safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday 7 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 15 August 2002 at 17:00

Youth - Jeug

  • Laerskool kry oplaas water

Laerskool kry oplaas water

Leigh Reitz

[ Top ]


wdrink8NA 'n gesukkel van twee jaar met onvoldoende watergeriewe by die skool, kan die onderwysers en leerlinge by Windmeul Primêr uiteindelik met 'n geruste hart die krane oopdraai.

Volgens die skoolhoof, George Kroneberg, moes die personeel en leerlinge in die verlede gebottelde water na die skool bring en was dit totaal taboe om enige van die kraanwater op die perseel vir drinkdoeleindes te gebruik.

"Die Boland Distriksmunisipaliteit het

verlede jaar ondersoek na die kwaliteit van die drinkwater ingestel, nadat ons gekla het oor die inhoud daarvan.

"Escherichia-coli, wat in menslike en

MONDVOL. Tashwin Popo van Windmeul Primêr borrel oor van blydskap, noudat hy skoon water uit die krane op die skoolterrein kan drink. Foto: Leigh Reitz

dierlike ontlasting aangetref word, is in die water ontdek. Ons het toe die Wes-Kaapse Onderwysdepartement genader vir hulp," het hy vertel.

Hulle nood is deur die WKOD raakgesien en vroeër vanjaar het die Distriksraad 'n chlorineringsapparaat en die Onderwysdepartement filters en 'n outomatiese toediener aan die skool geskenk.

Die water is deur middel van die chloor gesuiwer en sedert Mei vanjaar kan die leerders na hartelus water uit die krane op die skoolterrein drink.

Kroneberg het gesê dat hy dankbaar is dat die probleem uiteindelik opgelos is en dat die leerlinge se gesondheid eerste prioriteit geniet.

Bosplaas Primêre Skool naby Hermon moet egter nog staat maak op nabygeleë huise om in hul drinkwaterbehoeftes te voorsien en maak verder nog steeds gebruik van die baliestelsel.

Prinsipaal Chrizelda Baron het gesê dat hulle wel die Distriksraad genader het vir hulp en dat die Munisipaliteit besig is om hul sanitêre geriewe op te knap.

"Ons verwag dat daar binnekort 'n septiese tenk, watertenk en toilette deur die munisipaliteit aangebring gaan word.

"Intussen bring ons ook maar ons eie water van die huis af en verduur maar die ongerief van die onvoldoende sanitasie," het sy gesê.

* Two local primary schools experiencing problems with water facilities, are receiving assistance from local authorities.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za