safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday 7 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 15 August 2002 at 17:00

Nuus - News


Kop bo water

[ Top ]


wblomme8DIT was 'n nat naweek soos min en die Paarlse boere sit tevrede voor hulle kaggels, want 'n puik oes kan vanjaar verwag word na die reën en koue.

Reënval van 42mm is sedert verlede Donderdag in die Paarlvallei gemeet, gepaard met sterk wind. Dit het Donderdag en Vrydag gesous en gesorg vir 'n glyerige Interskolestryd Saterdag.

Daar sal egter nog sommer baie meer water in die see moet loop, voordat dié reënsyfer kan kers vashou by die 353mm reën wat gedurende Augustus

EETGOED. Waterblomme lig nou oral hul koppies in Bolandse damme wat oorloop na verlede week se groot reën. Dit is 'n nat, koue gedoente om die blomme te pluk, maar Jasmyn Johannes van Oudepont buite Wellington trotseer dit, want sy weet hoe warm 'n bord van dié bredie maak. Foto: Malané Bosman

verlede jaar in die Vallei gemeet is.

In Junie verlede jaar is 134mm gemeet en in Julie 421mm teenoor vanjaar se 182mm en 113mm.

Die sonnetjie het begin kop uitsteek oor die naweek en Sondag kon 'n mens sweer die lente wil aanbreek.

Van die sneeuneerslae 'n week gelede het min oorgebly en die wit pieke moes die knie buig voor son.

Die Weerkantoor voorspel temperature so hoog as 22 grade vandag en 23 grade Celcius môre.

Die Kaapse damme se bekers loop oor van geluk - die meeste is byna 100% vol.

Die Wemmershoekdam meet tans op 88,3% met die Voëlvleidam op 99,9%. Die Nantes- en Betheldamme op Paarlberg is onderskeidelik op 67,4% en 93,4%.

* Following the heavy downpours of the past two weeks, local dams are overflowing.


Kapenaars kom aas in Paarl

[ Top ]


TOT twaalf huisbewoners en eienaars van besigheidspersele loop elke dag in en om die Paarl onder inbrekers deur.

Terwyl die polisie groot welslae in die opsporing van gesteelde eiendom en die arrestasie van verdagtes behaal, is daar geen keer aan inbrekers nie.

'n Groot kopseer is die instroom van veral jeugdiges uit die Kaapse Skiereiland - mense wat per trein in die Paarl aankom, inbreek en met hul buit weer die trein haal. Dié tendens volg op die hakke van volwasse inbrekers wat per motor uit die Kaap die Paarl en Wellington binneval. Huise en besighede word dopgehou en gestroop sodra die eienaars nie tuis is nie.

Wonings op plase word ook geteiken.

'n Plaashuis teen Dutoitskloof is leeggedra en het die huurder van 'n woonstel op die perseel van 'n hotel in Simondium na 'n leeggesteelde woning teruggekeer.

In Klein Drakenstein is alles eetbaar uit 'n kafee gedra, asook die kluis, mikrogolf, waaier en radio.

Kantoortoerusting van R106 000 is uit 'n besigheidsperseel in Distillerystraat, Paarl, gesteel. Inbrekers het die buit met 'n voertuig weggery.

'n Grassnyer en 'n 20 liter kan petrol is by Hoërskool Gimnasium se klubhuis weggedra en uit 'n woning in Retiefstraat, Noorder-Paarl, is 'n videospeler, 'Playstation' en twee rekenaars gesteel.

In Kylemore is twee mans die naweek in hegtenis geneem nadat daar by 'n pastorie ingebreek is. Die mans word met verskeie huisbrake in die Adamstraat omgewing verbind.

Twee seuns van die Crossroads informele woonbuurt by Kaapstad is verlede week in Boschstraat, Noorder-Paarl, in hegtenis geneem. Hulle was met twee sakke vol gesteelde goed op pad na die spoorwegstasie.

Inbeur

Kort daarna het personeel van die Vleiskombuis in Hoofstraat, Paarl, gesien hoe twee ander seuns by 'n skuifdeur agter 'n woning in Peroldstraat inbeur.

Die polisie is ontbied terwyl die slagter en sy werknemers om die huis stelling ingeneem het.

Die seuns, 15-jariges van Khayelitsha, is in die woning in hegtenis geneem.

Dinsdag is jeugdiges van Paarl-Oos helder oordag in Denneburg betrap waar hulle by motors en wonings inbreek. Hulle is aangekeer.

'n Groot deurbraak is deur die Paarl Huisbraaktak behaal toe op twee huise in die Groenheuwel omgewing toegeslaan is. Daar is op 'n wavrag gesteelde goedere beslag gelê en Archibald Shah (34) en Ronald Matthee (43) is in hegtenis geneem.

Daar is later vasgestel dat die meeste van die kraggereedskap tydens drie inbrake op die plaas Kleine Bosch aan Blouvleiweg, Wellington, gesteel is.


Af-arm oor smousboks

Leigh Reitz

[ Top ]


wmuriel8'n BESOEK aan die Paarlse middedorp vir inkopies het verlede Vrydag vir Muriel Arendse (33) in 'n nagmerrie ontaard, toe sy geval het.

"Ek was in die reën op pad na die taxistaanplek om terug te keer huis toe so 16:00 verlede Vrydag. Ek was haastig om uit die nattigheid te kom.

"Net so 'n entjie van die taxi het ek egter oor 'n kartondoos, wat die hele

sypaadjie volgestaan het by een van die stalletjies in Nuwestraat, gestruikel.

Ek het agteroor geval en in 'n poging om my te stuit, 'n spier in my regterarm

BESEER. Muriel Arendse se regterarm is onlangs geopereer, nadat sy dit beseer het toe sy oor 'n kartoondoos in Nuwestraat gestruikel het.

geskeur en my hand gebreek.

"Ek het nog gehoor hoe een van die omstanders aan die eienaar sê dat hy hom vroeër al gewaarsku het oor die versperring wat dié boks veroorsaak.

"Nie eens één van die omstanders het aan my hulp aangebied nie," vertel sy hartseer.

Sy het daarna te voet na die naaste dokter se spreekkamer aangesukkel met 'n bloeiende hand en in ontsettende pyn.

"Daar is X-strale van my hand geneem en die dokter het gesê dat ek onmiddellik by die hospitaal moet uitkom. Hy was so gaaf om my self daarheen te neem."

'n Operasie is Dinsdagoggend uitgevoer op die arm van Arendse, 'n werknemer by 'n spysenier, om die geskeurde ligamente te heg. Die dokters meen dat dit geruime tyd sal duur voordat sy ten volle herstel.

"Ek kom moeilik oor die weg, aangesien ek regshandig is. Verder het ek ook nie 'n mediese fonds nie.

"My man is nou alleen-broodwinner in die huis en hy moet omsien na ons twee kinders terwyl ek in die hospitaal is.

"Ek gaan beslis 'n klag lê by die Munisipaliteit, want dit is deur blote nalatigheid van hulle kant dat ek in die hospitaal beland het.

"Waarom word die smous-aktiwiteite nie beter beheer nie?" het sy gevra.

* A Paarl woman is in hospital after tripping over a hawker's stall in New Street.


Channing sit

[ Top ]


DIE beweerde multi-miljoenrand bedrieër, Shaun Channing (23) van die Paarl, is verlede week borgtog geweier in die landdroshof op Otjiwarongo, Namibië.

Channing het verlede jaar na Namibië gevlug te midde van bewerings dat hy vriende en vreemdelinge in die Paarl en in die Skiereiland ingeloop het.

Hy sou die Bolanders met geldmaakskemas uit miljoene rande bedrieg het.

Channing is onlangs in Otjiwarongo aangekeer op aanklagte van bedrog van meer as R1,5 miljoen nadat hy as makelaar daar gewerk het.

Vrydag het Channing uit aanhouding in die Kalkveld gevangenis 'n dringende borgaansoek by die landdroskantoor ingedien.

Volgens die staatsaanklaer, Rodger Kauta, was Channing bereid om R100 000 te betaal vir sy vryheid. Die staat het dié bedrag nie aanvaar nie.

Channing bly in aanhouding tot die volgende hofdatum, 12 Augustus.


Muntmeters se dae binnekort getel

[ Top ]


DIE Paarl Verkeersdepartement is stelselmatig besig om parkeermeters wat met munte werk te verwyder en met kaartmeters te vervang.

Hulle is tot dié stap gedwing deur beskadiging van parkeermeters deur mense wat die geld daaruit steel.

"Dit is baie duur om die meter wat deur vandale beskadig word, te herstel. Die plan is om binnekort alle parkeermeters, behalwe dié in Lady Greystraat, te vervang met die kaartstelsel," sê 'n woordvoerder van die departement.

Die parkeerkaarte kan teen R40 aangekoop word en 'n bedrag geld word daarop gelaai. Kaarte is verkrygbaar by die Speel-en-Leer winkel op die Jan Phillipsplein, Cathmar Radio en TV Herstelwerk in Nuwestraat en Printright in die Pick 'n Pay winkelsentrum.

Die bestuurder druk die nommer van die parkeervak waarop hy parkeer, by die parkeermeter in. Dan word die kaartjie geskandeer deur die masjien en so word 'n bedrag van 50c vir die eerste vyftien minute gelaai.

"Na gelang van hoe lank die motorbestuurder gaan parkeer, kan daar nog 'n bedrag gelaai word. Die kaarte is herlaaibaar en enige bedrag kan daarop gelaai word."

Hy het motoreienaars ook gewaarsku om liefs self dié kaarte aan te skaf en die nodige bedrag geld op die parkeermeter te plaas, in plaas daarvan om dit in die hande van die toesighouers in parkeerareas te laat.

"In baie gevalle stop die bestuurder die plekaanwysers 'n bedrag geld in die hand, maar net 'n gedeelte daarvan word in die meter geplaas.

"Op die ou einde raak die tyd verstreke in die meter en kry die bestuurder 'n verkeerskaartjie."

Tot dusver het nog geen vandalisme van die kaartmeters plaasgevind nie.

Uiteindelik sal alle muntmeters, ook dié in Lady Greystraat, met kaartmeters vervang word.

* The Municipality is systematically replacing coin-operated parking meters with a card system in Paarl.


Koopkrag raak al beter opsie

[ Top ]


DIT kan beslis goedkoper wees vir 'n gemiddelde huishouding om koopkrag te gebruik, eerder as konvensionele elektrisiteit.

Paarliete het met die ontvangs van die Julie munisipale rekening begin toustaan vir verduidelikings.

Hoekom is ons krag so duur?

Die antwoord is gewoonlik voor die hand liggend: dit was besonder koud en nat in Junie en Julie. Meer warm water, gekookte maaltye, tuimeldroërs en verwarmers is ingespan teen die klam koue.

Daarmee saam is konvensionele krag op 1 Julie met 7,5% verhoog terwyl koopkrag slegs 3% per eenheid gestyg het.

Die basiese tarief vir konvensionele elektrisiteit is nou R92,62 met die tarief per eenheid 30c vir 'n enkelfase 60 AMP aansluiting.

Vir 'n gemiddelde huishouding wat 600 eenhede per maand gebruik, is die aanslag dus R310,79 (R92,62 vir basies, R180 vir eenhede gebruik, plus R38,17 BTW).

Die basiese tarief word egter nie gehef by vooruitbetaalde elektrisiteit nie, hoewel die tarief per eenheid teen 42c wel 12,21c duurder is as konvensionele krag.

Met 'n verbruik van 600 eenhede, sal die koste dus (BTW ingesluit) R288,72 wees.

Met 'n 60A stroombeperker is die gelykbreekpunt 759 eenhede - indien meer eenhede verbruik word, is dit duurder om koopkrag te gebruik.

Die afsnypunt by 30 Amp is 576 eenhede, by 40 Amp is dit 591 en by 50 Amp is dit 677.

Elke eenheid bo en onder die afsnypunt is onderskeidelik 12c meer of minder.

Om 'n vooruitbetaalde meter te bekom, moet die eienaar van die perseel en die kragverbruiker (indien dit verhuur word) saam aansoek doen en die vorige maand se kragrekening moet getoon word.

Die enigste uitgawe is die fooi van tussen R100 en R150 aan 'n kontrakteur vir die voorbereiding van die woning se elektriese kragbord.

Daar is 'n 14 dae wagtyd by die munisipaliteit, waarna die gratis meter geïnstalleer sal word.

Maar pasop, maak jou sommetjies goed. Neem die gemiddelde van die jaar se kragverbruik en meet dit aan die gelykbreekpunt voordat jy oorskakel.

Dit sal jou sowat R500 uit die sak jaag om weer na konvensionele krag terug te skakel. Daar is wel baie voordele, soos die moontlikheid om voor die jaarlikse tariefverhogings op 1 Julie meer krag vooruit te koop.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za