safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 6 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 13 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Onderwyser sterf skielik

[ Top ]


wvries'n BEKENDE in onderwyskringe, Colin de Vries (48) van Wellington, het verlede Vrydag weens nierversaking gesterf terwyl hy in 'n dokter se spreekkamer was.

De Vries, wat 'n diabeet was, het glo twee maande gelede siek begin voel en het Vrydag vir 'n besoek na die dokter gegaan omdat hy bekommerd was oor die "geel kleur" van sy vel.

Hy het kort na sy aankoms by die spreekkamer inmekaar gesak en gesterf.

Hy was vir baie jare betrokke in die onderwys en was die afgelope ses maande verbonde aan Bergrivier Sekondêr.

Hy was ook sekretaris van die Wellington Taxivereniging.

Hy het aan die Universiteit van Wes-Kaapland as onderwyser gekwalifiseer en het sy loopbaan by Cloetesville Sekondêr begin.

Die skoolhoof, personeel, ouers, beheerraad en leerlinge het hul opregte meegevoel betuig aan die bedroefde familie. 'n Roudiens word vandag om 12:00 by die skool vir hom gehou.

Die begrafnis is Saterdag om 10:30 by die huis in Bo-Voorstraat en om 11:00 vanuit die VGK Kerk in Mellingstraat.

Hy laat sy vrou, Mercy, seun Hans en dogter Hildegaardt agter.


Kind op slag dood

[ Top ]


wadel'n LEERLING van Hillcrest Primêr op Wellington het verlede Vrydag op slag gesterf toe sy in Blignautstraat deur 'n motorfiets omgery is.

Adelaine Petersen (11) van St Jamesstraat 12 was na bewering besig om die straat oor te steek, toe die motorfiets haar getref het. Sy wou glo na haar ma in 'n minibus oorkant die pad hardloop.

Sy was in graad vyf by Hillcrest Primêr.

Adelaine laat haar ouers Francina en Desmond en drie susters agter.

Die begrafnis vind Sondag om 14:00 uit die VGK Kerk Bergrivier plaas en 'n huisdiens om 13:00.

Die bestuurder van die motorfiets, 'n agttienjarige man van Namibië, het Dinsdagoggend in die Wellingtonse Landdroshof op aanklag van strafbare manslag verskyn.

Die saak is voorlopig teen hom teruggetrek totdat die ondersoek afgehandel is.

* A girl (11) died after being hit by a motorcycle.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za