safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wvergenoegdVEELS GELUK. Huis Vergenoegd in die Paarl het verlede week die 28ste verjaardag van dié tehuis vir bejaardes gevier. Eregaste by die luisterryke vieringe was Clasie Claassens (96) en Anna Philander (64), twee vroue wat letterlik van die dag dat die deure oopgemaak het, die Huis hul tuiste gemaak het. Foto: Malané Bosman


Burgemeester borg swemmer

[ Top ]


wkryskaBETER mense vir 'n beter Boland - dit is die persoonlike visie van Clarence Johnson, burgemeester vir die Boland Distrik.

"Ek glo belegging in mense is belangrik en ek wil toesien dat die gemeenskap die Boland Distriksmunisipaliteit sien as 'n owerheid wat op tasbare manier tot voordeel van die gemeenskap wil

SWEMMER. Clarence Johnson (naasregs), burgemeester van Boland Distrik, oorhandig 'n tjek aan Kryska Marquard van die Paarl vir haar deelname aan die SA swemkampioenskappe in Oos-Londen dié naweek. Saam met hulle is haar pa, Ivanhoe (links), en distriksraadslid John van Eeden, wat die borgskap gereël het.

optree," het hy gesê by die oorhandiging van 'n borgskap aan 'n jong Paarlse swemmer.

Kryska Marquard, 'n graad agt-leerder aan Hoër Meisieskool Paarl, het Dinsdag na Oos-Londen vertrek waar sy as lid van die WP-span aan die SA Nasionale Swemkampioenskappe gaan deelneem.

Dit is die tweede jaar dat sy die WP-span haal en sy het ook verskeie jare vir Boland geswem.

Die skraal meisie swem reeds van die ouderdom van drie jaar en is lid van die Aquarius klub in die Paarl.

Haar mikpunt is om aan die Olimpiese Spele deel te neem en hiervoor oefen sy twee uur per dag, sowat 6000m per keer. Tot dusver was haar beste item vlinderslag, maar sy neem nou ook aan rugslag deel. Sy swem in die o.14-afdeling.

Die swemtalent stop ook nie by Kryska nie. Saam met haar in die WP-span is haar sussie, Nicole (11), en haar broer, Jade (16), wie se onkostes deur hul ouers geborg word.


Pastoor oorlede

[ Top ]


'n BEKENDE inwoner van Chicago, pastoor George January (54), is vandeesweek oorlede.

Past January, wat twee weke gelede met 'n proeftydperk van drie maande as pastoor in die Pinkster Protestante Kerk in Chicago begin het, het in die diens siek geword.

Hy was besig om iemand die hande op te lê toe hy sy bewussyn verloor het, waarskynlik weens breinbloeding.

Past January het dertig jaar by De Hoop Steenwerke gewerk, die laaste jare as voorman. Hy was ook 'n tweedejaarstudent aan die Paarl Bybelskool.

Hy laat sy vrou, Johanna, ses kinders en twaalf kleinkinders agter.

Die begrafnis is Saterdag 16 Maart om 09:00 uit die huis te Tannerstraat 6, Langvlei, en om 11:00 uit die PPK.


Marie Tenk oorlede

[ Top ]


'n BEKENDE Paarlse vrou, Marie de Wet (53) van Sinagogestraat, is Maandag oorlede na 'n kort siekbed weens kanker.

Die joviale mej De Wet, wat jare lank op die skakelbord by Telkom gewerk het, was algemeen bekend as "Marie Tenk" weens haar gewig.

Sy het sowat twaalf jaar gelede bekendheid verwerf toe sy Weigh Less se "Slimmer of the Year" was nadat sy sowat 100 kg in gewig verloor het.

Daarmee het sy 'n vakansie in Mauritius losgeslaan.

Die begrafnisdiens is vandag om 11:00 in die NG Toringkerk. Sy word oorleef deur twee susters, Isabel Koch en Rina Grundlingh.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]