|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
Soos die ander aangeklaagdes moes ook Leander geduldig sy beurt afwag om in die beskuldigdebank te kan staan. Eers sou dit 09:00 wees, toe 11:00 en toe 14:00. Saam met sy sekretaris, Hertius Carstens, het hy uitdrukkingloos ná die reses vir middagete eers moes luister na die skuldigverklaring van 'n man wat by die KWV ingebreek en met 'n skootrekenaar in sy besit betrap is. Dit is prysenswaardig, het die regsgeleerde vir sy verdediging gesê, dat hy as 34-jarige man steeds 'n eerste oortreder is. Hy was so effe onder die invloed van drank ten tyde van die misdryf. Hy is die enigste broodwinner van sy gesin van vyf en is al drie maande in aanhouding omdat sy vrou nie die R300 het om sy borg te betaal nie. Op daardie oomblik het een van die vier hofgangers se selfone hard gelui en het die landdros die man luidkeels aangespreek. Hy het gedink hy het dit afgeskakel - jammer edelagbare. Die dief se strafoplegging is uitgestel vir 'n verslag wat kan aandui of korrektiewe toesig 'n gepaste vonnis sal wees. Hy bly in hegtenis. Toe is dit die burgemeester se beurt om te staan in die beskuldigdebank. Daar is geen melding gemaak van die verklaring van die verkeersman wat hom op 23 Maart om 19:15 van die pad getrek het nadat hy na bewering 'n rooi verkeerslig in Hospitaalstraat verontagsaam het nie. Die staatsaanklaer, Jacomien Swart, het aan die hof gesê dat die uitslag van die bloed-alkohol (die toets waarop die verkeersman aangedring het toe hy na bewering alkohol aan die burgemeester geruik het) beskikbaar is. Sy het die uitslag nie openbaar nie, maar gesê Leander se regsverteenwoordiger, Sakkie Kroukamp, het kennis gegee dat vertoë aan die direkteur van openbare vervolging gerig word. Die saak is deur landdros Jeannie Jacobs uitgestel tot 24 Junie sodat die finale beslissing van die hoër gesag bekom kan word. Toe kon Leander (in regstaal) "afstaan" en het hy en sy sekretaris haastig die hof verlaat. * Drakenstein's mayor appeared. in court on Tuesday on a charge of drunken driving. |
|
|
|||||||||||||
|
DIE spog wingerdplaas Parys buite die Paarl is Dinsdag onder groot belangstelling aan 'n geheime koper vir R7,25miljoen verkoop. Die persoon wat in haar afwesigheid geskitter het was Valerie Butler, die vrou wat die plaas in November verlede jaar van Jan Pretorius gekoop het. Binne drie maande was die plaas in chaos. Die werkers was sedert Butler se vertrek onder 'n wolk van omstredenheid, onseker oor hul toekoms. Hierdie week het hulle vir die eerste keer geglimlag. Hulle glo dat hulle in hul huise sal kan aanbly, al is hulle dalk nie arbeid op die plaas verseker nie. Pretorius sal nou die meer as R4 miljoen kry wat sy hom nog skuld terwyl die orige miljoene gebruik sal word om haar menige skuldeisers te betaal. Die Paarl Post het Butler gister op haar selfoon geskakel. Binne minute nadat sy die kontak verbreek het sonder om haarself te identifiseer, is 'n dreigoproep na die koerantkantoor gemaak. Die vrou het uitgevaar teen "Broederbonders", "Dutchmen" en gewaarsku "watch your building". Piet Viljoen van Aïda was tevrede met die uitslag van die veiling, wat by tye stormagtig was. "Ek kan nie sê namens wie ek moes bie nie," het Viljoen gesê. "Dit was een van die voorwaardes. Sodra die bekragtigingsperiode van sewe dae verstryk het, sal ons dit bekend maak" |
|
|
||||||||||
|
THE bank manager of Absa Franschhoek has been dismissed following an investigation into alleged irregularities involving a R5 million investment. The investment company has meanwhile offered to reimburse the clients, Don Bailey and Rose Maytham, formerly of Franschhoek. The dissatisfied couple, however, declined the cheque for R5 million "in full and final settlement" of the funds that had allegedly disappeared after they had invested it in a high-yield investment scheme. Bailey and Maytham refused the offer as they were "not prepared to lose the interest and other costs incurred" since the transfer of their funds to Mortgage Bond Finance & Services two months ago. They estimate their losses to date as "more than R50 000". "And that does not take into account the months of anxiety at our age of 74 years," Bailey said. According to a spokesman for Mortgage Bond Finance and Services they were requested by Absa to return the R5 million. It has now been placed in a trust investment account with Absa Bank Sandton. Bailey maintains that but for the assurance by bank manager Roland Roelofse that the investment would be guaranteed by Absa, they would not have embarked on the investment. The funds invested were the proceeds of the sale of a property in Franschhoek, and constituted their retirement security. "We feel sorry for Mr Roelofse. Absa Bank, however, is wielding the big stick with their take-your-cheque-or-leave-it attitude." "We believe that Absa Bank acted negligently as they knew there was a problem with certain investments and they were investigating it on a national level prior to our investment," Bailey said. "Absa failed to advise their bank managers, whereby their clients could have been protected." The investigation by Absa's forensic team resulted in Roelofse's appearing before an internal commission of enquiry on Tuesday where he was dismissed from Absa's employ. A stunned Roelofse said: "I was dismissed because I did not follow banking procedures and regulations. "I referred Mr Bailey to Johan Rossouw of Paarl, an independent broker, and then received commission for the introduction." He added: "I want to thank my clients for their tre-mendous support. They know that, while I am guilty of violating bank regulations, there was never any fraud." |
|
|
|
|
Dit is deel van 'n nuwe armoedeverligtingsprogram wat daarop gemik is om honger mense te voed en werk te skep vir werkloses in die landelike gebiede. Die hoofdoel is om mense te leer en by te staan om selfvoorsienend te wees. Die program is deur 'n Paarlse |
|
|
|
"Hierdie program moet nie verwar word met 'n voedingskema wat daarop gemik is om mense te help wat geen ander manier van oorlewing het nie," het Hauptfleisch gesê. Die program wil mense wat in die proses van selfontwikkeling is, help om hul fokus te verskuif van daaglikse oorlewing tot die ontwikkelingsproses waarin hulle betrokke is, sodat hulle self voedsel kan produseer. Die maatskappy het die sakeplan aan die Wes-Kaapse regering voorgelê wat dit as 'n proefprojek vir voedselsekuriteit goedgekeur het. 'n Bedrag van R1 miljoen is uit die begroting van die Provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting beskikbaar gestel vir die projek, wat oor 'n tydperk van twee maande in werking gestel word en ses maande lank sal duur. Die projek behels die verspreiding van landbouprodukte - wat dikwels vir menslike verbruik verlore gaan weens markkragte en gehaltebeheer - aan 2660 honger gesinne in Paarl, Wellington, Hermon, Gouda en Saron. Hierdie gesinne sal tot drie keer per week kospakkies ontvang wat bestaan uit aartappels, vars vrugte en groente. Soos wat die projek begin loop, sal die inhoud van die kospakkies hopelik uitgebrei word om melk, brood en proteïen in te sluit. Elke kospakkie sal teen 50 sent verkoop word. In sekere gebiede, waar deelnemers nie daardie 50 sent kan betaal nie, sal hulle gevra word om gemeenskapsdiens te verrig, soos om skole en klinieke skoon te maak en te verf. Die ontvangers van die kospakkies is mense wat werk soek of wat besig is om vaardighede aan te leer. Die projek gaan gepaard met voorligting en die ontwikkeling van mense se vermoëns tot so 'n mate dat hulle in staat sal wees om vir hulself en hul gesinne kos te voorsien. Hugenote Kollege op Wellington was betrokke met die identifisering van die 2660 verspreidingspunte en gemeenskapsontwikkeling studente sal betrokke wees by die monitering van die projek. Alle begunstigdes word ook by een van die kollege se gemeenskapsprojekte ingeskakel. Die kilogram-pakkies sal deur lede van die Umkhonto we Sizwe Veterans Association (MKMVA) vervoer word na depots in Paarl, Wellington, Hermon, Gouda en Saron. Van hier sal die pakkies versprei word deur Hugenote Kollege, die Mbekweni Area Development Programme (bygestaan deur World Vision) en Miqlat. Die Provinsiale Minister van Landbou, Toerisme en Dobbelary, Johan Gelderblom, sê: "Die projek sal opkomende boere die geleentheid bied om produkte van goeie gehalte te produseer, en die armes sal daaruit voordeel trek. "Kommersiële boere sal ook nou 'n mark hê vir produkte wat gewoonlik weggemaak word. Die Wes-Kaapse Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting, Marius Fransman, sê: "Wat ons dringend nodig het, is 'n geïntegreerde benadering tot armoedeverligting. Vir veels te lank is armoedeverligting op 'n baie eng wyse in hierdie provinsie geïmplementeer. "Jy kan nie armoede behoorlik aanspreek deur slegs van een departement of een strategie gebruik te maak nie. Ons het 'n multi-dissiplinêre benadering nodig waarby regeringsdepartemente, die samelewing en die armes betrek word. "Dit is gebiedend noodsaaklik dat ons mekaar se hande neem om armoede in ons gemeenskappe uit te wis en inisiatiewe onderneem waardeur ons ons samelewing kan omskep. "Ons mense beskik oor baie vaardighede. Wat belangrik is, is om die vermoëns van die mense te versterk sodat hulle deur hierdie proses selfversorgend kan word. "Selfverbetering is ons eie verantwoordelikheid. Kom ons staan saam om 'n verskil te maak - nie net vir onsself nie, maar ook vir toekomstige geslagte", het Fransman gesê. "Mense sal nie meer in toue staan om vir brood te bedel nie, maar sal vra vir plantjies en saad vir hul eie groentetuine," het Hauptfleisch sy visie vir die projek opgesom. * A grant of R1 million from the provincial government has ensured the launch of a food scheme for the poor of Drakenstein, involving food gardens, NGOs and social workers from Huguenot College. |
|
|
|
|
AN unbearable stench overwhelms one when you enter Block B in Mbekweni. The source of the evil smell is the public toilet. There are five blocks of which three are without water, due to theft of the pipes and taps. One has to pick your way through the human excrement and other unmentionables. In order to alleviate the conditions, it was recommended to the Community Services committee of Drakenstein Municipality that the existing public toilets be demolished and replaced by five concrete single toilets units with an attached sink. This would be a temporary measure to accommodate those hostel occupants where municipal water and sewerage connections have not yet been installed. The committee also requested a full report on the outstanding units in the project and that the remaining public toilets be demolished after completion of the project. The project started in 1999 with the upgrading of 22 hostels in B and C Block and the building of new houses. By October 1999, 35 houses at the hostels were completed and 181 houses next to the Mbekweni swimming pool were at various stages of completion. These 181 houses were then occupied by non-beneficiaries of the project, the so-called "borners". During 2000 the Council gave approval to upgrade an additional 64 hostels, to divide them into family units. Delays by the builder resulted in the project running out of funds and in February this year it was suggested that the work be completed by the Municipality's building section. In February inspections by Community Services and subsequent consultation with B Block residents revealed that the unhygienic conditions and consistent blockages which are caused by the deteriorated state of five blocks of public toilets are unbearable and pose health risks. In order to alleviate the conditions, it was recommended that the existing public toilets be demolished and replaced by five concrete single toilets units with an attached sink. This would be a temporary measure to accommodate those hostel occupants where municipal water and sewerage connections have not yet been installed. Johan Lambrechts, Head of Community Services, stated in a report that the situation was getting worse all the time. "Toilets are overloaded by the occupants of the hostels, tenants and the general public who use them. "Blockages are reported on a daily basis. Water taps must be replaced regularly as they are stolen by the public. "The residents of B Block are making use of storm water drainage and canals to dispose of their waste and this creates bad odours and breeding places for flies as well as stormwater blockages. "These conditions have health and occupational implications to the municipal employee in particular and to B and C Block occupants in general." Sharon de Gois, Head of Planning, supported him, saying conditions were critical and diseases such are cholera and diarrhoea were a real danger. Deputy Mayor Herman Bailey moved that the recommendations be accepted, as it was an emergency and the responsibility of Council to contribute to the quality of life of the community. However, the issue must first be considered by the relevant standing committees. He also suggested that the district municipality be approached for funding, as they have a special fund for the provision of toilets and water. |
|
|
|
|
VROUE is nalatig met die manier waarop hulle hul handsakke dra, waarsku 'n 71-jarige vrou van Noorder-Paarl, ná 'n voorval verlede week in Bergrivier Boulevard. Die vrou, wat nie geïdentifiseer wil word nie, en haar dogter het by 'n klerewinkel uitgestap gekom - sy met haar handsak in die hand en die dogter met al die pakkies. "Ek het die man teen die muur sien leun en hom nog gegroet. Die volgende oomblik het hy op my afgestorm en probeer om my handsak af te vat." Die vrou se greep op die handsak was stewiger as wat die dief verwag het en hy het haar in die proses omgestamp. "Gelukkig was ons by die motor en ek het teen die motor geval en nie tot op die grond nie," vertel sy. Haar dogter (41) het woedend op die man afgestorm en hom probeer vasgryp. Hy het losgeruk en om die hoek gehardloop, met 'n hele klomp omstanders agterna. "Hy was egter te vinnig vir hulle en het weggekom, gelukkig met leë hande." Die vrou moes behandeling ontvang vir verrekte knie-ligamente en haar leerhandsak is ook oopgeskeur in die voorval. "Die hele petalje het my amper R400 gekos. Ek wens hy het my liewer gevra vir die geld. "Ek is nie kwaad vir die man nie. Ek is baie jammer vir al die honger mense daar buite, maar dit is nie die manier om dit op te los nie." Sy sê sy is nou baie skrikkerig om in die Paarlse middedorp te kom en bang vir mense om haar. "Ek sien ook hoe onverskillig is ons vroue. Baie hou nie hul handsakke stewig vas nie en dit kan tot groot verdriet lei." Maar die storie het darem 'n positiewe einde: "In die struweling met die man het my selfoon uit my handsak geval sonder dat ek dit agtergekom het. "Ons wou net wegtrek toe een van die omstanders aangehardloop kom - hy het my selfoon sien lê en dit vir my gebring. "Daar is nog baie goeie mense, dit is net dat daar soveel armoede en honger is." * A Paarl woman was injured by a handbag snatcher. |
|
|
||||||||||
|
DIE oë van die arbeiders op die Parysplaas in die Paarl het verlede week geblink, toe lede van Popcru van Drakenstein Korrektiewe Dienste onder leiding van hul areabestuurder, Sipho Manqele, kospakkies en klere aan hulle geskenk het. Dit was nog een van talle hande en harte wat vir die werkers oopgegaan het sedert die eienaar van die plaas verdwyn en hulle sonder inkomste gelaat het. Sollie Benjamin, ondervoorsitter van Popcru, het gesê dat hulle van die lot van dié groep mense verneem het na koerantberigte oor die plaas waarvan die eienaar verdwyn het en die werkers sonder inkomste gelaat het. "Ons het geld onder die lede van die Korrektiewe Dienste ingesamel en toe met dié fondse kosvoorraad aangekoop. 'n Klerewinkel in Bellville het ook hul harte oopgemaak en klerasie geskenk. "Ons het vyf huisgesinne geïdentifiseer wat geen broodwinner het nie en hulle ons prioriteit gemaak, om te sorg dat hulle heel eerste geholpe raak. Ons beskou dit as ons nederige bydrae om verantwoording te neem tot ons medemens," het hy gesê. Manqele het gesê dat dié gebaar hul idee was om die lewe vir die arbeiders 'n bietjie makliker te maak. "Ons weet dat almal deesdae swaarkry, maar die bietjie wat ons het, moet ons deel. Dit is nou wel 'n druppel in die emmer, maar dit kom uit die diepte van ons harte," het hy gesê. Katriena Adonis is een van die vroue wie se huisgesin heeltemal op skenkings soos dié aangewese is. Nie sy of haar man het meer werk nie. "Ek is dankbaar dat mense nog ander se nood raaksien. Ek het vier kinders, maar niemand in die huis het meer werk nie. Daarom is ek bly vir dié kos en klere," het sy aangedaan gesê. Volgens Benjamin is dit maar een van vele gemeenskapsprojekte waarby Drakenstein graag betrokke wil raak. Hulle beplan om ook binnekort 'n vaardigheidskursus aan werklose jongmense uit die gemeenskap by die tronk se werkswinkel aan te bied. "Dit sal ons manier wees waarop ons sal help om hulle beter voor te berei op die beroepswêreld." * Farm workers left destitute when the owner disappeared, have been assisted with donations from the community, including Popcru. |
|
|
|
|
'n PAARLSE vrou is vermoedelik van R1000 beroof by die outotellers by ABSA Bank se metropolitaanse tak by die Pick 'n Pay sentrum in die Paarl. Volgens Johanna Malan van Wellington het sy op 15 Mei om 16:00 R1000 probeer trek by die outoteller, maar die masjien het dit nie uitgespoeg toe. Na 'n ruk het die masjien aangedui dat die R1000 reeds uitbetaal is en dat sy geen verdere fondse mag trek nie. Volgens 'n woordvoerder van Absa, Deon Oosthuizen, dui die rekords van die masjien aan dat die bedrag wel om 16:00 getrek is, die tyd toe Malan by die masjien was. "Ons ondersoek tans die moontlikheid dat sy die slagoffer van kriminele was wat moontlik haar aandag afgelei het, en die geld geneem het. "Ongelukkig was die sekuriteitskamera nie op daardie oomblik op Malan gerig nie aangesien die kameras ook die takomgewing dek. "Die persoon wat voor haar die OTM gebruik het, wou met 'n ou kaart wat al in November 2001 as verlore gerapporteer was, geld trek. "Die saak word egter nog ondersoek en Malan sal per brief van die finale uitslag in kennis gestel word." "In terme van sekuriteit voldoen Absa aan interbankstandaarde en die spesifieke OTM word nie as hoë risiko bestempel nie. Daar was sedert Januarie geen insidente aangemeld by die betrokke OTM nie. Ons doen 'n beroep op kliënte om versigtig te wees wanneer hulle 'n OTM gebruik en nie toe te laat dat ander persone hulle steur wanneer 'n transaksie gedoen word nie. OTM's word egter op eie risiko gebruik (sien wenke bl 5). * R1000 a woman had drawn from an ATM, has disappeared. |
|
|
||||||||||
|
AS daar nie geld vir verhogings is nie, omdat die boer rot en kaal besteel word, dan sal die werkers inspring en self die diewe aankeer. "So help ons nie net ons werkgewer nie, maar vir onsself ook," sê die plaaswag van Landau buite Wellington. 'n Vlaag van diefstalle van koperdraad, besproeiingstoerusting, vrugte en selfs twee voertuie het die werkers verlede jaar laat koppe bymekaarsit. Agt maande gelede het hulle hulself georganiseer en sedertdien is daar geen diefstalle meer op die plaas nie. Hul toegewydheid en suksesse is nou bekroon. Elk van die 16 plaaswaglede het verlede week 'n dik baadjie, weerkaatsende onderbaadjie, handboeie, fluitjie, flitslig en knuppel ontvang. "Dis om dankie te sê vir julle bereidwilligheid om te help in die stryd teen misdaad," het Jack Matutle van die Wes-Kaapse Departement Gemeenskapsveiligheid gesê toe hy die toerusting uitgedeel het. "Ons is 'n ekstra oog vir die polisie," vertel die lede van die plaaswag trots. "Ons beoog om ander plase ook te betrek, met werkgewers te praat en die werkers te motiveer. Ons sal vir hulle raad gee. * Farmworkers have launched patrols, ending a crime wave on their Wellington farm. |
|
|
|
|
'n SLAGOFFER van verkragting moes Sondag byna vyf uur lank by die Paarl Hospitaal wag voordat sy deur 'n dokter gesien kon word. Daar was nie 'n suster beskikbaar om die dokter met die ondersoek by te staan nie, was die verduideliking. Die 18-jarige meisie is om 12:50 deur 'n polisievrou by die hospitaal aangebring nadat sy haar verklaring afgeneem het oor die verkragting in die vroeë oggendure by die Arboretum-ingang naby Paarl-rugbyklub. Die meisie en haar moeder het eers die saak by die Wellington polisie aangemeld, en is toe na die Paarl vergesel waar die voorval plaasgevind en die saak ondersoek sal word. Ondersoekbeamptes is bekommerd dat bewysmateriaal met die tydsverloop verlore kan gaan. Dit is egter die trauma waardeur die slagoffer moet gaan, wat die meeste bekommer, meen maatskaplike werkers. "In hierdie geval was die meisie koud en in skok en moes sy op 'n bed, wel toegedek met komberse, wag sodat daar aan haar aandag gegee kon word. "Dit is te verstane dat die hospitaalpersoneel min en baie besig is. Dokters is ook gereeld in 'n penarie wanneer hulle besig is met die lang ondersoek vir die polisie, en die baie vorms wat vir hofdoeleindes ingevul moet word, en daar kom dan 'n noodgeval in." Hospitaal superintendent dr Bresla Kruger sê die prosedure, van maatskaplike berading (ook oor HIV-toetse), die ondersoek, trek van bloed en behandeling duur tot twee ure. Sondag moes die berader uitgeroep word en was die verpleegster nie onmiddellik beskikbaar nie as gevolg van die baie ander ernstige gevalle, het Kruger verduidelik. * A rape victim spent nearly five hours waiting at Paarl Hospital. |
|
|
|
|
THE Drakenstein Municipality plans to revise the current Zoning Scheme Regulations in order to produce one integrated set of zoning regulations, which may affect businesses like mobile cafés. A series of public meetings to ensure that existing land use rights are taken into consideration will be held in June, where property owners will have the opportunity to verify existing zonings indicated on zoning maps and to identify issues and concerns. All the meetings will start at 16:00 and continue until 19:00. The Wellington meetings are in the Colibri Hall, Colibri Street in Wellington on 10 June and in the town hall on 24 June. The Paarl meetings are on 18 June in the DR Church Agter-Paarl, on 19 June in the Mbekweni Community Hall, on 20 June in the Simond Private School Hall, on 25 June in the Huguenot Community Hall in Jan van Riebeeck Drive and on 27 June in the Paarl Town Hall. Other meetings are on 18 June at Bakerville Primary School in Gouda, on 19 June at the Saron council chamber and on 20 June at Rondeheuwel Primary School in Hermon. The overall purpose of a zoning scheme is to determine land use rights of properties with a view to managing growth and development. |
|||||
|
|||||