safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 6 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 13 November  2003 at 17:00

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Johnny Clegg op Paarlberg

[ Top ]


DIE wêreldbekende sanger, Johnny Clegg, tree op Saterdag 6 Desember by die amfiteater op Paarlberg op.

Paarl Toerisme en Paarl Wijnbouers span saam om dié wêreldklas ster na die Paarl te bring, in samewerking met Kfm 94.5.

Sitplekke kos R60 (onbespreek) tot R120 (bespreek) en kaartjies is van vandag af beskikbaar by Computicket.

wjohnnyFC

STER. Johnny Clegg in aksie.

Die eerste persoon wat vandag 'n kaartjie by Computicket in die Paarl koop, sal 'n geskenkpak van Paarl Toerisme/Paarl Wijnbouers losslaan.

Computicket is te Hoofstraat 288a in die MTN winkel langs Datatype, tel (021) 872-3295, www.computicket.com. Hulle is oop tussen 09:00 en 17:00.

Die hekke vir die konsert open om 15:00.

Daar sal stalletjies wees met wyn uit die vallei asook top restaurante wat gourmet etes teen R30 sal verkoop. Die wyn sal per glas of per bottel teen sakpas-pryse verkoop word.

Die show begin om 20:00 met die gewilde Kevin Leo as voorsanger waarna Johnny Clegg die verhoog sal tref.


Orfeus by La Motte

[ Top ]


DIE Orfeus Ensemble, bestaande uit klarinettis Matthew Reid en tjellis Anmari van der Westhuizen met Lisa Garson voor die klavier, is Saterdag op La Motte.

Die ensemble speel Brahms se bekende Trio, opus 114, asook Zemlinksy se Trio vir Klarinet, Tjello en Klavier in D mineur. Sover vasgestel kan word, sal dit die eerste keer wees dat hierdie werk in Suid-Afrika in die openbaar gespeel word.

Die konsert begin om 19:00 en toegang is R85 per persoon. Besprekings kan by die proelokaal op La Motte gedoen word, of telefonies by 876-3114/9 (Comari).


Auditions for youth

[ Top ]


AUDITIONS for musicians under the age of 26 for the new Cape Philharmonic Youth Orchestra will be held at Artscape and at venues on the Cape Flats such as Kuils River on November 22.

Although the CPO is having instruments donated to the trust for use in the youth orchestra, young musicians should where possible own a violin, viola, cello, double-bass, flute, oboe, clarinet, bassoon, French horn, trumpet, trombone or bass trombone so they can practise at home. 

Instruments like tuba, timpani and some percussion will be provided.

Aspirant members will be required to read music. They will need to play a piece of their own choice for the selection panel to assess their level.

The closing date for applications is November 14 at 16:00. Inquiries should be made to the CPO office on 410-9826, fax 425-1009 or email capephil@artscape.co.za.


1995 in HB Thom

[ Top ]


TWEE van Suid-Afrika se mees gevierde aktrises, Jana Cilliers en Antoinette Kellermann, is tot Vrydagaand saam in die HB Thom Teater op Stellenbosch te sien in die produksie "1975".

Dié stuk, ook met Floyed de Vaal, is geskryf deur Saartjie Botha en onder regie van Marthinus Basson.

1975 was die jaar voor televisie, voor die Soweto onluste, die tentatiewe begin van die bos-oorlog. Elvis het nog geleef, Maria Callas ook. Goeie tye, sover onthou kan word. 

Lank genoeg gelede om te kan vergeet, wat vergeet moet word. 

In 2003 kyk 'n jong generasie terug oor 28 jaar, en stuit op onbegrip en verstomming oor denk- en leefwyses. 

Ontmasker oortuiging wat wankel na soveel jare, waarhede wat vervaag in subjektiwiteit, verontskuldiging en die meedoënlose najaag van eie belang.

Die vertonings begin om 20:15. Bespreek by 082-482-9260. 


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za