safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 6 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 13 November  2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


Groentetuine modelprojek

[ Top ]


DIE groentetuin by Paarl Hospitaal kan dien as model vir ander projekte om op 'n lewensvatbare wyse werk te verskaf, het Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, verlede week in die Paarl gesê.

Hy het die tuin besoek wat in 1998 begin is en die groep tuinierS geloof vir hul samewerking met die private sektor.

"Ons provinsie en ons land stuur op 'n krisis af as ons nie vennootskappe gaan stig en dit maak werk nie," het Rasool gesê.

Rennie Boerdery help met die kweek van die tamatieplantjies en gee ander tegniese raad, terwyl Elsenburg ook gereeld hand bysit.

Die tuin was die breinkind van dr Joey Cupido, hoofdirekteur van die Departement van Gesondheid in die .

wrasoolFC

GROEN VINGERS. Minister Ebrahim Rasool glimlag breed oor die gesonde tamatieplantjies in die groentetonnels naby Paarl Hospitaal. By hom buk Cecil Wilton.

Wes-Kaap en is geloods deur Cecil Wilton van die Paarlse Kleinboerevereniging en die Paarl HOP Forum.

Vandag word hoofsaaklik tamaties in kweektonnels verbou, maar buite die tonnels is groenbone, kool, knoffel en erte.

Die tamaties word meestal aan Pick 'n Pay en Spar verkoop.

Nege mense, voorheen werkloos, boer deesdae hier. Volgens Alfred Cupido, wat by Wilton oorgeneem het nadat hy weens swak gesondheid die leisels moes neerlê, het hulle met die huidige oes gelyk gebreek en kan hulle nou winste begin verwag


Alternatief vir lyfstraf

[ Top ]


OPVOEDERS ervaar op die oomblik ongekende frustrasie en moedeloosheid as dit kom by leerders met gedragsprobleme in die skool.

Leon de Jager, Hoof: Gespesialiseerde Leerder- en Opvoedersondersteuning by die Weskus-Wynland OBOS, sê die afskaffing van lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole het 'n vakuum gelaat.

"Dit sal gevul moet word om die passie weer terug te sit in skoolhou."

Hy sê dit wil voorkom asof die gebrek aan effektiewe strategieë om leerders met gedragsprobleme te hanteer, die omvang van die situasie slegs vererger.

Die Weskus-Wynland Onderwysbestuur en Ontwikkelingsentrum (OBOS) het 'n proses begin om opvoeders te bemagtig om ontoepaslike leerdergedrag vanuit 'n andersoortige paradigma te bestuur.

Dit fokus op verhoudingsveranderlikes by leerdergedrag.

Prof Gerrie Smit en Quinton Adams, albei dosente by die Departement Opvoedkundige Sielkunde en Spesialiseringsonderwys aan die Universiteit van Stellenbosch, het die opleiding eerste by die OBOS Metropool-Noord aangebied.

Vrydag het geselekteerde opvoerders uit die nege plaaslike onderwyskringe die sessie bygewoon.

Prof Smit is 'n internasionaal bekende navorser en spesialis op die gebied van leerdergedrag en geniet wêreldwye erkenning vir sy werk met risiko-jeugdiges en straatkinders.

De Jager sê opvoeders kon nie wag om die praktiese wenke in die klas te te implementeer nie.


Diabetes and health

[ Top ]


WORLD Diabetes Day, observed on Friday 14 November, emphasises diabetes-related health complications.

This year's World Diabetes Day theme warns that diabetes could cost you your kidneys and that regular testing is essential.

On this day, Prof Francois Bonnici of UCT will visit the Centre for Diabetes at Paarl Medical Centre in Berlyn Street, to give new hope to patients suffering from diabetes.

Professor Bonnici is an expert on diabetes and president of Diabetes South Africa.

For enquiries, phone  tel 871-1808 or 082-438-2747.

Support group

* The Westermans Support Group for Diabetes presents a talk on Wednesday 19 November at 19:00 in the  Holy Trinity Church Hall in Main Street, Paarl.

This is the last meeting of the year and the theme is "The diabetic and holiday time".

New diabetics and all interested parties are welcome. Products for diabetics will be on sale. For enquiries, contact Pat Hayman, 872-7590.


Advent carols

[ Top ]


THE Bridge House School and the New Apostolic Church are having their second joint Carol Service on Sunday at 17:00. This joyous event will be held in the Barnyard Theatre at Bridge House, with the participation of Hospice.

What makes this event even more special is that this will be the first time that the music pupils involved in the Bridge House Theatre Music project will be performing. 

This project was started in July of this year after the New Apostolic Church approached the school about the need for tuition for children who do not have access to individual music tuition. 

Choirs from the church and the Bridge House Born to Sing group will be performing some carols and everyone present will also sing a carol or two to get into the Christmas spirit. 


Hospitaalfees

[ Top ]


DIE Paarl Hospitaal se fees wat die naweek van 14 en 15 November gehou word, skop die Vrydagaand op 'n hoë noot af met die kroning van Mej Paarl Hospitaal. 

Die spoggeleentheid begin om 19:30 in die ontspanningsaal in Du Toitstraat. Kaartjies teen R30 per persoon sluit kaas, wyn en hope talent in.

Jong dames tussen die ouderdomme van 13 en 19 kan deelneem.  Die inskrywings kos R10 en Daleen Visser kan by die hospitaal  gekontak word.

Die Saterdagoggend is daar nie kans vir laatslaap nie, met 'n pretstap wat om 07:30 vanaf die TC Newman Daghospitaal vertrek. 

Die roete, waarlangs die stappers deur vlotte met verskillende temas vergesel sal word, neem die stappers na die Paarl Hospitaal. Om dinge nog meer feestelik te maak, stap tamboernooientjies en klopse saam. 

Inskrywings kan vanaf 07:00 by die daghospitaal gedoen word.  Mej Adams kan vir meer inligting oor die pretstap gekontak word, terwyl mev Dos Santos besonderhede oor die vlotte kan verskaf.

Om die bloedsuikervlakke weer te laat styg, sal daar eet- en drinkgoed by die hospitaal gereed staan. Daar is stalletjies teen 'n koste van R100 beskikbaar (navrae by J Wagenstroom 082-847-2225).

Deur die loop van die dag is daar allerhande prettige aktiwiteite soos suikerkaskenades, karaoke en interdepartementele kompetisies aan die gang (navrae Maxwell Africa).

Daar is ook 'n potjiekos/snoekbraaikompetisie wat om 12:00 begin. Inskrywingsvorms is by sr Estelle Weyers, dr Green of dr Solomon beskikbaar.

Die fees word die Saterdagaand op 'n hoë noot afgesluit met 'n dans in die verpleegsterswoning se eetsaal wat om 19:00 begin. DJ Koppe sal musiek verskaf en kaartjies kos R10 per persoon.

As deel van die Health Promotion sal daar vanaf 10 tot 15 November stalletjies in die eetsaal wees (navrae dr Nelis Grobbelaar).

Alle kontakpersone kan deur middel van die Paarl Hospitaal se skakelbord op telefoonnommer 872-1711 bereik word.


Craft fair for Paarl

[ Top ]


A BIG hobbies, arts and crafts fair will be held in the Paarl Town Hall on 26 and 27 March next year under the auspices of the Rotary Club of Drakenstein.

Exhibitors will also be able to present demonstrations of their skills, like decoupage, pottery, quilting, model airplanes, leatherwork, knifemaking, glassblowing and cake icing.

Preference will be given to applicants that will give animated demonstrations of their skills.

Application forms are available from Gys Smit Pharmacy and Articles in Paarl. A deposit of R100 is required. For enquiries, phone Impie de Jager (872-3010) or Allison Graham 872-1418 (fax 872-9489).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za