 |
 |
|
Kapenaars kom aas in Paarl
TOT twaalf huisbewoners en eienaars van besigheidspersele loop elke dag in en om die Paarl onder inbrekers deur. Af-arm oor smousboks
'n BESOEK aan die Paarlse middedorp vir inkopies het verlede Vrydag vir Muriel Arendse (33) in 'n nagmerrie ontaard, toe sy geval het. De Klerk waarsku teen apatie
"SOOS kanker 'n gevreesde siekte is wat groot hartseer bring, is daar 'n volksiekte wat in Suid-Afrika ontwikkel en wat die lewenskragtigheid van die land vernietig."
IN DIE GAPING. Dylan DesFountain, buitesenter van Paarl Gimnasium word genadeloos platgetrek deur twee Boishaaiers, maar nie voordat hy die bal kan uitgee aan sy heelagter, Hennie Daniller, nie. Daniller was een van die groot gevaarmanne in Gim se agterlyn. Hy het een van hul drie drieë gedruk en 'n groot rol gespeel as baldraer in die druk van die derde drie. |
|
 |
 |
|
Kop bo water
EETGOED. Waterblomme lig nou oral hul koppies in Bolandse damme wat oorloop na verlede week se groot reën. Dit is 'n nat, koue gedoente om die blomme te pluk, maar Jasmyn Johannes van Oudepont buite Wellington trotseer dit, want sy weet hoe warm 'n bord van dié bredie maak. Foto: Malané Bosman
DIT was 'n nat naweek soos min en die Paarlse boere sit tevrede voor hulle kaggels, want 'n puik oes kan vanjaar verwag word na die reën en koue. Rekord-sege
'n BETER afgeronde vertoning deur Paarl Gimnasium het Saterdag verseker dat dié span vanjaar nie net met die gesogte interskole-oorwinning kon wegloop nie, maar ook die rekordboeke herskryf het. |
|