safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday 7 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 15 August 2002 at 17:00

People - Mense


Vrou staan haar man

Leigh Reitz

[ Top ]


wplumberONS land kort meer vroue in sterk beroepe en my boodskap aan alle vroue op Vrouedag is dat hulle niks en niemand in hul pad na hul droom moet laat staan nie.

So sê Paarliet Nicolene Walters (25), 'n sterk vrou: bedags is sy 'n loodgieter wat nie skroom om op haar rug te karring aan waterpype en toilette nie.

Geleentheid vir 'n manikuur om die naels mooi te laat lyk, is daar beslis nie!

Wanneer die dag om is, moet sy ook nog

Nicolene Walters, loodgieter.

voor die kospotte gaan staan, terwyl daar na Peter-Leeheino (4) en Bradley (4 maande) omgesien moet word.

Gelukkig is man Heiné darem daar om na dié twee spruite om te sien en 'n helpende hand te verleen.

Die liefde vir haar werk het begin blom toe sy as klein tjokkertjie saam met pa Peter, eienaar van Nicholson Plumbing, op sy rondtes gegaan en "saam met hom gewerk" het.

Dié onderneming vier vanjaar sy negentiende bestaansjaar.

"Die gevoel om 'n loodgieter te word, was maar altyd daar, omdat ek so baie van my pa se werk ervaar het. Dit is 'n baie lekker werk, alhoewel dit nie altyd maklik is nie.

"Soms moet 'n mens jou eie handige plannetjies beraam as 'n ding nie wil werk nie!" lag sy.

En pa Peter trek haar glad nie voor nie - sy word behandel soos enige van die ander drie werknemers en soos dit 'n pa en dogter betaam, stamp hulle ook soms koppe.

"Kliënte is gewoonlik verskriklik verbaas wanneer ek vir 'n werk opdaag en hulle dan sien dat ek 'n vrou is.

"My ma is baie trots op my en persoonlik sal ek graag meer vroue wil sien wat vir hulself naam maak in 'n tradisioneel 'manlike' beroep," sê sy.

"My droom is om eendag die besigheid oor te neem as my pa nie meer daar is nie."

Sy gaan binnekort op nog 'n opleidingskursus om haar met nog meer vaardighede toe te rus.

* A Paarl mother of two is holding her own in a man's world: as a plumber.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za