier sleutelspelers buite aksie weens siekte en beserings, het Peoples sy spelpeil 'n paar kerwe gelig en in alle fasette van die spel te veel skietgoed vir Paarl gehad.

Die Tiere het die sterk Paarl-skrum by tye in trurat gehad en drie vaskoppe gehaak.

Met Peoples se pak op die voorvoet het die tuisspan se snellers heeltyd gevaarlik aangeval en net 'n paar ongedwonge foute en verkeerde opsies het Peoples verhoed om meer drieë te druk.

Die sterk senter, Giezler Sitzer, het met sy verdediging beïndruk en ook die deurslaggewende drie gedruk.

Paarl sukkel self tans in die nuwe liga, met die sewe van sy kern spelers wat die klub verlaat of opgehou speel het.

Afrigter, Rudolf Paulse, sê egter sake behoort binnekort beter te verloop met vier van die spelers wat weer by die span gaan aansluit.

Davey de Kock en Barry Williams het Peoples se ander drieë gedruk, terwyl Andrew Victor met twee strafskoppe en 'n doelskop geslaag het. Butch Green het ook 'n doelskop oorgesit.

 Vir Paarl het Marco Martin (heelagter) en Donald Horn (stut) gedruk, terwyl Mark Kruger (losskakel) met 'n skep- en strafskop geslaag het.

Peoples II het 31-8 gewen terwyl Paarl se derde span 19-3 gewen het.

* Peoples se jaarlikse Sewestoernooi word vanjaar vir die eerste keer in die toernooi se 14 jare van bestaan, oor twee dae gehou. Die toernooi skop op 18 Junie om 19:00 af en sal die volgende dag om 14:00 voortduur. Sestien spanne sal sake op beide Faurestraat Stadion en Daljosafat uitspook.


Albions saai verwoesting

[ Top ]


DIE span van Young Stars was Saterdag in die Paarl midde-in 'n drieë-storm toe Albions hulle met 45-13 kafgedraf het.

Die Albions-toeskouers het meer as genoeg rede gehad om die Faurestraat Stadion met sang te laat dreun, terwyl hul span sewe drieë ingeryg het op pad na dié massiewe sege.

Dit was weer die tuisspan se pak voorspelers wat die pap dik aangemaak het en met genoeg besit kon die gevaarlike agterlyn na hartelus die gapings in die verdediging opsoek.

Binne die eerste 20 minute het Albions reeds drie drieë gedruk om rustyd 21-6 voor te loop.

Die slot Alfredo Adams het vir Albions goeie besit in die lynstane verseker terwyl Ashley Raubenheimer (skrumskakel) 'n blitsige vonkprop agter die skrum was.

Raubenheimer se vinnige diens het dan ook vir die regtervleuel, Alvin Hugo, die kans gegun om 'n driekuns van drieë te druk.

Met die samespel tussen die voor- en agterspelers wat net verbeter het, het die tweede helfte selfs beter vir die tuisspan verloop en hulle druk 'n bykomende vier drieë.

Die terugkeer van Albions se kaptein, Roderick Allies, na 'n besering hom lank van die veld gehou het, het ook die span ekstra vuur gegee. Allies self het ook gelyk of hy gou weer sy beste rugby gaan speel.

Benewens Hugo se drie drieë het Jenovan Cornelissen, Elrico Pietersen, Gamain Poggenpoel en Adams ook gedruk, met Enrico Jordaan wat vyf doelskoppe oorgeklits het.

Die flank Yulin Claasen is as speler van die wedstryd aangewys.

Albions se tweede en derde spanne het ewe indrukwekkende seges behaal en onderskeidelik 53-0 en 48-0 gewen.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]