|
|
 |
Eietydse jeugdrama |
|
|
 |
 |
|
DIE eietydse jeugdrama "Anderkant die Yard" aangebied deur die seuns van die Hoër Jongenskool Paarl, was een van die groot suksesstories by die KKNK op Oudtshoorn.
Die jong seuns se eerlike en energieke |
 |
Op grond van dié sukses, is dié dramagroep genooi om by die Kolligfees in Durban (22 Augustus), Die Gariepfees in Kimberley (29, 30 Augustus) en die Aardklop Kunstefees (23-27 September) op te tree. Hulle sal ook op 20 Augustus te sien wees in die ATKV se Tienertoneel-streekfees in die Pentech-teater in Bellville.
Paarliete sal reeds op 15 Augustus 'n opvoering van hierdie aangrypende stuk kan sien in die Ou Meulteater. Hulle is ook op 12 Augustus by die Nassausentrum in Nuweland en op 14 Augustus by Klein Libertas, Stellenbosch.
Anderkant die Yard is die verhaal van die drie Blomerus-broers: Ouboeta (George King) met sy Hollywooddrome oor sy comic strip, Nick (Johan Falck) die rugby jock en kleinboet Daantjie (Gregory Kriek) aan't oefen vir die Idols-kompetisie.
In wese handel Anderkant die Yard oor die issues en struggles van adolessensie. Dit is 'n drama oor grense : die ontdekking, beproewing en verlegging daarvan. Op die drumpel van manwees en besig om 'n unieke identiteit te vorm, toets die broers en vriende mekaar fisiek, emosioneel en moreel.
Om die "regte wêreld" anderkant die yard se mure te leer ken en 'n plek daarin te vind, is nie 'n liniêre proses nie. Wanneer hulle naïewe optimisme ontnugter word, is daar weer die hunkering na die yard - die veilige en bekende, tegelyk die huidige werklikheid en fantasie.
Seuns se weerloosheid word dikwels verberg deur bravade. En agter dié skans is daar die verlange na 'n ma, 'n broer se begrip of 'n pa se goedkeuring.
Dié produksie is jeugdig aktueel, skreeusnaaks en aangrypend. Dit het sterk emosionele impak op alle ouderdomme.
Vir navrae, kontak 872-2875 of 082-465-7555. |
 |
|
 |
Tribute to Eric Clapton |
|
|
 |
THIS Saturday will see the première of "A Tribute to Eric Clapton" in the Old Mill Theatre in Paarl.
The artists are Peter Vanne and Ian Visser, who also performed at the Paarl Rugby Club during the recent Interschools between Boys' High and Gymnasium.
Classic hits like "White Room", "Lay Down Sally", "While my guitar gently weeps", "Layla", "Cocaine", "Wonderful Tonite", "Tears in Heaven", "Change the World", and "I Shot the Sheriff" are among the huge collection of Clapton's work.
The show starts at 19:30 for 20:00 and tickets at R65 include snacks and wine. Book at Musiklood, East Meets West or 082-218-8348. |
 |
 |
|
Jong talent by Rappin' Donkey |
|
|
 |
DRIE jong kunstenaars, Annemarie Scott, Samentha Wallaby en Olin Isaacs, tree op Woensdag 3 September op tydens die bekendstelling van die nuwe Rappin' Donkie CD, "Turbo Donkie", en Leonard Koza se boek, "Die Gazoem vannie Township" in die Huguenot gemeenskapsaal, Paarl.
Ameen Rappin' Donkie Leevy se nuwe CD bevat twaalf snitte en een van die snitte op die CD, "Wyn", is reeds 'n groot treffer.
Ander kunstenaars wat optree, is die Tjommies, die gewilde Leon Beukes, Fireball, Too Much, die Sacred Five en die Endurance Brass Band.
Enigeen wat die show wil bywoon, kan Marie skakel by 862-1618 of 083-398-7718. |
 |
|
|
|
 |
|
 |
DIE huis op Wellington waar die digter Breyten Breytenbach tydens sy kinderjare gewoon het, het weer lewe gekry.
Kunstenaars Ronald West, Ansie Truter en Leigh-Ann Wolfaardt verf en vroetel en gee klas in die Breytenbach Sentrum.
Tweedehandse boeke kry in die Book Traders nuwe lesers en 'n binneversierder stal kunswerke, reuse erdepotte en ander mooigoed uit.
Eddie Gertse bied ghitaarlesse aan, Ansie Truter se marimbagroepe oefen daar en Ellen Blayi maak naaldwerksters touwys.
Die Wamakersvallei Opleidingsentrum, waar vroue alles leer oor tuisversorging, het ook 'n heenkome gevind in die ou Breytenbach woning.
Verlede Saterdag is Burgerstraat, tussen die sentrum en die biblioteek, vol tafeltjies en stoele gepak en is daar heerlik met 'n glasie wyn en eetgoed gekuier.
Lede van die marimba-orkes en Wellingtonse sangtalent Ronel Riedel het musiek gemaak.
Daar is by dié geleentheid plaaslike gastehuise en wyne bekend gestel.
"Ons hou weer eerskomende Saterdag 'n opedag," het organiseerder Althea Hugo, eienares van 'n galery in die sentrum, Wings Ink, gesê. "En ons sal gereeld sulke dae reël."
Eugenie Wiggins en ander lede van die Breytenbach Trust, is baie opgewonde oor die kans om nog kultuur na Wellington te bring. |
 |
|
 |
 |
|
Taaldag |
|
|
 |
'n INTERESSANTE bespreking oor die ontwikkeling van Afrikaanse musiek word op Donderdag 14 Augustus om 19:30 op Wellington aangebied ter viering van Taaldag.
Belangstellendes word hartlik uitgenooi na die funksie in die Mary Lyons-saal langs Huis Bliss, gereël deur die Vriende van Afrikaans. Die bespreking sal met talle voorbeelde toegelig word.
Bespreek by Etienne Smit (873-3050 of 082-415-1642), Charlotte Cupido (873-2303), Winnie Rust (873-2893) of Joan du Toit (873-2325). |
 |
Afrikaanse Taalweek gevier |
|
|
 |
|
 |
TAALWEEK word vanjaar van 11 tot 16 Augustus in die Paarl gevier deur die Afrikaanse Taalmuseum.
'n Wye verskeidenheid kunstenaars en programme is op die spyskaart.
Op Maandag 11 Augustus word voorlesings deur lede van die Afrikaanse Skrywersvereniging soos Elis Nel en Petra Muller by die museum aangebied om 18:30. 'n Vingerete word aangebied (bespreek by 951-1266).
Dieselfde aand is daar 'n Maleise koor en vertellings met 'n Maleise ete by Kostinrichting om 20:00 (kaartjies is R65 by 871-1353).
Dinsdag 12 Augustus sing Marika Otto liedere van Brel by 42 On Main om 19:00, met 'n tweegangmaaltyd. Kaartjies is R90 (863-0142).
Woensdag 13 Augustus tree Fanie de Jager op by De Oude Renbaan se eetsaal. Kaartjies is R75 en sluit sop en brood in (863-3659).
Donderdag 14 Augustus is Leon Beukes van Maak 'n Las-faam op die spyskaart by Zomerlust om 19:00. Kaartjies is R85 en sluit 'n ligte ete in (872-2117)
Dieselfde aand om 19:00 tree grapjas Fanus Rautenbach op in die NG Kerksaal Suider-Paarl se saal. Kaartjies is R60 met ete ingesluit (tel 863-2153).
Ook die Donderdagaand is sanger Lucas Maree in konsert by De Oude Paarl (kaartjies is R70 by 872-1002) terwyl 'Die uurglas kantel' deur Susanne Beyers en Joanie Combrink dieselfde tyd opgevoer word in Simonsvlei se Paragonkelder. Kaartjies is R50 by 863-3925.
Vrydag 15 Augustus is daar 'n ontbyt om 09:30 met Riana Scheepers by De Malle Madonna (kaartjies is R55 by 863-3925). Die Pro Cantu jeugkoor tree die aand in die KWV Katedraalkelder op om 19:00. Kaartjies is R85 met 'n ligte ete ingesluit by Lydia (977-0313/082-468-0652).
Johan Bakkes is Saterdag 16 Augustus die ontbytgas by De Malle Madonna om 09:30 (R55 by 863-3925) en verder is daar 'n 'Alles in Afrikaans' program by die Afrikaanse Taalmonument van 11:00 met sangers soos Jattie en Gemini. Kaartjies is R10 (kinders R5) by Malikah872-3441.
Mense wat wil deelneem aan die program of meer inligting soek, kan Jack Louw skakel by 872-3441. |
|
|
|
|
|
|