|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
EK lees die afgelope weke net van lesers wat kla en ontevrede is oor die teenwoordigheid van die straatkinders, bedelaars, en motorwassers in die dorp. Een leser doen haar inkopies op Wellington, want dis meer vreedsaam daar. Aan u wil ek net 'n boodskap gee dat dit nie lank gaan wees voordat u u inkopies in Malmesbury of Moorreesburg gaan doen nie. Hierdie mense wat julle van praat, is daar, ongeag wat julle sê of doen. Dis mense soos ek en jy wat deur omstandighede daar gekom het. Ek sit in my motor en aanskou die volwasse vrou wat die vullisblik voor 'n eetplek oopmaak, 'n houer uithaal en smaakvol eet aan die oorblyfsels daarin. Met 'n traan in my oog voel ek so jammer vir haar. Dit kan so anders gewees het. Daardie vrou kon my of jou ma gewees het. Daardie man wat uit die vullisblik eet, kon ek of jy gewees het. Kinders wat op die straat bedel kon ons kinders gewees het. Ons moet die Here dank dat dit nie met ons gebeur het nie. Ek gee om vir hierdie mense ongeag watter ras. Dis interessant om met hulle te gesels. As die Here eendag Paarl besoek, wie dink ons sal Hy besoek? Dit kon alles so anders gewees het. Ephraim Barends |
|
|
|
|
EENDAG klop 'n man aan my deur. Heel skaflik gelyk. Goeie Samaritaan, dis ekke, neem hom na die onderdelewinkel vir 'n 'kit'. Die onderdelewinkel het nie so 'n 'kit' in voorraad nie en sal dit moet bestel. Dis Saterdag, dit sal nie werk nie. Goeie Samaritaan gee R40 vir vervoer na êrens. Na 'n week besef Goeie Samaritaan dis 'n "lost cause" en die geld gaan nie terugbetaal word nie. Heelwat later hoor ek 'Vergasserfoefie' het 'n buurman ingeloop met R200 omdat 'Vergasserfoefie' blykbaar by 'Goeie Samaritaan' teëls gelê het (weer 'n vergasser wat gelol het). 'Vergasserfoefie', jou dae is getel - selfs 'Valve Ease' gaan jou nie red nie! Joe Grindlay (Goeie Samaritaan) |
|
|
|
|
'n MENS hoor soms baie stories van hoe mense praat van plaaslike provinsiale hospitale. Baie mense is bang om na die hospitale te gaan, want die plekke is vuil, jy wag ure voor jy gehelp word, die mense gee nie om vir jou nie. Dan verkies die mense om liewer ten duurste na private hospitale/klinieke te gaan. Wel, ek het nou ondervinding van ons plaaslike hospitaal sowel as ons private mediese kliniek. Wat gehalte diens betref is daar geen verskil nie. Ek was verbaas deur die uitstekende diens wat ek nou onlangs by Paarl Hospitaal ontvang het. Die verpleegpersoneel is werklik baie professioneel en hulle gaan uit hulle pad om jou by te staan en die tydjie so aangenaam moontlik te maak. Daar is haakplekke, soos die ongevalle-afdeling waar die verpleegsters ongeduldig is en jy ure moet wag voordat daar aandag aan jou gegee word maar in saal 5 was die diens puik. Ek is trots op ons Paarl Hospitaal - ek het nooit geweet dat 'n mens daar ook sulke goeie diens kry nie. Paarliet |
|
|
||||||||||
|
NOWADAYS you can never be too careful. If you go to the bank to draw money, chances are that thieves will lie there in wait of prey. You might not notice them, but if your card seems to disappear into the ATM machine, it is more than likely that thieves have meddled with the slot. While the panic-stricken client repeatedly types in his PIN number in vain, they watch closely. Once the victim has gone in search of help, the card is quickly retrieved and the bank account accessed with the PIN number they saw him use. In the end the client (now many rands poorer) has no-one to blame but himself. And then there are the confidence tricksters - people who approach you in the street or knock on your door, alleging that their car has broken down and that they need some money for the part - which they will pay back tomorrow. If you fall for this trick, without checking out the story properly, you will once again only have yourself to blame. What a sad state of affairs, when normal activities become fraught with suspicion and fear, because so many people are unable to earn a living. That is why a bit of healthy scepticism is advisable in all walks of life. Of course the alarm bells should start ringing in earnest when more and more politicians hold meetings and dish out cheques at the drop of hat. That's when you know election time is near. |
|||||
|
|||||