safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Music festival in Paarl

[ Top ]


wfrank3THE Frank Pietersen Music Centre in Paarl will present a music festival on Saturday from 12:00 at the centre in Sanddrift Street, with orchestras and ensembles from all over the Peninsula.

The programme starts off with the Frank Pietersen Junior Windband and Junior String Ensemble, followed by the Beau Soleil Junior Stage Band and the Beau Soleil I Fidoli.

From 13:05 to 15:10 you can listen to the centre's Intermediate String

Ensemble, Intermediate Windband, Marimba Band, Senior String Ensemble, Jazz Ensemble and Senior Windband.

PRACTICE. Paarlites are hard at work practicing for the Frank Pietersen music festival on Saturday.

They will be followed by the Sans Souci Girls' High Wind Orchestra, the Frank Pietersen Marimba Band, the Sans Souci "Jazz Cats" and the Heathfield High Jazz Orchestra/Ensemble.

Three groups from the Hugo Lambrechts Centre in Parow will perform at 17:00: the Junior String Orchestra, Junior Windband and Intermediate Windband.

The Frank Pietersen Marimba Band will close the afternoon programme at 18:00.

There will be stalls with food and drinks throughout the day. Interested stallholders can phone the centre.

That evening at 19:00 there is a formal concert with the Frank Pietersen Symphony Orchestra, the Pinelands High Jazz Band, the Hugo Lambrechts Symphonic Windband, the University of Stellenbosch Symphonic Windband and the SA Navy Band.

Entrance to the evening concert is R5. For more details phone Adele Stoffberg at 872-2123/4.


Kabaret in Ou Meul

[ Top ]


'n NUWE kabaret van Jacques Geldenhuys, 'Die Groen Man', is Dinsdag en Woensdag om 20:15 in die Ou Meulteater in die Paarl te sien.

Die stuk bestaan uit oorspronklike musiek wat die luisteraar op 'n reis neem deur die mistieke van die liefde - "niemand word deur die liefde ontsien nie; selfs nie eens Frederikkie en Huisgenoot-ouma nie!"

Jacques, beter bekend as begeleier van die kabaretkunstenaar Antoinette Pienaar, volg sedert die einde van verlede jaar 'n solo-loopbaan.

Hy het reeds groot sukses behaal met sy jongste produksie - een van net 'n paar kabarette wat gekeur is vir die 2002 Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. Bespreek by Print Right 872-7209.


So klap die tong

[ Top ]


OUD-PAARLIET Ilse Oppelt en Denver Vraagom bied op 15 en 16 Maart 'n kleurryke reis deur die verskillende dimensies van die Afrikaanse taal aan in die Klein Libertas Teater op Stellenbosch.

"Moddertong" vermeng poësie en prosa tot 'n lekker, loslit Kaapse ritme, en voeg daarby die meesleurende klanke van Namakwalands en die hartseer deuntjies wat soms agter humoristiese woorde skuil.

Sien hoe kom die werke van digters soos Marius Titus, Peter Snyders, Vincent Oliphant en Adam Small, tot lewe in hierdie vars, polsende benadering tot die immergewilde poësieprogram.

Bespreek by Maryn by 883-8164 of 883-3607.


'Aars' by Spier

[ Top ]


DIE omstrede stuk, "Aars!" van die Belgiese skrywers Peter Verhelst en Luc Perceval is van vandag tot Saterdag by Spier op die planke.

Marthinus Basson is die regisseur met 'n sterk span spelers: Dawid Minnaar, Antoinette Kellerman, Jaco Bouwer en Rolanda Marais.

"Aars!", is 'n anatomiese studie van die Oresteaia en word beskryf as 'n poëtiese antwoord op Euripides se siklus van offer, bloed en weerwraak. Dié klassieke werk toon hoe die bloedige siklus gebreek kan word deur demokrasie.

"Aars!" aan die ander kant kyk na die laat 20ste eeu se "demokratiese man" en wys hoe die demokratiese prosesse wat dikwels gefaal het, gebruik word om skokkende optredes te regverdig.

Die skrywers, Verhelst en Perceval gebruik slegs vier karakters (Agamemnon, Klytemnestra, Orestes en Elektra) en kyk na die "politiek" binne die strukture van die normale vader-moeder-suster-broer-minnaar-moordenaar gesin.

Hulle spreek aspekte aan soos die misbruik in die gesin, die ondermyning van patriargale strukture en gesinslojaliteit.

"Aars" is inderdaad 'n skerp voorwerp wat in 'n kwaadaardige sweer gedruk word.

Bespreek by Computicket Paarl (Sanlamgebou) of telefonies by 083-915-8000, of by Spier 809-1165.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]