|
|
 |
Nuus - News |
 |
 |
 |
|
Dubbele doodsval |
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
TWEE mans, jarelange bure in Noorder-Paarl, het Saterdagnag na hul dood getuimel van die derde verdieping van hul woonstelgebou.
Bure was die naweek geskok oor die skielike dood van Tony Goosen (53) en Hendrik van Wyk (41) van La Uva woonstelle in Keurtjiestraat.
Van Wyk was die aand om 22:30 in sy woonstel toe Goosen aan die deur geklop het.
"Hendrik het die deur oopgemaak en Tony het hom te lyf gegaan," het Elize Jonker (71), in wie se woonstel die oujongkêrel loseer het, vertel.
"Die twee mans is by die voordeur uit en ons het gedink hulle is by die trappe af |
 |
 |
|
Die mans het waarskynlik kop eerste na onder geval, eers op 'n geparkeerde Mercedes Benz en toe tussen twee motors op die teer beland.
Hulle het aan hoofbeserings beswyk.
Van Wyk, 'n transportryer, sal deur die inwoners van die woonstelle onthou word as die man wat hulle elektriese implemente help regmaak het.
Die roudiens is môre om 15:00 in die NG Kerk Paarlberg.
Goosen was werkloos, en het een keer per week by 'n Paarlse musiekonderwyseres dromlesse gegee.
Hy word oorleef deur sy bejaarde vader Adrianus, by wie hy gewoon het, en sy jarelange vriendin, Francis van Wyk.
Die roudiens is vandag om 15:00 uit dieselfde kerk, die NG Kerk Paarlberg, as waaruit sy buurman begrawe word.
* Two Paarl men died after falling from the third storey of a block of flats. |
 |
 |
|
Lyk langs spoor |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE lyk van 'n jong man, met tien messteke in sy liggaam, is teen die treinspoor in Suider-Paarl ontdek.
'n Treindrywer het Saterdagoggend die half-naakte liggaam naby die Paarl spoorwegstasie gesien lê.
Kelvin Mentoor (20) van Klein Parys was beroof van sy skoene, baadjie en hemp.
Volgens getuies was daar die vorige aand 'n gedrink en bakleiery by die hotel in Suider-Paarl, waarna die oorledene in die rigting van die spoorwegstasie gejaag is.
Speurinspekteurs Lizl Burden en Hennie Williams het binne drie uur nadat die saak Saterdag om 09:00 aangemeld is, twee verdagtes in hegtenis geneem.
Dit was nadat hulle, gelei deur inligting uit die publiek, 'n broodmes wat in twee dele gebreek het, langs die perron opgetel het. Die moordwapen het blykbaar in twee stukke gebreek tydens die aanval.
Saam met inspekteurs Jan Burden en Connie von Willigh van die honde-eenheid, het hulle bloedmerke en sleepspore gevolg tot waar die lyk gevind is.
Gerswin Welcome (20) en 'n 17-jarige bly in aanhouding. Die oorledene se klere is teruggevind. |
 |
|
 |
 |
 |
|
Raadslid gooi goed |
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
 |
|
RAADSLID Titus Williams is 'n goeie klipgooier, en as dit sy bedoeling was om 'n ander Drakensteinse raadslid raak te gooi, sou hy nie gemis het nie.
Die naskok van die "grap" toe raadslid Deetlefs du Toit verlede jaar batterye en draad met kleefband vasgemaak en dit op die lessenaar van mederaadslid Titus Williams gelaat het, weerklink nou as aanrandingsaak in die Paarlse Landdroshof. Maar die voorval "is alles politiek", het raadslid Williams getuig, "en politiek soek publikasie." |
 |
Williams het die gewraakte "bom" op 7 November op sy tafel in die raadsaal ontdek. "Terwyl ek met die voorwerp na raadslid Du Toit gestap het, het hy my uittartent uitgelag, soos net 'n politikus wat in die |
|
 |
 |
|
|
BOMKRAG. Hofordonnans insp Angelina van Wyk met die bomagtige voorwerp wat die beweerde aanranding in die Drakenstein Raadsaal ontketen het. |
|
|
 |
 |
|
opposisie sit, kan doen," het Williams in die hof getuig.
"Toe ek so vier meter van hom was, het ek die voorwerp op die tafel voor hom gegooi. Hy het gekoes, en bo-op Tessa (raadslid Lutisia Daries) langs hom geval."
"Ek het nie die bedoeling gehad om raadslid Du Toit te beseer nie. Ek het in 'n dorpie met klippe grootgeword. Ek is 'n goeie gooier, en as dit my doel was om hom te tref, sou die batterye nie op die tafel geland het nie."
Hy het erken dat hy ontsteld was, "maar nie baklei-kwaad nie".
Op 'n vraag van die aanklaer of die twee raadslede al voorheen 'n uitval gehad het, het Williams geantwoord: "Nee, en ons ken mekaar al vandat ons saam was in die DP en daarna in die DA was."
Williams het nie met Daries saamgestem dat sy Du Toit as "'n grapjas" ken nie.
"Hy het dit nie as 'n grap bedoel nie. Hy wil van die Raad 'n sirkus maak en die raadsaal ontwrig."
"Omdat daar vroeër 'n koeël in 'n koevert na een van ons raadslede gestuur is, het ons gedink omdat hierdie vanuit dieselfde party kom, dit 'n dreigbom was - dat ek een van die dae opgeblaas sou word."
Maandag is Drakenstein munisipale bestuurder Jacques Carstens geroep om te getuig oor sy waarnemings in die raadsaal die dag met die onderonsie.
"Gedurende 'n resesperiode het raadslid Du Toit met 'n voorwerp geloop en gesê dis 'n apparaat 'om krag te steel'.
"Na die reses het raadslid Williams luid beswaar gemaak en gesê die raadslid wat die voorwerp op sy tafel neergesit het, moet opstaan.
"Du Toit het opgestaan en Williams het hom bloediglik vererg."
Op 'n vraag van die aanklaer het Carstens geantwoord: "Die voorwerp het glad nie vir raadslid Du Toit getref nie. Dit het die tafel getref, weggespat en raadslid Daries in die sy getref."
En op die landdros se stelling dat Du Toit volgens sy getuienis wel getref is, "Ek het dit nie waargeneem nie."
Tydens sy getuienis verlede week is Du Toit gevra hoe hy en Williams oor die weg kom.
"Goed, ons verjaar op dieselfde dag," het Du Toit geantwoord.
"Ek verskil wel van opinie met die raadslid oor die gebruik van elektrisiteit. Daar was beweer dat hy koopkrag gebruik sonder om krag te koop."
Hy het getuig: "Die hou teen raadslid Daries se sy het soos 'n geweerskoot geklap. As die voorwerp my in die gesig getref het, kon ek dood gewees het, en dan was dit moord."
Uitspraak in die saak word môre gelewer deur landdros Greg Jacobs. Die aanklaer is Denise Persence.
Williams is tans vir vier maande sonder salaris geskors uit die stadsraad nadat bevind is dat meer as R21 600 se krag wederregtelik by sy huis verbruik is nadat met die koopkragmeter gepeuter is. Hy het die volle bedrag aan die Munisipaliteit terugbetaal.
* A Paarl town councillor appeared in court on a charge of assault on another councillor. |
 |
|
 |
 |
 |
|
Verloofdes gestroop |
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
|
 |
'n VERLOOFDE paartjie van Suider-Paarl het hul troue vir eers uitgestel nadat hulle byna al hul huisraad aan inbrekers verloor het.
Hinerich van Zyl en Ilse Gibhard was vir twee weke in Bloemfontein toe inbrekers hul woning in Stewartstraat gestroop het.
Kort voor die inbraak, het Ilse haar woonstel opgegee en haar meubels ook na haar aanstaande se huis geneem.
Die inbrekers het die nag van 9 Julie die glas uit 'n sydeur gehaal en so toegang tot die woning verkry.
"Ons het by die kaal huis aangekom," vertel Ilse.
Vier televisiestelle (en 'n stukkende stel), 'n DVD speler, vier hoëtroustelle met luidsprekers, 20 musiekdiskette, 'n ketel en twee mikrogolfoonde is deel van die buit van sowat R100 000.
Beddegoed, onderklere en skoene, juweliersware (net dié wat blink), en tot badkamerware soos handeseep, reukweerder en wasgoedversagmiddel is buitgemaak.
Uit die drankkas is net likeurs weggedra, en die vrieskas het nog vol oopgestaan. Die rekenaar se kabels was opgerol en in die tuin het nog twee komberse bly lê.
Die huis in in wanorde agtergelaat. Geen kas of laai was onaangeraak nie.
"Dit lyk asof hulle gesteur is," sê Hinerich.
Die inbraak is die volgende oggend ontdek toe die familielid wat na die huis omgesien het, haar daaglikse inspeksie kom doen het.
Die paartjie het hul jong hondjie wat altyd in die huis is, saamgeneem, asook hul papegaai.
"Chivas, ons pitbull terriër wat buite was, was beslis met iets gespuit," meen Hinerich.
"Sy was 'n hele week lank totaal gedisoriënteerd en is nou nog nie haarself nie.
"Ons is nou seker vyf jaar teruggesit, want ons het geen versekering nie.
"Die troue sal maar eers moet wag, want nou kom die beveiliging van die huis eerste en dan moet ons eers ons geld gebruik om ons goed te vervang."
Die inbrekers moes 'n bakkie of 'n kombi gebruik het, meen die ondersoekbeampte, insp Jean Henning. Skakel hom by 807-4000 met inligting.
Die ongeluk het hulle nou drie keer die afgelope tyd getref. Eers is die kappie van Hinerich se bakkie in hul oprit afgesteel, toe die inbraak, en die afgelope naweek het 'n wiel van 'n voertuig op die N1 afgevlieg en dwarsdeur hul tuinmuur gebars.
* A Paarl couple's house was cleaned out by thieves. |
 |
|
 |
|
 |
DIE winkel Granny Mac's Grocer in Klapmuts het Vrydagoggend kort na oopmaaktyd vir die sewende keer in hul bestaan onder rowers deurgeloop, toe vyf gewapende mans R2700 en goedere geroof het.
Bestuurder, Gladys McKenzie, het vertel hoe die mans dié reënerige oggend omtrent 10:00 die winkel binnegekom het.
"Ek was besig met voorraadopname by die toonbank naby die voorste ingang, toe die een man by die koelkas 'n koeldrank gaan uithaal het.
"Die ander een was by die kassier. Hy wou om die toonbank loop, toe ek aan hom sê hy mag nie daar ingaan nie.
"Dis mos toe dat die man by die koelkas agter my sy geweer uitpluk en my beveel om die geld uit die kasregister te haal. Ek het toe maar die geld uitgehaal en oorhandig.
"Toe eis hy dat ek my motorsleutels ook aan hom gee, maar ek het verduidelik dat ek nie 'n voertuig besit nie. Hierna het hulle my na die kluis gedwing, maar daar was geen geld in nie," het sy vertel.
Dit is toe dat werker Rosemary Jonker, wat met 'n geweer aangehou is, haar kans kry.
"Ek moes net kalm bly, want ek het nie geweet of die geweer gelaai is of nie. Dit was net ek en Gladys in die winkel.
Die een man het gesê 'Skiet hulle!', toe gooi ek die ander man met die blik en hardloop na die mense in die kantoor agter en sê hulle moet die polisie bel," was haar woorde.
Die vyf mans het toe intussen te voet gevlug, maar 'n 23-jarige man van die Wallacedene plakkerskamp is kort daarna deur 'n lid van die publiek in hegtenis geneem en aan die Polisie oorhandig.
Die ander vier mans is kort daarna langs die N1 aangekeer en gearresteer.
Die gesteelde goedere en geld is ook teruggevind.
"Dit is wonderlik dat mense nog bereid is om betrokke te raak," het speurbevelvoerder van Klapmuts insp Sammy Cupido gesê.
* A shop in Klapmuts fell prey to burglars for the seventh time. |
 |
|
|
|
 |
 |
 |
|
Rowers gefnuik |
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
ROWERS wat Vrydag met R34 000 probeer ontvlug het in die Paarlse middedorp, het hulle vasgeloop in die arms van twee onverskrokke Paarliete.
Die gewapende mans het 'n 36-jarige sakeman agtervolg toe hy Vrydag om 12:20 met 'n banksak lone na sy motor op die hoek van Bethel- en Hoofstraat gestap het.
Hy het net die motor oopgesluit toe die mans hom met 'n vuurwapen gedreig het en die geld eis.
Speur-insp Jean Henning, wat verbygery het, het die stoeiery en die wapen in die rower se hand gesien, en uitgespring om hulp te verleen.
Die rower met die rewolwer en die banksak het probeer ontvlug en met die polisieman in gewone klere en 'n lid van die publiek op sy hakke, oor 'n tuinmuur gespring.
Toe hy besef hy is vas, het hy teruggespring, in die arms van die gereg.
"Ek het nog geskree, pasop vir die vuurwapen, toe het ons hom vas. Gelukkig was die 9mm nie gelaai nie," het insp Henning gesê.
Boland area speurhoof, dir Leon Grobbelaar, het op die struweling met die verdagte afgekom en gehelp om hom te oorrompel.
Die sak geld is agter die tuinmuur teruggevind.
'n Polisiewoordvoerder het die lede van die publiek bedank vir hul aandeel in die arrestasie en weer gewaarsku: "Sorg dat 'n tweede persoon saam is wanneer groot hoeveelhede geld getrek word." |
 |
|
|
|
 |
Rondloperbees rig groot skade aan |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE stof het nog lank nie gaan lê nadat 'n tienermeisie verlede maand op die N1 by Klapmuts in 'n motorbotsing teen 'n bees gesterf het nie.
Amanda Giyi (14) van die Strand se pa en haar drie niggies, wat ook in die motor was toe die bees op die snelweg voor hulle beland het, is lig beseer.
Die familie was met 'n Fiat Uno onderweg na Mbekweni om die niggies terug huis toe te neem nadat hulle by die Giyi gesin gekuier het.
Kort op hul hakke het 'n bakkie ook die bees getref.
Ivan Pharo (40) van Ceres het later vertel hoe hy skielik glasstukke voor hom in die pad gesien het, en toe oor die dooie bees gery het.
Sy Isuzu bakkie het deur die lug getrek, sowat 100m op die regterkant gegly, omgeslaan en dwars in die pad van aankomende verkeer weer op sy wiele tot stilstand gekom.
Pharo het met kneusplekke aan sy kop gaan kyk wat hy getref het, en op die Uno tussen die struike afgekom.
Vandag is hy 'n ongelukkige man.
"Ek kon my lewe verloor het," sê hy. "Ek ly aan my senuwees en ek kan nie werk sonder vervoer nie.
"Ek is verseker en moet betaal word vir die skade, maar nou word daar aan my gesê ek moet 'n prokureur kry, asof dit my skuld is.
"Waar kry ek die geld daarvoor, en waarvoor het ek regsverteenwoordiging nodig? Ek was tog die slagoffer."
"Boonop sê die eienaar van die bees toe vir my, as sy hier 'n R1000 gee en daar 'n R2000, waar sal dit eindig.
"Sy sê sy het nie in die bees se oor gefluister hy moet oor die pad loop nie. Dit is onaanvaarbaar. Wie se verantwoordelikheid is dit as die bees in die pad kom?"
Die ongeluk het gebeur 'n paar weke nadat Ferdinand Rabie van die Paarl op die N2 naby Sir Lowryspas teen 'n rondloperbees gebots en oorleef het.
Volgens Brian Philips, hoof van die provinsiale verkeersdienste in Brackenfell, word die probleem van rondloperdiere vererger deurdat die provinsiale skut nie meer bestaan nie.
Al wat verkeersbeamptes nou kan doen, is om die diere uit die pad te jaag, het hy gesê.
"Daar moet 'n plan gemaak word met die plantegroei langs die pad sodat die drade sigbaar is," het Pharo voorgestel.
"Die aand van die ongeluk het die polisie die plek gekry waar die bees onder die draad deur gekruip het.
"Maar in sulke gevalle word daar voorgegee dat die draad deur veediewe geknip is."
Sodra die kriminele ondersoek voltooi is, word verwag dat siviele eise kan volg indien nalatigheid bewys kan word.
* Stray cattle cause havoc on the N1 in the Klapmuts area. |
 |
|
 |
 |
|
Tweeling beseer, maat sterf |
|
|
 |
|
 |
'n STUDENT het gesterf en 'n Paarlse tweeling is beseer in 'n motorbotsing Vrydag tussen Stellenbosch en die Paarl.
Oud-Larries Chantelle Fourie en haar suster Vicki (18) was opgewonde om hul vriendin uit Louis Trichardt, Antoinette du Plessis, in die Paarl te hê vir interskolenaweek.
Vrydag was hulle om 12:30 op pad in 'n rooi VW Fox toe 'n aankomende voertuig drie motors verbygesteek en hulle by die Kromme Rhee afdraaipad reg van voor getref het.
"Ek dink nie hy het ons gesien nie. Skielik was hy in die baan aan ons kant van die pad. Daar was toe niks wat ek kon doen nie," het Chantelle gesê.
Sy is uit die hospitaal ontslaan en sterk met kneusings en gesigbeserings aan by hul woning in De Zoete Inval.
Vicki is in Stellenbosch Medi-Clinic opgeneem met 'n gebarste milt, veelvuldige beserings en geheueverlies. Een van haar niere is verwyder.
Die tweeling hoop sy sal Sondag ontslaan word, op hul 19de verjaardag. Hulle studeer regssekretarieel aan die Boland Kollege se Stellenbosch kampus.
Antoinette het gesterf 16 dae voor haar 19de verjaardag, soos haar suster sewe jaar gelede ook 16 dae voor haar mondigwording in 'n botsing gesterf het.
Sy word oorleef deur haar ouers en 'n broer.
Die Stellenbosse student (van Britstown) in die Mercedes Benz was ongedeerd. Sy passasier, 'n matriekleerling, het ernstige hoofbeserings opgedoen.
* Paarl twins survived a head-on collision, but their friend died. |
 |
|
 |
 |
|
Vrou se lyk op berg gevind |
|
|
 |
DIE liggaam van 'n lid van die Pniel Toerismeraad is Dinsdag in die Simonsberg gevind, twee dae nadat sy op 'n staptog verdwyn het.
Dorothy November (49) het Sondagoggend oudergewoonte alleen in die berg gaan stap.
Toe sy nie terugkeer nie, is die polisie deur honderde lede van die Groot Drakenstein gemeenskap in die soektog bygestaan.
Van eerste lig Maandag is die berg deurstap, tot 21:30 die aand. Helikopters het die omgewing gesirkel.
Dinsdag is 'n liggaam om 12:50 teen die kruin van die Simonsberg opgemerk. Opgeleide bergredders het die vrou uit die berg gebring.
"Sy het moontlik gegly en meer as 50m geval terwyl sy teen 'n rots opgeklim het," het kapt Errol Merkeur, stasiekommissaris van Groot Drakenstein, gesê.
"Dottie was 'n stil, op haar eie mens, en was baie lief vir die natuur," het 'n familielid gesê.
"Sy het die berg goed geken en gereeld alleen gaan stap."
Sy laat haar vader, drie broers en drie susters. |
 |
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
SOMEWHERE in Paarl there is someone who went to the seaside last week and picked up a strange object which looks like a microphone with an aerial attached to it.
How do we know? A satellite has tracked the tag to central Paarl or Dal Josaphat, near the railway line - and there are no sharks in the Berg River.
"Someone must have picked up the tag on the beach last week and brought it home without realising how valuable the information stored in it is," says Mike Meyer, chief technician of the Marine Mammal section of the Department of Environmental Affairs in Cape Town.
The grey-black tag was affixed to the dorsal fin of one of the Great White Sharks being studied along the coast between False Bay and Mossel Bay.
It was due to auto-release from the shark in September, but suddenly started emitting signals from Paarl last week.
"Possibly the phone number on the tag is not visible, or maybe the person who found it doesn't know what it is.
"To us the tag is very important as it is part of wide-ranging study, and the tag has not yet emitted all the information we require on the shark's movements since it was tagged.
"We are offering a reward for the tag, for if it is returned to us, we will able to regain the lost data," said Meyer.
He can be contacted on 402-3173 or 082-578-7617. |
 |
|
 |
 |
|
Singende posman stil |
|
|
 |
DIE singende posman van die Paarl, John Goliath, se goue stem is na 96 jaar stil: hy het verlede Woensdag in sy woning in Rosarystraat gesterf nadat hy op 14 Julie 'n beroerte gehad het.
Baie onthou hom as die minsame posman wat vroeër jare altyd sing-sing koeverte in hul posbusse kom druk het.
Hy het op die ouderdom van veertien jaar in die Oudtshoorn poskantoor begin werk. In 1936 het hy na Paarl verhuis en ingeval by die Suider-Paarl Poskantoor.
Hier was hy vir 33 jaar werksaam tot sy aftrede.
Na sy aftrede was hy 'n kranige tuinier, wat altyd sy dahlias by skoue uitgestal het. Hy was ook die Annunciation Kerk in die Paarl se oudste lewende lidmaat.
Mense wat hom goed geken het, het hom as 'n toegewyde en doelgerigte persoon beskryf.
Hy laat ses kinders, 11 kleinkinders en 12 agterkleinkinders agter.
Die begrafnis vind Saterdag om 10:00 vanuit die huis en om 11:00 by die Annunciation Kerk plaas. Vir nader besonderhede bel Carol Goliath by 862-1908. |
 |
 |
|
Motorfietsryer sterf |
|
|
 |
|
 |
'n JONG werktuigkundige van die Paarl het Vrydag op sy motorfiets verongeluk.
Christo de Wit (21) het by die vierrigting-stop in Klapmuts gesterf. Sy broer, Martin (18), wat saam met hom op die motorfiets was, het met kneusings aan sy onderbene oorleef.
Hulle was die Vrydag om 09:30 van Stellenbosch na die Paarl onderweg toe hulle onder 'n vragmotor beland het.
Vir werknemers van Boland Bikes was Christo se dood slegs dae nadat die motorfietswerkswinkel deur brand in puin gelê is, 'n harde slag.
Opruiming het hierdie week volstoom voortgegaan terwyl verslae eienaars van uitgebrande motorfietse steeds die werkswinkel besoek het.
Die oorsaak van die brand verlede Saterdag, waarin 70 motorfietse uitgebrand het en skade van tot R2 miljoen aangerig is, is nog nie bekend nie.
Christo was by Labori Hoërskool totdat hy vier jaar gelede as werktuigkundige by Boland Bikes aangesluit het.
Sy kollegas en vriende het hom hierdie week onthou as die stil, bedagsame man wat met alles tevrede was en altyd 'n droë grappie gehad het.
Hy word oorleef deur sy ouers, Dawid en Linda de Wit, broers Dawie (28) en Martin (in Labori Hoërskool) en sy vriendin van ses jaar, Nadia Kotze.
Die roudiens was gister in die NG Kerk Drakenstein. |
 |
|
 |
 |
|
Pasop vir dubbele belasting |
|
|
 |
|
 |
 |
|
'n INWONER van Noorder-Paarl wat onlangs 'n nuwe huis gebou en ingetrek het, is die josie in oor sy jongste munisipale rekening waarop eiendomsbelasting blykbaar terugwerkend gehef is, tot 1 Julie 2002.
Hy waarsku belastingbetalers wat gebou of aangebou het, om ondersoek in te stel indien hul eiendomsbelasting buitensporig verhoog.
Hy het vroeër vanjaar ingetrek in sy nuwe huis, en het nou 'n dringende navraag aan die Munisipaliteit gerig na aanleiding van sy rekening wat vandag betaalbaar is.
"Die aanslag van R642 per maand is foutief, aangesien my huis en eiendom teen R365 000 gewaardeer is en ek maar sowat R300 per maand eiendomsbelasting moet betaal."
Die huis is onlangs vir die eerste keer gewaardeer op die Voorlopige Aanvullende Waardasielys wat geld vir die tydperk vanaf 1 Julie 2003.Die inwoner sê navrae wil daarop dui dat die bedrag terugwerkend gehef is, hoewel hy erfbelasting vooruit betaal het vir die jaar toe hy die erf gekoop het.
"Ek het in Oktober 2002 'n erf gekoop en begin bou en dit wil nou lyk asof die belasting gehef is vir die hele vorige boekjaar terugwerkend tot 1 Julie 2002 - toe ek nog nie eens die erf gekoop het nie."
In sy brief aan die Munisipaliteit eis hy 'n onmiddellike regstelling, "indien u aanslag gebaseer is op terugwerkende belasting, hetsy pro rata of andersins".
"Aangesien die betalings voor 7 Augustus moet geskied, en indien u nie betyds 'n regstelling kan maak nie, vereis ek dat ek op geen laat-betaal heffing aangeslaan sal word alvorens u 'n rekening lewer wat aan die wet voldoen nie.
"Ek verlang verder dringend afskrifte van enige wetgewing en die toepaslike Drakenstein Raadsbeleid wat hier ter sprake mag wees.
"Ek verlang verder 'n afskrif van die brief wat die Sekretaris van die Waardasiehof aangaande sy eiendomsbelastingsaanslag aan u departement geskryf het, aangesien hy my in hierdie verband na u verwys het vir 'n afskrif van sy brief."
Amptenare kon of wou nie aan hom verduidelik hoekom sy eiendomsbelasting dubbeld die normale is nie.
Hy beskryf die aanslag as erg misleidend, aangesien dit nie aandui dat die bedrag gehef inderwaarheid vir twee jaar is nie.
"Niksvermoedende inwoners wat nie besef dat die aanslag onregmatig is nie, word dus ingeloop tensy hulle kla.
"Voordat die Munisipaliteit aan die inwoners in die openbaar moet verskoning vra soos in Kaapstad, sou dit raadsaam wees om die saak vroegtydig en in die openbaar reg te stel," meen die ontstoke Paarliet.
* A Paarlite is questioning his increase in property tax after moving into a new house. |
|