|
twee doele kort op mekaar in die tweede helfte deur Wesley van der Walt en Christopher Elliott aangeteken is.
Dit was veral die Boishaaiers se verkry van omgekeerde besit wat hulle telkens kans gegun het om aan te val.
Gim het op sy beurt ook baie karakter getoon, met die broers Lou en Cou Pienaar en Erik Etsebeth wat uitgeblink het.
Die oggend het goed vir HJS begin nadat ook sy o.14A en o.16A spanne onderskeidelik 1-0 en 2-3 geseëvier het.
In die hoofnetbalwedstryd wat vanjaar weer op 'n papnat baan gespeel is, het die meisies van HMS hul sege van verlede jaar herhaal deur Gim 24-21 te klop.
Gim se o.16's (A tot F spanne) het al hul wedstryde gewen, met die A-span wat 16-13 geseëvier het. Die o.14's van Gim het 14-12 gewen.
In die eerste meisieshokkiewedstryd het sake gelyk geëindig op 1-1. Izelle van Blerk het vir Gim gedoel terwyl Carla van Deventer dieselfde vir HMS gedoen het.
Op die muurbalbane het Gim se eerstespan 7-6 gewen, met hul nommer een speler, Jaco Engelbrecht, wat slegs twee punte in sy wedstryd teen Boishaai se eerste gekeurde afgestaan het. Die tweede span het 11-5 verloor.
* Paarl Boys' High beat Gymnasium by the biggest margin ever in Saturday's Interschools match. |