|
|
 |
 |
|
Lifestyle - Leefstyl |
 |
 |
|
Slange soek koel skuilte |
|
|
 |
MET die hittegolf wat steeds oor die Paarlvallei hang, deel huisbewoners die koelte van hul huise en die water op hul erwe met meer as net genooide gaste.
Slange, veral die Kaapse kobra en boomslange, het vanjaar in dosyne hul rug gedraai op die dorheid van die berge en die grasvelde. Hulle seil na groener weivelde. |
 |
SIT SUSSIE. Slangvanger Danie Malherbe vang die uitgegroeide Kaapse kobra (vermoedelik 'n wyfie) wat haar intrek tussen koel krismisrose in 'n tuin in Septimusstraat in die Paarl geneem het. |
|
 |
"Sou jy nie ook ingetrek het waar daar vir jou skuiling, kos en water is nie?" lag die Paarlse slangkenner, Danie Malherbe.
By sy slangpark in Noorder-Paarl krioel |
|
 |
 |
|
dit deesdae behoorlik van al die onwelkome besoekers wat hy uit huise, tuine en boorde moes gaan vang.
Sommige dae moet hy tot drie keer sy houthok en sy mikstok pak en die pad aandurf na 'n noodoproep.
'n Boomslang wat hy tussen die takke by Drakenstein Gevangenis uitgehaal het en 'n tamaai gespikkelde kobra wat in 'n krismisroos-bedding in Septimusstraat ingetrek het, is die nuutste gaste by Die Vonds slangsentrum.
Malherbe vra deesdae R2 'n kilometer wanneer hy uitgeroep word. Die petrol is darem net te duur.
Hy help graag, maar hy vra dat wanneer hy gebel word, iemand tog net die slang moet dophou tot hy daar kom.
Dit help nou nie hy kom op die perseel, net om te hoor hier was net-nou 'n slang, maar nou weet niemand waarheen hy geseil het nie.
Wanneer sy hokke te vol raak, gaan Malherbe en beamptes van Natuurbewaring in die berge om die slange weer los te laat.
Kobras is baie lief vir water, soos visdammetjies en sproeiers, en hulle vreet juis wat in tuine voorkom, soos akkedisse en muise.
Boomslange leef nie op die grond nie, maar soek water in die bome en natuurlik hulle gunstelinggereg, verkleurmannetjies.
'n Slang is nie van nature aanvallend nie, sê Malherbe. Maar hy is ook nie 'n speelmaat nie. Sou 'n kobra 'n hond of 'n kindjie pik, is daar nie veel hoop nie.
Die kobra is geel (koperkapel, geelslang), bruin (bruinkapel) of gespikkeld. Die slang is duidelik herkenbaar wanneer hy sy kop bak maak.
Die boomslang is swart op sy rug en geel of groen aan die maagkant. Hy het 'n kort kop en waar die nek begin, is dit effe geswolle.
Kobras se gif tas die senuweestelsel aan terwyl dié van boomslange maak dat die slagoffer onbeheersd aan die bloei raak.
* Cape Cobras and tree snakes are turning to local homes and gardens for water and shelter from the heat. |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
Harvest festival for all |
|
|
 |
|
 |
 |
|
FRANSCHHOEK gears up to celebrate the winelands during the Franschhoek Harvest Festival from 15 to 17 March at Bridge House School.
The festival will boast dozens of wine and cheese producers as well as some of Franschhoek's best chefs doing cook-offs with wine, cheese and chocolate makers doing demonstrations, spicy discussions as well as tastings.
Celebrated as South Africa's culinary capital, Franschhoek chefs and producers will assemble to pay homage to the harvest. Wines, cheeses, olives, trout, chocolate and much more for food fans to enjoy.
Aside from the opportunity to sample a wide range of flavours from the valley, the Franschhoek Harvest Festival will celebrate the winelands with jazz music throughout the weekend and the opportunity to buy wines, cheeses and other produce at cellar-door prices.
According to Susan Huxter of Bridge House, this festival contributes significantly to the fundraising activities of the school. Part of the fundraising fun will be an auction by former Springbok Christian Stewart, now with Auction Alliance.
Parents are invited to bring their children (entry for under 12's is free) and there will be facilities that will entertain both young and more mature children and a crèche for toddlers.
Tickets are available through Computicket and from Vignerons de Franschhoek outlets and people with tickets will enter through a fast-track entrance to avoid the queue.
R60 entry tickets include a collector's wine-tasting glass and all tastings and de-monstrations are free.
The festival will be open on the Friday and Saturday from 10:00 until 20:00, and the Sunday from 10:00 until 18:00.
Visit the website at www.harvestfestival.co.za or email them at info@harvestfestival.co.za.
Contact Catherine Langley on 874-1505 or 082-700-1850 for further festival information. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Toneelstuk by Toringkerk |
|
|
 |
|
 |
 |
|
OP Sondagaand om 19:00 word daar 'n aangrypende geestelike eenmanstoneelstuk getiteld "Tollenaars en Sondaars" in die Toringkerk in die Paarl aangebied deur Danie Matthee, 'n oudpredikant wat nou die Evangelie voltyds deur drama uitdra.
"Tollenaars en Sondaars" is 'n unieke toneelstuk met kleurryke karakters soos Abel die visserman, Legio en Barrabas wat daarvan 'n belewenis maak. "Tollenaars" speel vir 1 uur 15 min.
Danie Matthee is 'n baie begaafde akteur wat al verskeie toneelpryse vir sy spel verower het. "Tollenaars en Sondaars" is ook met groot sukses by die KKNK opgevoer.
Almal is welkom by hierdie geleentheid, wat 'n gesamentlike projek van die NG gemeentes in die Paarl is. Daar is nie 'n toegangsfooi nie, maar 'n kollekte om Danie Matthee se onkoste te dra, sal opgeneem word.
Resensente beskryf die stuk as lewensgetrou met oorspronklike interpretasie van bekende Bybelse karakters wat jou met nuwe oë laat kyk na die boodskap wat hy wil oordra.
Die toneelstuk hoort net soveel en selfs meer mense te trek as die kerke op Sondae. Jy hoef nie 'n Christen te wees om dit te kan geniet nie. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Morele waardes bekyk |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE Drakenstein stadsraad het in beginsel 'n voorstel van raadslid Harlan Cloete (ACDP) goedgekeur vir 'n Morele Beraad Werkswinkel.
Daar is besluit om alle pogings in die gemeenskap wat morele agteruitgang en sosiale verval aanspreek, te verenig met die stadsraad as koördineerder.
Alle welsynsorganisasies, sportklubs, kerkorganisasies en ander rolspelers soos die HOP word genooi na 'n vergadering Maandag om 19:00 in die Huguenot gemeenskapsaal om die beraad te bespreek.
Vergaderings sal ook Dinsdag in Gouda en Woensdag in Saron gehou word.
Die beraad word vir September beplan, om saam te val met Erfenisdag. Dit sal onder meer die teken van 'n Gemeenskaps Deklarasie deur die verskillende rolspelers insluit.
Cloete het in sy voorstel gesê dat geweld teen vroue en kinders toeneem in die Paarlvallei.
"Die werkswinkel kan bydra tot gemeenskapsbou in die Drakenstein Munisipaliteit en die pro-aktiewe benadering sal ook help om 'n gemeenskap te vestig wat omgee en mekaar vertrou," het Cloete gesê. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Garden tips for autumn |
|
|
 |
|
|
AUTUMN is just around the corner and eager gardeners should prepare their gardens for this season.
Beds for next month's planting of strawberries should be prepared now and sow sweetpeas early this month. Pinch out the growing tips to encourage bushy growth.
Lift and divide perennials now or wait until spring. Take cuttings of all perennials.
For a spectacular autumn flush of blooms, feed roses, mulch them with old kraal manure and water well.
All winter-flowering indigenous daisies can be sown now in sunny places as well as gladiolus, ipheion, lachenalia, tronias, veltheimias and watsonias, while a wide range of spring-flowering bulbs should be planted towards the end of this month or in April.
Pull up summer vegetables as they die back and add them to the compost heap.
Now is the time to plant broad beans, cabbage, carrots, garlic, parsnips, Swiss card and turnips.
Continue sowing a wide range of winter and spring flowering annuals.
* For the best results when planting spring-flowering bulbs, always ensure that they are planted the right way up and to the correct depth. Generally, spring-flowering bulbs look better when grouped together in masses than dotted singly around the beds.
* A sprinkling of crushed eggshells or gritty sand is still one of the most effective ways of keeping slugs and snails at bay.
* The key to successful courtyard gardening is to have a good understanding of the unique microclimate of the area and to choose your plants accordingly. As the position of the sun in the skies changes, so too does the pattern of light and shade: a high-walled courtyard that bakes in summer can easily become a cool, dripping cavern in winter. Choose hardy plants that will tolerate extremes of temperature.
* To prevent the water in your pond from turning green, it's important to ensure that there are sufficient oxygenating plants, which will compete with algae for sunlight and mineral salts. At least 60% of the surface of the pond should be covered with foliage or shaded in some way. |
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|