safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 6 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 13 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Genoeg is genoeg: roei dié parasiete uit

[ Top ]


MET die lees van die berig oor munisipale skuld van 30 Mei kon ek nie help om te voel dat dit nou 'n geval moet raak van tot hier toe en nie verder nie. Hoe is dit moontlik dat munisipale skuld net maandeliks kan toeneem en dit word maar gelate aanvaar?

Miskien is dit nou die tyd om die sagte handskoentjies waarmee wanbetalers gepamperlang word uit te trek en 'n slag verantwoordelikheid te plaas op diegene wat genoeg deursettingsvermoë het om bloed uit 'n klip te tap, maar nie dieselfde deursettingsvermoë toepas wanneer dit kom by die wees van 'n verantwoordelike landsburger nie.

Met die opskorting van onbetaalde dienste is daar verskeie voordele, onder andere dat ander persone wat op waglyste is vir munisipale behuising en wel bereid is om te betaal, geholpe word.

Persoonlik sou ek eerder R600 000 per maand spandeer op wetstoepassing teen mense wat nie vir dienste wil betaal nie, en in die proses ons omgewing ook veiliger maak. Dit is immers die bedrag wat genoem word as maandelikse toename in munisipale skuld.

Dink verder aan die werksgeleenthede wat hierdeur geskep word en die besparing aan kosbare hulpbronne soos water en elektrisiteit.

Gemeenskapsleiers wat gewoonlik voor in die koor protes aanteken wanneer dienste opgeskort word, moet hulself eerder sinvol besig hou met die opleiding van gemeenskappe.

Dink net aan die verskil wat R75 miljoen kan maak met broodnodige programme rondom werkskepping, behuising en beveiliging van ons gemeenskap, om maar 'n paar te noem.

Uiteindelik is daar maar een uitweg - verbreek die siklus van 'n kiem om sy voortbestaan te beëindig.

Moeg vir parasiete


This shopping mall is just what Paarl needs

[ Top ]


REGARDING the development of the shopping mall on the outskirts of Paarl: I am always amazed how resistant some people are toward change, particularly when they have a vested financial interest.

They are opposed to the improvement of facilities, better shopping and recreational environment - not to mention safety and peace of mind when shopping and being able to take the whole family out into a relaxed atmosphere.

One only has to observe other shopping malls in and around Cape Town and other cities in the country and indeed around the world to observe people and families enjoying themselves going out. It is about time that the town of Paarl joined the rest of the world in the 21st century.

Of course one is aware that some of the objectors to the scheme have financial interest in the centre of Paarl, particularly in the rental aspect of property, but their avarice has driven many traders from the town centre.

Maybe it is a 'wake up' call to those who have sat on the backs of others for so long to join or lose out on a moving world.

To those who are really genuinely involved in the new development - it would be interesting to take a survey of the people of Paarl to see where support lies, and how realistic the development is to the ordinary people, as opposed to the 'money bunnies' constantly making choices for the rest of us.

Go for it, I say!

EVB Shorenberg


Polisie-optrede kon dalk ongeluk verhoed het

[ Top ]


EK verwys na die berig in die Paarl Post van 30 Mei ("Motoris wil eis") oor 'n motoris wat 'n bees getref het tussen Paarl en Wellington. Ek het dieselfde nag 'n kwartier na middernag by die einste beeste verbygery.

By die huis aangekom het ek dadelik die Wellington Polisie gebel wie se reaksie was "Bel Paarl Polisiestasie, meneer". Ek het my nog vervies en gesê:" Intussen ry iemand hom dood teen die beeste!"

Hoekom kan hulle nie net per radio met hul kollegas in die Paarl kontak maak nie?

Paarl Polisie se reaksie op my oproep was: "Ons stuur iemand uit, meneer". Het hulle?

Daar is geen rekord van my oproep of dat iemand uitgestuur is na die beeste om daardie tyd by die Paarl Polisiekantoor nie.

Kon die ongeluk nie verhoed gewees het as hulle dadelik gereageer het nie? 

'n Vraag wat by my opkom, is hoeveel mense wat by sulke gevaarsituasies verbyry doen die moeite om die Polisie te bel en hulle daarvan te verwittig?

Moet daar eers een van ons naastes betrokke wees voor ons reageer?

Meer betrokkenheid (op alle vlakke!) sal tog sekerlik die owerhede se taak vergemaklik! Sal die polisie nie ook positief hierop reageer nie?

Sieg Kröger, Wellington

Kapt. William Reid van die SAPD reageer: Die aangeleentheid word ondersoek.


Waking up to reality and setting example

[ Top ]


IN reply to the letter by Biebie Barbara Brits (Paarl Post 30 May) this is the reality: Internationally, Nationally or Provincially we have no example to follow - Paarl therefore needs to set the example and I know we can.

Already in place are structures for the democratic voice of the people to be accommodated, many organisations are doing really good works and everyone wants to experience less negativity and more quality of life.

All we need now is to co-ordinate and communicate what is already in place, to share knowledge, harness ideas, support each other where we can and move forward.  

So long as we complain and wait for somebody else to fix the problems, we will be waiting a long time because only a community can create the community it desires.  

No government, organisation or individual can do it for us. People of action and passion like yourself are needed to move this process forward more quickly and are invited to contact me at "Solutions" tel 863-2680 or e-mail dee_solutions@freemail.absa.co.za.

Donna Godfrey, Paarl


Get children off the street

[ Top ]


I THINK that Paarl needs to do something about the streetchildren.

People go to the shop and these little children follow you asking you continuously for money.

So why don't the authorities do something about the streetchildren and make a change?

Everybody talks about peace, we can start here and now. The government can start by building accommodation for these homeless children where teachers can look after them.

Terence Barnarde


Paarl huurhuise te duur

[ Top ]


HIERMEE wil ek graag my misnoeë uitspreek oor huishuur en woonstelle wat so duur in die Paarl is.

As jy na die agentskappe toe gaan sê hulle ook dat dit duur is. Die huise is klaar betaal, dan soek die eienaars 'n klomp geld.

Selfs die munisipale huise wat nie eens ingeboude kaste het nie, verhuur vir oor die R2 000. Van die plekke is nie eens netjies nie. Ek is 'n weduwee met twee kinders en soek 'n plek, maar kan die plekke nie bekostig nie.

Ontevrede


Redaksioneel:

Nie net vir eie sak nie

[ Top ]


GEE vir 'n man 'n vis en hy het kos vir 'n dag - leer hom visvang en hy het kos vir altyd.

Hierdie ou Chinese spreekwoord gaan nou in dade omskep word in die Vallei.

Oor politieke en kleurgrense het sakelui, boere, opvoedkundige instellings, gemeenskapsorganisasies en politici hande gevat om armoede aan te spreek.

Wat die projek so uniek maak, is dat dit werk skep terwyl hongeres kos kry en terselfdertyd leer om selfonderhoudend te wees.

Op die oog af hou die projek net voordele vir al die betrokkenes in. In die eerste plek is daar boere wat hul surplus-produkte kan verkoop aan die projek.

Dan is daar die voormalige MK-soldate wat die verspreiding gaan doen. Baie van hierdie mense sit al jare sonder werk en hulle kan selfs die ondervinding wat hulle hier opdoen, gebruik vir ander projekte.

Hugenote Kollege en die ander welsynsorganisasies betrokke, baat in dié sin dat hulle klante kos kry. Die begunstigdes moet ook inskakel by gemeenskapsprojekte, wat weer welkome hande verskaf.

Dan is daar die begunstigdes self, wat beslis die meeste kry uit die projek. Op die korttermyn word hulle gevoed en op die langtermyn word hulle bemagtig om selfvoorsienend te wees.

En die politici? Hulle leer die les wat baie van ons in die nuwe Suid-Afrika nog mee worstel - om saam te werk tot almal se voordeel en nie net vir die eie sak nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za