safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Mal oor Ferdi

[ Top ]


wferd3'n JONG kankerlyer van die Paarl, Richard-Dean Arendse (12), het Saterdag sy held, Ferdinand Rabie van Loer Broer-faam ontmoet by 'n funksie waar Boesman glad nie op sy bek geval was nie.

Dit was lank die droom van die jong Paarlse kankerlyer Richard-Dean om sy held in lewende lywe te ontmoet. Beide sy bene is geamputeer nadat beenkanker by hom gediagnoseer was.

Nadat Ferdinand se ma, Rehanna, in die Paarl Post gelees het dat Richard-Dean

graag haar seun wou ontmoet, is sy droom Saterdag bewaarheid.

En vir Richard-Dean was dit die heel beste geskenk vir sy twaalfde verjaarsdag die volgende dag.

Ferdinand het sommer met die intrapslag

STRALEND. Daar was vir Richard-Dean Arendse Saterdag geen groter verjaardaggeskenk as toe hy vir Ferdinand Rabie van Loerbroer-faam persoonlik ontmoet het nie. Richard-Dean het amputasies van albei sy bene ondergaan weens kanker. Foto: Uh-Albry Reitz

die tenger seuntjie uit sy rolstoel gelig, hom styf teenaan hom vasgedruk en hom op sy skoot by sy tafel laat sit.

Die "Boesman" is baie beslis gewild onder die Paarliete. Sedert hy as oorwinnaar uit die Loer Broer huis gestap het, is sy program al tot volgende jaar toe vol bespreek.

Hy het Saterdag die oorwegend vroulike gehoor skaterend en jillend aan sy voete gehad.

Toe een van die vroue uit die gehoor skree: "Vir daai Irwin wil ons nog bliksem!", het kitsmiljoenêr Rabie sedig van die verhoog af teruggeantwoord: "Maar 'n mens slaan mos nie aan 'n vrou nie."

Dit was maar een van die vele sê-goed waarmee Ferdinand vorendag gekom het toe hy die spreker was tydens die sjampanje-ontbyt van die ACVV Noorder-Paarl en Trompie Versorgingsoord.

Hy het skaars met 'n luukse dubbelkajuit-bakkie aangeland en die saal binnegekom, of hy was onmiddellik omring deur swymelende bewonderaars wat tog net so graag 'n ou drukkie of 'n handtekeninkie op hul hempie wou hê.

Sy verskyning het so 'n oproer veroorsaak dat gaste mekaar verdring het om 'n sitplek so na as moontlik aan hul held te kry en sommige sitplekloos gelaat het.

En hoe het sy bewonderaars nie uitgehang nie!

Hulle het in hul hordes, van so jonk as tien jaar en so oud as vyftig, opgedaag in hul beste (of kaalste) uitrustings om 'n indruk op die Bolandse klong te maak. En hy het met mening daarop geteken.


Ontsnappings

[ Top ]


ELF bewaarders van die Drakenstein Gevangenis is hierdie week tydelik geskors nadat twee gevangenes die naweek daar ontsnap het.

'n Departementele ondersoek sal bepaal of die bewaarders - nege mans en twee vroue - skuldig is aan nalatigheid of hulpverlening met die ontsnappings.

Agt van die bewaarders is geskors nadat 'n gevaarlike jong gevangene Saterdag saam met sy ouers by die tronkhekke uitgestap het.

Bradley Januarie (19) van The Range in Elsiesrivier is einde verlede jaar tot 43 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, roof, huisbraak en diefstal.

Januarie het die middag besoek van sy ouers ontvang. Daar was glo ook vyf vroue, almal in hul twintigs, wat hom besoek het het.

'n Plastieksak met klere is na bewering aan Januarie gegee in die area waar kontakbesoek toegelaat word.

Die gevangene is tydens besoektyd glo na die toilette waar hy sy tronkklere vir gewone klere verruil het. Die sak met tronkklere is later daar ontdek.

Daar word vermoed dat hy saam met sy ouers weggery het in die motor wat hulle na die gevangenis vervoer het. Sy ouers kan as medepligtig aan die ontsnapping aangekla word.

Volgens Ester Samuels, woordvoerder van die Departement van Korrektiewe Dienste, is die polisie sowel as die departement besig met 'n grootskaalse soektog na Januarie.

Die skorsing van die agt bewaarders is van krag totdat 'n departementele verhoor afgehandel is. Die uitslag van die verhoor behoort binne 'n maand bekend te wees, waarna kriminele klagte kan volg.

Nog drie bewaarders is Saterdag tydelik geskors nadat 'n ander gevangene, Selwin "Kop" Adams, onderdeur 'n draad gekruip en ontvlug het terwyl hy in minimum bewaking was.

Adams was gister steeds op vrye voet.

Dié ontsnappings volg op die verdwyning van vyf Namibiese verhoorafwagtendes vroeër vanjaar uit die Allandale Gevangenis.

Brian Mbamba, Ivan Nthembu, Patrick Nmcube, Phillip Ndlovu en Xolane Ndabeni was aangehou weens beweerde betrokkenheid by rooftogte in die Skiereiland en Boland.

Hulle is nog nie weer in hegtenis geneem nadat hulle die tralies voor hul selvenster afgesaag en ontvlug het nie.

Twee korrektiewe beamptes van Allandale is toe tydelik geskors hangende die uitslag van 'n departementele verhoor.

Een van dié bewaarders, WJ Johnson, verskyn môre in die Paarlse landdroshof op aanklag van hulpverlening by dié ontsnapping.

* Eleven warders have been suspended following two escapes from Drakenstein prison  at the weekend.


'My hart is stukkend'

[ Top ]


MY hart is stukkend oor my kind. Só vertel 'n hartseer Charmaine Mars van Blesbokwoonstelle in Chicago van die voorval Maandagaand waarin haar 17-jarige seun, Nigel Paulse, gesterf het.

Volgens haar was daar om 19:15 'n onderonsie tussen 'n neef van Nigel en nog 'n jeugdige.

Nigel wou die twee uitmekaar maak, sê sy, waarop die neef hom na bewering met 'n mes in die hart gesteek het. Hy is op die toneel oorlede.

Rodney Rogers (19) is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Nigel, wat sy skoolopleiding by New Orleans Sekondêr ontvang het, was 'n verwer van beroep.

Hy laat sy ouers, Charmaine en Kieraw Mars, sy sussie Kerryn (3) en sy vriendin, Anthea Ferrus, agter.

Die begrafnis is Saterdag om 10:30 by Blesbokwoonstel 10A en om 11:00 in die Bethel Cong kerk.

Insp David Manuel vra dat ooggetuies van die voorval hom skakel by 807-4000.

* 'n Man van Klapmuts, Samuel van Wyk (22), het in die Paarlse Landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord nadat Ricardo Williams (25) en Elton Prag (24) Sondag in hul slaap geskiet is.

Williams en Prag, altwee van Klapmuts, het die aand saam met twee vroue in 'n huis in Bennetsville geslaap, toe die deur om 01:00 oopgedwing is.

Vier skote is op die slapende mans gevuur, waarna die aanvallers gevlug het. Die slagoffers is met ernstige kop-en gesigbeserings na onderskeidelik die Tygerberg en Groote Schuur Hospitale geneem. 'n Tweede verdagte is steeds soek.

* In 'n ander skietvoorval die naweek voorval is Shaun Jeftas (19) van Hibuscusstraat 50, Paarl-Oos, Sondag met 'n skietwond in die bo-been en na Paarl Hospitaal vervoer.

* Shepherd Mgabasha (31) het Saterdagnag aan 'n meswond in die nek beswyk nadat hy in Bonitastraat, Paarl-Oos, aangeval is. Insp Steven Reid (807-4000) ondersoek.


Skoliere maak harte oop

[ Top ]


KARTONDOSE storieboeke, skryfbehoeftes, speelgoed en klere het Maandag groot opgewondenheid by Daljosafat Primêr veroorsaak.

Dié skenking is deur leerders van Hoër Meisieskool gemaak, nadat hulle in die Paarl Post gelees het van die vyf klaskamers wat twee weke gelede by die skool afgebrand het.

Onder leiding van een van die onderwyseresse, Heleen Hickman, en die verteenwoordigende raad het HMS oortollige skryfbehoeftes en ander voorrade ingesamel en Maandag aan die skool oorhandig.

HMS het ook vir Sappi genader en gevra vir 'n skenking van fototstaatpapier. Sappi Cape Kraft het twintig pakke papier aan Daljosafat geskenk.

Die grootste kopseer by Daljosafat op die oomblik is die gebrek aan klaskamers en stoorplek.

Van der Sluys Bouers het 'n vraghouer tot die skool se beskikking gestel wat hulle nou gebruik om voorrade te stoor, maar die tydelike klaskamers waarvoor hulle wag, gaan waarskynlik eers oor twee maande aankom.

Die tender is aan 'n maatskappy in Port Elizabeth toegeken en die tydelike strukture moet nou gemaak word. Die skool gaan tien nuwe klaskamers kry - vyf om die vernietigde strukture te vervang en nog vyf om die oorvol klasse te verlig.

Op die oomblik is daar tot 86 leerders per klas. Waar moontlik gee onderwysers klasse in die buitelug.

"Een van die aanliggende plase het nou vir ons plek ingeruim wat ons tydelik kan gebruik vir klasse," sê 'n dankbare skoolhoof, Eric Meyer.

Hy het 'n beroep gedoen op mense in die onmiddellike omgewing wat kan help met klasruimte: "Ons grootste behoefte nou is aan tydelike akkommodasie en ons sal bly wees vir enige hulp."

Behalwe skoolbanke, tafels en stoele, is onderwysershandboeke, leesboeke, skryf-, teken-, oefen- en eksamenboeke ook vernietig.

Veral skryfbehoeftes is 'n groot kopseer. Afrolpapier, penne, potlode, wondergom, inkleurpotlode, vetkryt, uitveërs, skryfborde, liniale, skêre, verf, flennieborde en verf is maar 'n klein deeltjie van wat nou weer aangekoop moet word.

Hulpmiddels soos legkaarte en klei het uitgebrand, saam met die tweedehandse klere wat vir die wintermaande opgegaar is.

Die koorklere, die skool se musiekinstrumente asook die brigade se instrumente is ook daarmee heen.

Enigeen wat hulp wil aanbied, kan James Hendricks skakel by 868-2610. Donasies kan ook inbetaal word in die skool se tjekrekening, 072139544 by Standard Bank Paarl (takkode 05-02-10-00).

* A Paarl school has extended a helping hand to another school hit by arson.


Plaasbende vas

[ Top ]


DRIE verdagtes in 'n reeks huisbrake en diefstalle in die Bovlei is verlede week deur Ovambo spoorsnyers van die Hugenote Plaaswag vasgetrek en aan die Wellington polisie oorhandig.

Die beskuldigdes het almal op plase in die omgewing grootgeword en het na bewering sedert hul kinderjare 'n spoor van vernietiging in hul pad gelaat.

Abie Cupido (25), Pedro (alias Pokkie) Adams (21), Deon Smit (19), asook 'n 17-jarige meeloper, word in Allandale Gevangenis aangehou.

Die sake teen hulle is tot verskillende datums uitgestel. Die klagte kan later in die Wellington landdroshof saamgevoeg word.

Cupido, Adams en Smit verskyn op 13 Maart op die huisbraak by die Rustenburg plaas waar die woning in wanorde gelaat en waardevolle items gesteel is.

Inwoners van die Bovlei het voorverlede week gedreig om eie reg te gebruik omdat daar na hul mening "niks aan die misdadigers gedoen word nie."

"Die verdagtes is al ná inbrake uitgewys en van die gesteelde goedere is in hul besit gevind, maar hulle is steeds op vrye voet.

"Hulle is ook al telkens deur die polisie ondervra en voor die hof gebring, maar word elke keer vrygelaat tot 'n volgende verskyning.

"Dit gaan nou al seker tien jaar so aan," het 'n boer gesê.

"Een van die verdagtes was destyds, toe hy nog 'n jeugdige was, na 'n plek van veilige bewaring gestuur omdat hy sy suster met 'n mes doodgesteek het.

"Hy was nie lank in bewaring nie, toe loop hy weer in die Bovlei rond."

Die mees onlangse klagte teen die groep sluit in inbrake op die plase Groenfontein, Rustenburg, Groendal, Kleine Vallei, Klein Optenhorst en Welbedacht.

Daar word vermoed dat die beskuldigdes betrokke kon wees by inbrake by die aanliggende Berg-en-Dal woonbuurt.

Veral gereedskap, drank en musiektoerusting is gesteel. Derduisende rande skade is tydens die huisbrake berokken.

In een voorval is die verdagtes verras waar hulle helder oordag in 'n stoor duur masjinerie gesit en opkap het vir skroot.

Ná 'n inbraak verlede Dinsdag, het die Ovambo spoorsnyers van die Hugenote Plaaswag en hul aanvoerder, Eben Jansen, sewe uur lank hul spoor gevolg teen die hange van Bainskloof en tussen die Bovlei plase voordat hulle in hegtenis geneem is.

"Ons wil die Plaaswag bedank," het kapt John Adams, Wellingtonse speurhoof, gesê.

"Ons voer gereeld samesprekings en die hulp met die opsporing van verdagtes is onmisbaar. Hulle het ook al deur voorkoming en 'n arrestasie groot impak gemaak op die diefstal van sproeierpype uit landerye."

* Three suspects in a series of thefts on farms near Wellington have been apprehended by the Huguenot farm watch.


Drie sterf in ongelukke

[ Top ]


DIE Hermonpad wat vinnig besig is om as een van die gevaarlikste paaie in die omgewing gebrandmerk te word, het Vrydagaand weer 'n lewe geëis.

Johannes Smith (62) van Riebeek Kasteel het gesterf en vier familielede is beseer in 'n botsing naby die plaas Hooggelegen.

Die wit Nissan Skyline waarin die Smiths van Asterstraat, Riebeek Kasteel, gereis het, was 'n wrak.

Smith se vrou Sophia (62), hul skoondogter Rienie (37) en kleindogters Cieserene (18) en Hariette (14), is per ambulans na die Paarl Hospitaal geneem.

Die enigste wat ongedeerd uit die motor gekom het, was hul seun, Jakob.

 Smith het vermoedelik uitgeswaai om 'n botsing met 'n rooi bakkie van ES Hoffman van Hofmeisterstraat 3, Paarl, te vermy.

Die begrafnis is Sondag om 14:00 uit die Ou Apostel Kerk in Riebeek Kasteel.

* 'n Bouer is Sondagaand op die Wemmershoekpad doodgery terwyl hy te voet onderweg was.

Die motor waarin Harry Daniels (38) saam met familielede gereis het, het glo sonder brandstof gaan staan en hy het besluit om huis toe te loop.

Daniels, van Lantanastraat 43C, Paarl-Oos, is vermoedelik deur meer as een voertuig getref.

Hy laat sy vrou, Valerie, dogters Blanche (20), Valmé (18) en Lizellia (14) asook sy ma, broer en twee susters na.

Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 waarna die roudiens om 10:00 by die Katolieke Kerk in Barbarossastraat gehou word.

Ooggetuies van die ongeluk Sondag om 20:00 regoor Boschenmeer, kan die ondersoekbeampte, insp Cassie Carstens, by 807-4000 skakel.

* Roslynn Swartz (20) van Groenheuwel het die naweek aan hoofbeserings beswyk nadat die bakkie waarin sy 'n passasier was, Sondag in Tennantstraat gerol het.

Die bestuurder, Romeo Malgas (22), het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor.

Hy en die ander insittendes - Jakobus Nardien (21) en Allistair Frankfurt (21) van Chopinlaan in Groenheuwel, en Quinton van Rooyen (21) van Cornelissenstraat - is vir ligte beserings behandel.

* 'n Dowe seun van Klapmuts, Christo Louw (10), is in die Tygerberg Hospitaal nadat hy Saterdagmiddag naby Backsberg deur 'n voertuig raakgery.

Christo, 'n gereelde besoekertjie by die Klapmuts polisie waar hy kos kry en gebad word, het Maandag moedig geglimlag toe insp Harriet Asia hom besoek het.

Hy sal moontlik tot ses weke in die hospitaal moet deurbring. Altwee sy bene is gebreek en hy het ernstige armbeserings.

* Three people died in road accidents at the weekend and a deaf boy (10) was hit by a car near Klapmuts.


Body found in car on pass

[ Top ]


THE body of a Franschhoek bank teller was discovered on the mountain pass on Saturday morning at 07:00.

Hikers on the Franschhoek Pass found a red Fox motorcar still idling, with the deceased driver Llewellyn Marais (28), inside.

Marais was awarded academic colours whilst at Groendal Primary in Franschhoek. He matriculated at Noorder Paarl High School in 1991.

After a stint at the Aviation Academy, he started his banking career at Absa in Franschhoek. Here he was respected as the "always efficient, neat and helpful" teller.

His parents, Louis and Yvonne Marais, are residents of the farm Nuweveld where they are farm foreman and first aid assistant respectively.

A heart-broken Marais said he could not imagine why his son took his life because he did not leave any letters.

Llewellyn leaves his parents, three brothers and two sisters.

A memorial service will be held at 09:00 on Saturday at the Nuweveld farm and at 10:00 at the Congregational Church, Franschhoek.


Wetsoortreders woelig

[ Top ]


WINKELDIEFSTALLE, diefstalle uit motors en huisbrake het die Paarlse polisie die naweek besig gehou terwyl daar ook aan talle klagtes van aanranding en crimen injuria aandag gegee moes word.

Polisiemanne op patrollie het Sondagnag 'n verbaasde huisbewoner in Cornellestraat, Noorder-Paarl, wakker geklop toe hulle bemerk die motor voor die huis se deur staan oop.

Daar is by die motor ingebreek en 'n beursie, wat in die paneelkissie was, is vermis.

Minute later, terwyl die eienaar die oggend om 04:00 sy kredietkaarte per telefoon aan die stop was, het die polisie die kaarte, sy identiteitsboek asook sy gebruikte Nuweland-rugbykaartjies, in Langstraat opgespoor.

'n Verdagte uit Bloekombos is aangehou en ook ondervra oor inbrake by motors in die Groeneweide-kompleks en Russellstraat.

"Die diens was wonderlik," het die vrou in Cornellestraat vertel.

"Die polisieman het my laat handskoene aantrek en die motor uit die pad trek, want dalk kom hulle terug en steel dit ook nog.

"Ek moes die volgende oggend die saak aanmeld sodat daar vingerafdrukke geneem kan word.

"Toe sê die insp Knoetze nog ek moet nou lekker slaap, hulle sal 'n ogie hou. Nie dat 'n mens weer kan slaap nie!"

'n Verdagte is in hegtenis geneem nadat daar by motors in Oranjestraat en Meulstraat ingebreek is en selfone gesteel is.

Geparkeerde motors in Versterstraat en die Bergrivier Boulevard het ook deurgeloop.

By die Mannekrag kantoor in die Paarl is 'n videomasjien deur inbrekers weggedra. Du Toitskloof Resort is geteiken en op plase is daar by kantore en arbeiderwonings ingebreek.

By die Paarl Krieketklubhuis en die KWV in Ceceliastraat het inbrekers wyn gesteel.

Daar word nog gesoek na die eienaar van agt 500ml bottels Bon Vino en 'n hoëtroustel waarmee twee verdagtes Vrydagaand in Ceceliastraat betrap is.

Skakel insp Cassie Carstens (807-4000) vir meer inligting.

* Police have been kept busy investigating burglaries and thefts as well as other complaints over the weekend.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]